Man, gaan sommer in jou Hel in

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Welkom terug Dorsland.

Inderdaad uitstekend geskryf en maak mens lus om sommer net te ry, weet nie eers waarna toe nie maar net ry.

Ek stem saam definitief een van my "Bucket List" goeters is om weer eendag saam jou n draai te gaan ry.
 
Baie mooi... gevoel of ek nou saam gekuier en fery het. Die was nou kos vir die siel!
 
Baie mooi geskryf, ek was al daar maar sien nou eers die mooi skrywe uit jou pen en beleef elke woord beter as wat ek dit destyds kan beskryf.
 
Mensig, hoe bly is ek ek het hierdie RR nou raak gelees. Ek het sommer nou weer spoed vir die dag.

Dankie Dorsland, pragtig geskryf. Bly om te sien daar is nog mense wat die klein dingetjies in die lewe raaksien en nie net voort donner in 'n ewige "ratrace" nie.  :thumleft:

Jy vul my hart met boeretrots  alhoewel ek 'n stadsjapie is 8)
 
Wel gedaan Dorsland, nadat ek jou rit verslag gelees het, is ek sommer tranerig dat ek nie op daai paaie kan ry hierdie pase nie!

Lekker om jou terug te he!
 
As daar iets is wat ek kan waardeer, dan is dit 'n mens met 'n passie nie net vir sy vaderland nie maar ook vir sy taal, Dorsland, dankie, ek het met ope heimwee jou rapport gelees en as ek dit moes beoordeel dan het ek vir jou 'n A+ gegee. Ek het hierdie rit saam met jou beleef, baie dankie vir die deel hiervan. Soos ou Jan Spies hom sou roep: " Dit smaak na meer" .
 
Dis darem maar 'n mooi deel van die wereld...
 
Dankie vir jou uitstekende en goed geskrewe ritverslag en briljante foto's, Dorsland
Dit maak my regtig verlang om in Suid-Afrika weer te ry
 
Dankie vir die deel, Dorsland.

Net soos jy heimweë kry soos jy oor die vlaktes staar, kry ek wanneer ek sulke suiwer taalgebruik teëkom. Mens mis dit in die alledaagse stadslewe, die taal laat mens skoon verlang na 'n beter, ouer tydperk. Wel gedaan!
 
Dankie Dorsland, ek het darm nou lekker saam met jou gery  :laughing4: maar toe ek klaar gelees het besef ek daar is werk wat gedoen moet word  :eek:
Die Hel bly darm mooi.
 
lone riderer said:
Baie geniet, dankie Dorsland. Mooi wereld, mooi fotos, mooi afrikaans, mooi fiets.

Dis 'n goeie opsomming van die RR.  Dankie vir die deel. 

Ek het myself darem so 5 maal bekeer op daardie Hel se pad.  :lol8:
 
Dankie vir n lekker RR. Die area is nog vars in my geheue na ons besoek daar in Desember, alhoewel ons met n kar daar was.
(Goeie afwisseling van die nonsens praat onderwerpe wat meestal deesdae die forum kenmerk.)
 
Baie dankie vir die deel dorsland. Jou RR's is altyd van so aard dat dit voel of mens self die roete gery het. Ek het so amper twee jaar terug basies dieselfde roete as met so paar vriende gedoen. Klaarstroom is 'n versteekte juweel, die hel is altyd mooi en trek mens aan soos 'n magneet om weer te gaan en Abrahamskraal is self 'n plek waar ek weer sal kan vashak met sy mooi mooi sons opkoms en ondergange en die gasvryheid van die eienaars.

Dis lekker om oom weer terug te hê en nou wag ons in spanning vir die volgende RR  :pot:
 
Ek waardeer waaragtig julle kommentaar, dis vir my lekker om te kan deel wat ek geniet. 

Wat ek ook weereens met dié rit besef het, is dat mens kan hoe lief vir roomys wees maar om dit elke dag 3 maal 'n dag te eet gaan vinnig afgesaag raak.  Ek dink ons almal kom minder gereeld weg as wat ons graag wou. En daarom is dit vir my so kosbaar wanneer ek wel wegbreek op so 'n rit, dan slurp mens dit soos draairoomys op die strand op, smul aan elke kilometer wat ek ry. (kan mens aan 'n kilometer smul wonder ek?)
 
Top