Noord Kaap trip - STOETBUL & GENERAL LEE se foto's by!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Snafu said:
Wonder of ek ook so baie hulp sou gekry het as die papwiel myne was :p
Wat is dan fout met jou hande? Atritus? :imaposer:
 
Snafu said:
Wonder of ek ook so baie hulp sou gekry het as die papwiel myne was :p
Op jou ouderdom kry mens nie 'n pap wiel nie maar dit rym bietjie daarmee
:imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:
 
Orangeswifty said:
Snafu said:
Wonder of ek ook so baie hulp sou gekry het as die papwiel myne was :p
Op jou ouderdom kry mens nie 'n pap wiel nie maar dit rym bietjie daarmee
:imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Moenie dat die myle jou bluf nie :)
 
Snafu said:
Orangeswifty said:
Snafu said:
Wonder of ek ook so baie hulp sou gekry het as die papwiel myne was :p
Op jou ouderdom kry mens nie 'n pap wiel nie maar dit rym bietjie daarmee
:imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Moenie dat die myle jou bluf nie :)
Ja    Ja    Ja 
Ek weet mens kry allerhande pilletjies daarvoor!
:eek7:
 
OK kom ons gat aan met die Ride Report:

Die sondag na die vleisfees is ek en Willem weer saam met Stoetbul en Goliat via Loeriesfontein na Nieuwoudsville! Die berge le so regs van jou as jy op die R355 Loeriesfontein toe ry. Die pad is plek plek so kleierig en glad dat jy nie eers 'n stoffie opskop vir die manne wat agter jou ry nie. En weereens...........jy kan hom steek hier! Goliat het die 1200 mooi gelooi tot by die droe rivierloop waar ons toe gestop het (seker om die rivier weer vol te probeer maak!) Hierna is ons Loeriesfontein toe en van daar per teer na Nieuwoudsville waar ons eers by 'n merkwaardige waterval in die middel van die frikken karoo gestop het. Die ding loop uit die klippe uit en val sowat 80 tot 100 meter ondertoe met 'n gejuig. Goliat staan bo op die valle! Van hier was dit nog net 8km tot in Nieuwoudsville waar ons petrol ingegooi het by 'n garage waar daar 'n klompie ou vintage bikes in die vertoonvenster staan. Voorwaar 'n besoek werd! Die Kapenaars is van hier af met die grondpad Clanwilliam toe terwyl ek en Willem met die R27 deur die geteerde bergpas af by Niewoudsville reguit via van Rhynsdorp en Vredendal deur Lutzville en Strandfontein Doornbaai toe is vir 'n welverdiende middagete en verskeie bottels goeie Kaapse wyn (Graca).
 

Attachments

  • NC RR 13.jpg
    NC RR 13.jpg
    38.1 KB
  • NC RR 14.jpg
    NC RR 14.jpg
    53 KB
  • NC RR 15.jpg
    NC RR 15.jpg
    56.9 KB
  • NC RR 16.jpg
    NC RR 16.jpg
    59.5 KB
  • NC RR 17.jpg
    NC RR 17.jpg
    64.7 KB
Watervalle!
 

Attachments

  • NC RR 18.jpg
    NC RR 18.jpg
    111.4 KB
  • NC RR 19.jpg
    NC RR 19.jpg
    61.4 KB
  • NC RR 20.jpg
    NC RR 20.jpg
    68.4 KB
Ek sal my stuk post sodra ek my pic's gekry het by Rob :3some: :thumleft:
 
Die weskus mense is uiters gaaf en praat graag met vreemdelinge.
'n Mens voel sommer tuis as jy by 'n plek stop en iemand praat met jou in afrikaans.
Vredendal is groot wynwereld. Die Namaqua wynmakery is die grootste van sy soort in die wereld
Vanuit Vredendal ry mens so tussen die wingerde deur wat op die oewers van die rivier aangeplant is. Net voor Lutzville draai jy links af op die pad langs die kus wat sulke klein swiepende draaitjies maak. Perfek vir die KTM se lus om gele te word deur die draaie! Die ekstra poeier by seevlak kon ook hier duidelik gevoel word en my krapperigheid om die fiets op sy agterwiel te steek het versigtige oorweging geniet. Die kans om agteroor te moer is 10 tot 15% beter as jy nie aan die ekstra poeier gewoond is nie! Hier kan jy die vars seeluggie al begin ruik en die koel windjie in jou hare voel.

