Ek mik Oranjerivier se kant toe

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lyk asof dit n lekker wegbreek was Dorsland, nous jou kop weer reg!! :thumleft: :thumleft:

Gee daar bietjie tegniese data van die bike op die trip, jy weet daar is mos sommiges wat wag vir hul nuwe bike wat hulle nog nie eens toets bestuur het nie wat nog nie eens weet hoe is die geheime Twin handshake!!! ;) :peepwall: :lol8:
 
Kyk daai geheime AT bladskudtegniek word slegs op 29ste Februaries wanneer dit volmaan is, en die dikkop 3 keer sag in die suide geroep het, aan nuwe lede openbaar.

Dis nie oop vir sommer enige bikergemors nie. :peepwall: :lol8:
 

Attachments

  • IMG_6617.jpg
    IMG_6617.jpg
    126.7 KB
woody1 said:
Baie mooi fotos. Ja wat....op my ouderdom verkies ek ook n  gastehuis bo nat en koud in n tentjie :thumleft:

Ek stem Woody1.  Ek hou baie van kamp maar in die winter én dis nat.  Neewat.
 
Challa said:
Dorsland said:
Oranje, blanje, blou.

Amper.....

Fantastiese foto!

Dit was so anderwêrelds [member=25097]Challa[/member].  Die wind waai 'n barshou, dis yskoud en daar ver is dié dreigende potblou weer. En dis verlate, verlate, verlate.  Mens kan dit eintlik nie maklik oorvertel nie.
 
Dorsland said:
woody1 said:
Baie mooi fotos. Ja wat....op my ouderdom verkies ek ook n  gastehuis bo nat en koud in n tentjie :thumleft:

Ek stem Woody1.  Ek hou baie van kamp maar in die winter én dis nat.  Neewat.
Ja kyk hierdie was n rof en onbeskof trip die, boeklees nagdeur, skeer soggens en warm kombers op high!!! ;) :lol8:
 
'n Ou weet nooit hoe aanvallig die boer se dogter is nie. Tot die dag wat mens besluit: vanoggend skeer ek nie.

Neewat, ek sê 'n man moet altyd op enigiets voorbereid wees.  :biggrin:
 
My oorle pa het blykbaar elke aand sy hare mooi gekam voordat hy kooi toe is.
Hy het ook ge glo dat n man moet REG wees as n mooi girl in jou drome opdaag :laughing4:
 
Dorsland said:
So 20km van Williston af spat daar druppels op my windskerm. 

Die pad raak nat en dit raak vrek koud. 9ºC toe ek die dorp inry. 

Your descriptive posts got way too real. I went and put on socks with my flip flops.
 
Dankie vir die deel.

Ek het lekker saam gery.  :ricky:

Pragtige fotos.

Ons sal ons gebede opstuur vir daai mense.  :thumleft:

N.S. Daai [member=6090]t[/member] lyk asof hy sy brandstof geniet, ek het gedink hy sal nader aan 20km/l gegee het.
 
Dankie vir die saamry geleentheid Johan. Jy't maar net 'n "way with words"... jy toor met hulle!
 
Dit was 'n lekker-lees RR
Daardie fotos van die sonopkoms in die rivierloop praat met my.
Dankie vir die moeite om dit met ons te deel.
 
Dorsland, baie baie dankie. Laat dit nou as voorbeeld dien vir aspirant ritverslagskrywers tot in lengte van dae. En blerrie mooi bike by the way! :biggrin:
 
frankmac said:
Dorsland said:
So 20km van Williston af spat daar druppels op my windskerm. 

Die pad raak nat en dit raak vrek koud. 9ºC toe ek die dorp inry. 

Your descriptive posts got way too real. I went and put on socks with my flip flops.
So cold for you okes is what, like 24° [emoji23][emoji23][emoji23]
 
Leo said:
Dankie vir die deel.

Ek het lekker saam gery.  :ricky:

Pragtige fotos.

Ons sal ons gebede opstuur vir daai mense.  :thumleft:

N.S. Daai [member=6090]t[/member] lyk asof hy sy brandstof geniet, ek het gedink hy sal nader aan 20km/l gegee het.
Hy is nogal nie sleg nie Leo.  Daai swakker brandstof verbruik was die teerpad dele waar ek so 140km/u gery het. Ook is daai panniers en sakke nie baie windvriendelik nie.
 
TrailBlazer said:
Dankie vir die saamry geleentheid Johan. Jy't maar net 'n "way with words"... jy toor met hulle!
Dankie Derek, ek is bly as jy dit geniet het.
 
blockheadxl650v said:
Dankie Dors. Ek het lank laas n fred van voor tot agter in een slag gelees. Baie mooi.
Ek sukkel soms om my gedagtes wat ek daar gehad het, mooi agtermekaar neer te pen. Maar klink my jy kon darem sin daaruit maak. Dankie Blockhead
 
skydiver said:
Dit was 'n lekker-lees RR
Daardie fotos van die sonopkoms in die rivierloop praat met my.
Dankie vir die moeite om dit met ons te deel.
[mention]skydiver [/mention] ek het baie lanklaas so lekker op 'n plek gekamp. Ek probeer uitwerk presies hoekom. Maar dit was inderdaad besonders gewees.
 
Top