Ek en my vrou het gister, alleen die pad gevat en net gery. Ek hou nie daarvan om alleen te ry nie, maar het toe maar sterk gewees. Is toe met die grondpad, Brand se Berg uit en het toe al die pad tot amper by Wupperthal gery, net voor Wupperthal draai ons toe in na Heuningvlei. Ons het toe 'n lekker oorhangklip gekry teen die pad en het daar ons worsie gebraai. Blomtyd is verby in hierdie area, maar mooi bly maar mooi. Ons het toe weer die grondpad terug gery tot by huis. Genadiglik het ons geen papband gekry en het veilig gery.