Man, gaan sommer in jou Hel in

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie vir 'n lekker RR.

Ek het so 2 keer gelees aan daai "tiep" insident.
Om een of ander rede kon ek nie die prentjie sien nie.  Gelukkig was die rol net 'n paar meter  :thumleft:

Hoop die draairoomys was lekker  ;)
 
[member=1092]Brink[/member], [member=8163]sandrot[/member] ons het seker almal op 'n tyd soos mal hase van die een plek na die ander toe gejaag as ons motorfiets ry.  Maar waaragtig, die lewe is nou amper permanent soos 'n resies, als moet nóú gebeur.  Ek sal seker ander mense mal maak met my aleweig gestoppery om foto's te neem.  Ek is van nature 'n Tipe A persoonlikheid, moet altyd met iets besig wees, staan vroeg op, gaan slaap soms laat, kriewelrig, bedrywig.  Ek vind soms jaag ek dorp toe, al is daar niks wat my jaag nie.  Soos ek ouer raak dwing ek myself om stadiger te leef, om elke dag op sy eie te geniet soos wat hy kom.  Om die lekker van die lewe uit te rek.  Want as ons eerlik is dan is die lekker tye maar yl gesaai met die ekonomie wat knyp, die omstandighede in ons land, verpligtinge en diesmeer.

Ek probeer maar sulke ritte uitrek tot die uiterste toe. 
 
Dustbiter said:
Dankie vir jou uitstekende en goed geskrewe ritverslag en briljante foto's, Dorsland
Dit maak my regtig verlang om in Suid-Afrika weer te ry

Dit maak my hartseer om so dikwels te lees van ons mense in die buiteland wat so 'n diep verlange na ons pragtige land het.  Soos my een broer wat al 18 jaar in Chicago woon, anderdag vir my sê: "We live in times that do not favour us."

Kom kuier [member=8136]Dustbiter[/member]  :)
 
Dankie Dorsland, dit was voorwaar lekker om samet jou te reis! En die Karoo is inderdaad kraak-droog. Twee weke gelede ry vroutjie en ek die stuk pad vanaf Britstown na die Weskus (deel van 'n langer trippie). Met aanlanding by my ou skoolvriend in Velddrif kon hy nie glo dat die fiets so skoon is nie. My helmet, die windskerm, die hele fiets het gelyk asof dit nounet gewas was. Geen insekte nie. So droog is dit. Ek het in +40 jaar van deur die Karoo ry dit nog nie so erg gesien nie.
 
Offshore said:
Lekker RR  Dl, dankie vir die deel. :thumleft: Fokkit, ons het Reen nodig. :(

Hel [member=12214]Offshore[/member], [member=3299]roxenz[/member] dis darem vrek droog oor groot dele. Ek was verbaas hoe droog die Swartberge is, amper geen water wat uit die rotse uitsyfer nie. Ek merk ook op dat selfs daar waar dit wel gereën het is dit onvoldoende om die veld, wat erg seer gekry het, noemenswaardig te laat herstel. 
 
Ek lees heelwat kommentaar oor my taalgebruik.  Dankie dat julle dit waardeer. Dis vir my bitter hartseer om te lees en hoor hoe ons pragtige taal verkrag en verbaster word.  En die ergste is is dat dit algemeen aanvaar word, raak sommer alledaags dat joernaliste en skrywers Afrikaans so verrinewoes dat mens dit nie eens kan verstaan nie.  Ek glo ons het elkeen 'n plig om ons mooi taal suiwer te hou waar ons hom gebruik.  Dit is so 'n beskrywende taal, val so lekker op die tong en die oor.
 
Leo said:
Mensig, hoe bly is ek ek het hierdie RR nou raak gelees. Ek het sommer nou weer spoed vir die dag.

