"HtB"se recovery TRIP

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Julle moes maar op Beaufort wes gestop het, Daar is mense wat mens nog wil help :thumleft: :imaposer: en dan ry jy verder suid tot in George. Daar is nog goeierder mense ;D

Dis nou met tyre moeilikheid.... :thumleft:
 
NOU kyk ekke maak nie n kak brekkie soo langs die pad as my ou Mater gate in tyres reg maak nie :thumleft:
 

Attachments

  • WD41pg.jpg
    WD41pg.jpg
    342.6 KB
Wou nog se!!!!! Die more by Spitzkoppe toe ek in daai farking klein shower is toe stamp ek my BRIL vannie wasbak af toe ek afdroog en trap ek  perongeluk op hom!!!!! Van daar het ek die bike trip met n MOERSE kraak in my een lens voltooi!!!!! Mense!!!!! Give a man a GAP".........................geen mens kan meer teen daai tyd vannie more gesuip wees nie :patch: :patch: :patch: :patch:
 
Nou tussen my en Willemse het ons komunikasie oor die head phones!!!Maar wat hy NIE besef nie is ek kan hoor wat hy met hom se vroulief praat as ons STOP!!!........................DIS WAT EK HOOR!!!!!! KLim af!!!!! Maak gou!!!!! WAT maak jy!!!! UIT eindelik toe kon ek dit nie meer hou nie en se vir hom!!!!! Jy is darem moer lelik met jou vrou!!!! chil TJOMA......alles is COOL!!!!
 
SOOOO is ons toe Kakamas.................Keimoes verby ... Maar die son roer ons en ek is warm!!!!!! farking warrm!!!!! toe ons by daai Pienk pad stal kom toe sien ek NIE ....WHISKY nie,,, maar bier????? GEMMER BIER :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 

Attachments

  • WD42pg.jpg
    WD42pg.jpg
    350 KB
Nou die paaie van Upington af na Springbok toe!!!! Wat sal ekke se!!!! ek dink daar is 2 draaie in daai pad :patch: :patch: :patch: Ons kom van n wereld met twisties en sweepers af!!! ONS kry MOER warm maar ons is happy...happy....happy!!! Daai plat wereld is mooi..........baie mooi!! Dis toe Willemse vir my sta vertel!!!! As mens hier op jou maag gaan le!!!! Dan sien jy kak in die ou lewe aankom :peepwall: :peepwall: :peepwall: WEEKE voor die tyd :3some:
 

Attachments

  • WD44pg.jpg
    WD44pg.jpg
    280.2 KB
Nou ek wil net ook byvoeg :thumleft: :thumleft: Willemse ry nie n pomp saam nie want Oudste sal mos sorg :deal:......Nou my pomp werk net op die ou Buffeltjie!!!!! Ek het n allweather plug opgesit waar daai pomp inplug en Willemse se scooter hettie so n plug nie :patch: EN onthou ek travel saam n companion wat mos tyre probleme het :dousing: :dousing: So elke keer as daar gepomp moet word dan moet ou BUFFEL daai ander scootertjie SPEEN gee!! NES n kalf wat aan sy ma moet suip :dousing:
 
Nou is ek gatvol viirie gepompery en besluit die ou Buffeltjie issie lui nie!!!!So ekke stood die spoed op tot so net onner 160km/h!! Kyk of ek die pomp stoppe n bietjie verder uit mekaar kan kry :ricky: :ricky: Gaan mens oor 160 sluit hulle jou toe eeeen die ou Buffeltjie met al wat saalsak is op issie happy met die dwarswinde in daai wereld nie!!!!
 
Nou net nog n ou klein detailtjie :thumleft: Ekke en my 'Wingman"like nie van beplanning nie :patch: :patch: Om die vorige aand se vuurtjie .....met GPS innie een hand en n  ou KOUETJIE innie anner hand neem ons dan daai GROOT besluite!!!! Watter general direction more :ricky: :ricky: NIKS IS VAS NIE!!!! We fly by the seats of our pants.....soos die Ingelsman se :thumleft: :thumleft: EENIGSTE beplanning is geen beplanning!! Ons weetie die more waar ons die aand slaap nie :peepwall:
 
SOOO vorder ons tot net voor daai brug as jy Springbok inkom!!! EKKE stop toe en consult toe die GPS se POI :patch: :patch: :patch: SELF CATERING!!!! Ek kry n plek en route ons toe soontoe!!
 

Attachments

  • WD45pg.jpg
    WD45pg.jpg
    278.4 KB
Ons vind toe n afsaal en n ou le plekkie in "Springbok CARAVAN PARK" Julle moetie vergeetie ons is op n "BUDGET" trip enne die prys is reg :ricky:
 

Attachments

  • WD46.jpg
    WD46.jpg
    269.5 KB
Nou laat ek julle so n ietsie van my "WINGMAN"van baie trippies saam vertel!!!! Enige anner plek buite Phalabowa waar die kraaie gewoonlik gaap :patch: :patch: KRY my ou maat koud!!!! Ek net met n hemp en hy lyk of hy vir "SURVIVOR"kurses in Alaska gaan :patch:
 

Attachments

  • WD47.jpg
    WD47.jpg
    362.4 KB
Ek hoor "SCARELINK"se 12h00 vlug vir Phalaborwa is nou net oorie dak :thumleft: :thumleft: :thumleft: Nou gaan Oudste eers vir hom so n outsie KOUD ingooi :ricky: :ricky:
 
AAAAAAHHH!!!! Nou issie ou tik fingertjie bietji "GE-OIL"en kan ons verder reis :thumleft:
 
Nou laat ek julle vertel hoe werk die ge-etery innie aande!!! AS ons daai laaste dorp vannie dag in galop :patch: :patch: Dan soek ons n Spar enne TOPS :ricky: Ons besigtig die omgewing en besluit dan wat ons gaan braai!!! Want kyk ons is manne vannie BRAAI!!! As ons baie skape sien dan isit skaap......as ons baie beeste sien dan isit steak............as ons die see sien dan isit vis :thumleft: :thumleft: :thumleft: ma braai braai ons :ricky:
 

Attachments

  • IMG_0766.JPG
    IMG_0766.JPG
    40.2 KB
Die volgende oggend saal ons weer op :thumleft: :thumleft: AAAAG!!!! FFS daai farking wiel is al weer pap :dousing: My MOER meter...WIL.....WIL klim!!! Maar ekke ken my ou Maat en ekke "CHIL
 

Attachments

  • WD50.jpg
    WD50.jpg
    423.1 KB
Top