Ek ry lekker die pad uit, Swartbergpas af, Prins Albert in. Maar nie voor ek die satan self in die Hel gesien het nie.
20190413_121115 by
Dors lander, on Flickr
20190413_121308 by
Dors lander, on Flickr
Daar eet ek ontbyt by die Lah-Di-Dah padstal. Ordentelike mense sit aan tafel om my. Ek kom uit die Hel uit waar ek warm gekry het, gesweet het, vol stof geraak het. Gelukkig het ek darem vanoggend geskeer en tanne geborsel. Ek eet, wat sal ek my nou breek oor of ek windop of windaf van hulle sit. En wat sal ’n ontbyt nou sonder ’n arbei melkskommel wees. Hy kom met ’n duk strooi, ek moet my suig ken om die “extra thick” melkskommel opgeslurp te kry. Nou kan ek seker ook ’n gholfbal deur ’n tuinslang suig.
Ongelukkig moet my besigheid loop, gatskuur of de not en ek haal my eposse en Whastapps op my foon in. Ek laat weet my vrou ek lewe nog, sy gaan nog nie erf nie, sy moet nog net ’n ruklank geduldig wees.
By Prins Albert se Spar koop ek ’n 450g biefstuk, druiwe (daar was waatlemoen maar ek het nie vir hom saamryplek nie. Dis hartseer maar dis hoe die lewe soms met mens maak. Net die taaistes oorleef), melk, joghurt, Weetbix en druiwesap. Vanaand op Abrahamskraal eet ek eersteklas.
Ek kap die 30km soentoe flou. Bliksem dis droog hier by die arme Karooboere. Ek kla nooit ooit weer oor droogte nie. Dié mense ken van droogte.
Hierdie hele huisie is net vir my. Dis blerrie oulik, netjies, skoon, verwelkomend, gemaklik. Ek saal af en pak uit. Sit die teeketel aan, eet druiwe. Ek voel tuis hier.
20190411_173504 by
Dors lander, on Flickr
20190411_143213 by
Dors lander, on Flickr
20190411_173431 by
Dors lander, on Flickr
Ek ry nog heelpad FA Venter se Kambrokind saam, lees lekker aan hom want ek kan my hier in dié dorre wêreld inleef in sy vertelling van swaarkry en grootword in ’n vervloë era. Wat kan nou lekkerder wees as om op ’n Donderdagmiddag, salig op jou bed te lê en lees.
20190411_143246 by
Dors lander, on Flickr
Die son trek water, dit begin afkoel, ’n vlakteluggie steek op. Daar staan die aandster al. Ek steek ’n klein vuurtjie aan, reg om my vleis so liggies te braai. Vanaand eet ek net vleis, lekker. So sappig, effe bloederig, gesout en gepeper. Druiwe en joghurt vir nagereg. Tee drink terwyl ek so sit en die aand sien aanstaltes maak.
2019-04-17_08-23-08 by
Dors lander, on Flickr
20190411_180829 by
Dors lander, on Flickr
20190411_202634 by
Dors lander, on Flickr
20190411_181624 by
Dors lander, on Flickr
Ek gaan stap so ’n ent. Doer lê die Nuweveld berge, hier en daar ’n los wolk wat oor die vlaktes beweeg. Kan daar ’n ander plek as die Karoo wees wat so ’n heimwee in mens kan uitlok?
20190413_121959 by
Dors lander, on Flickr
Die volgende oggend, terwyl ek my Weetbix buite eet, neem ek die held van die verhaal bietjie af.
20190411_143601 by
Dors lander, on Flickr
20190413_121636 by
Dors lander, on Flickr
20190412_070936 by
Dors lander, on Flickr
Dan is ons reg vir die rit plaas toe.
20190412_085518 by
Dors lander, on Flickr
Ek mik na die droewige Rietbron toe. Kêrels, hier is dit droog. Ek kry wildsbokke wat sommer vlak langs wildsheinings gevrek het, baie skilpaaie wat gedooi het, van hulle vreet wat se groenigheid hul in die lopies kan kry. Die pad is baie mooi, nuut geskraap (dis mos Wes-Kaap), ek ry lekker. Hier sien ek ook hoe dit sulke strepe gereën het. Nou is dit effens groen, dan weer lang ente vaal en dor.
20190413_121740 by
Dors lander, on Flickr
Hier is BAIE niks. Maar dis eerlike niks, skoon niks, egte niks. Ek ry die laaste ent grondpad lekker, voëlvry, oop en los.
20190413_122105 by
Dors lander, on Flickr
20190413_122156 by
Dors lander, on Flickr
Die 180km teerpad Aberdeen om plaastoe laat my weer besef waar lê my hart eintlik. En dis nie op die teerpad nie.