Dankie Dorsland, pragtig geskryf. Bly om te sien daar is nog mense wat die klein dingetjies in die lewe raaksien en nie net voort donner in 'n ewige "ratrace" nie.  :thumleft:

Jy vul my hart met boeretrots  alhoewel ek 'n stadsjapie is 8)

Dankie [member=12]Leo[/member].  Hulle sê mos, nes jy dink jy die "ratrace" gewen het, dan is daar vinniger rotte.  :lol8:
 
baaie dankie
lekker geskryf , and lekker kikkies

maar nou moet ek rus .................  om al die afrikaans te lees het my mooi uitgepit
:biggrin:
 
Dankie vir die mooi RR
Ek lees altyd lekker aan jou stories
 
Dorsland - ek het nou baie lekker saam gery. Ek hou van jou skryf styl en jou fotos.

Ek hou ook van jou 'ry'styl. Rustig en met n waardering van die dinge rondom jou .  Ek ken jou nie , en ek vermoed jy is so paar jaar my senior maar jy lyk soos n man saam met wie ek n rustige trip sou kon ry.

Dankie vir die moeite met die RR. Ek het baie lanklaas van eie RR's hier op Wilddogs gedeel , maar ek dink jy sal maak dat ek weer so sal doen.

 
Lekker geniet ek nou die pennevrug Dorsland. Asseblief as jy weer in die wereld is - Prince Albert - kom klop aan altyd 'n koppie tee of iets reg vir die warm son  :thumleft:
 
Maverick said:
Lekker geniet ek nou die pennevrug Dorsland. Asseblief as jy weer in die wereld is - Prince Albert - kom klop aan altyd 'n koppie tee of iets reg vir die warm son  :thumleft:
Hy vat n brousel per geleentheid ;) :deal: :thumleft:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Maverick said:
Lekker geniet ek nou die pennevrug Dorsland. Asseblief as jy weer in die wereld is - Prince Albert - kom klop aan altyd 'n koppie tee of iets reg vir die warm son  :thumleft:
Hy vat n brousel per geleentheid ;) :deal: :thumleft:

Ek myself hou van ys.......in iets anders gemeng  :biggrin:
 
Jislaaik, jy kan maar 'n storie vertel, [member=12730]Dorsland[/member]. Baie dankie. 
 
Good to see you back great report thank you.
 
En daar kom ek ook af op die lekker rit wat net 'n bobaas verteller kan vertel.

Lekker saamgery dankie. :ricky:

Ek hou ook van my alleen ry trippies.
Saam met die kinders en miskien saam met 1 vriend is die lekkerste ry vir my.

Gaan hoeka Mei na die EC Bash bietjie Reddersburg toe om my oupa grootjie se grafte op die plaas Hebron te gaan besoek en sommer saam met ander Jouberts die familie geskiedenis daar uit te pluis.
 
Skitterend in suiwer Afrikaans. Wat 'n voorreg om dit te kon lees Dorsland.
As jy ooit 'n outobiografie skryf koop ek die eerste boek.
 
punisher said:
baaie dankie
lekker geskryf , and lekker kikkies

maar nou moet ek rus .................  om al die afrikaans te lees het my mooi uitgepit
:biggrin:

Och, ay mon, You doth protest too much methinks Scottish.  You forget I awarded you honorary Boer status a while back.  I know you can read and write Afrikaans very well [member=9064]punisher[/member] . So jes' you get yer ain bahooky in gear or I’ll gie ye a skelpit lug!  :lol8:
 
Maverick said:
Lekker geniet ek nou die pennevrug Dorsland. Asseblief as jy weer in die wereld is - Prince Albert - kom klop aan altyd 'n koppie tee of iets reg vir die warm son  :thumleft:

Wat!? Nou eers vertel jy my.  Ek gaan beslis so maak Maverick, baie dankie.  Dis vir my 'n mooi deel van ons land daai so ek kom graag daar.  :thumleft:
 
Dit was nou n lekker RR om te lees. Dit voel of ek saamry. Dankie!
 
Top