'n Mens kom oor so klein bultjie so 5 kilos voor Strandfontein en dan sien jy ewe skielik die soelblou van die Atlantiese weskus voor jou. Die gevoel is een van ekstase dat jy die droom vervolmaak het om weskus toe te ry met die skoeter! Verby Strandfontein oor nog so bultjie sien jy Doornbaai voor jou en dis asof die pad in die see inloop. Die ysige koud van die weskuswind sny ook hier die eerste keer deur jou rybaadjie en jy weet sommer die water is koud...................f@kken koud. Ons het eers 'n draai gemaak op die klein strandjie voor die hawetjie met die ligtoring in die agtergrond vir 'n foto.
Hierna is ons na die restaurant/pub om 'n welverdiende seekos middagete te geniet. Die wyne het gevloei en ek kan die calamari strips en rys ten sterkste aanbeveel. Dis asof die goed in jou mond smelt. Die eienaars van die restaurant/gastehuis is al 27 jaar in die dorp en het ons verwys na 'n oornagfasiliteit in Lambertsbaai met 'n grondpad langs so 30 kilo's van daar. Ons het met wynlywe die pad aangedurf en wonder bo wonder het die wyn vir Willem so bietjie 'dutch courage' gegee want die man jaag toe soos die vale hel.

Ons het net voor sononder voor die hawetjie in Lambertsbaai gestop waar ek eers soos 'n wafferse clown die trappe wat teen die pad afgebou is na die strandvlak toe afgery het met die 950. Ek besluit toe om dit ook op te try en sien toe my gat so twee derdes teen die trappe op. Niks op die KTM het darm gebreek nie en ek skryf die ondervinding toe aan 'n wynles. Ons het by die tannie ingeboek in 'n tweeslaapkamer woonstelletjie by haar huis vir 'n skamele R300.00. Die sagte bed sou ek enige dag eerder aanvaar as om eers tent te moes opslaan en langs 'n rookvuur in die koue sit voordat die koue grond en 'n slaapsakkie jou voorland is! 
 

Attachments

  • NC RR 21.jpg
    NC RR 21.jpg
    59.6 KB
  • NC RR 25.jpg
    NC RR 25.jpg
    41.9 KB
  • NC RR 22.jpg
    NC RR 22.jpg
    66 KB
  • NC RR 24.jpg
    NC RR 24.jpg
    55.7 KB
  • NC RR 23.jpg
    NC RR 23.jpg
    46.8 KB
Lambertsbaai hawe!

Later weer meer oor die trip terug Prieska toe!
 

Attachments

  • NC RR 26.jpg
    NC RR 26.jpg
    39.5 KB
  • NC RR 27.jpg
    NC RR 27.jpg
    46.7 KB
  • NC RR 28.jpg
    NC RR 28.jpg
    36.8 KB
Orange, jy beindruk my, jou gebrek aan rugby kennis word defnitief uit die weg geruim met jou manier van skrywe. :)

Die weskus bly vir my baie spesiaal en hoop julle het dit ook so ervaar.
 
Ja nee,ons praat nie oor sy rugby smaak nie! My pic's tel ek vnd op so sal maandag my volledige report post. :thumleft:
 
Snafu said:
Orange, jy beindruk my, jou gebrek aan rugby kennis word defnitief uit die weg geruim met jou manier van skrywe. :)

Die weskus bly vir my baie spesiaal en hoop julle het dit ook so ervaar.
Ja nee jong! - alle bloubulle is nie ongeletterd nie!
Ons was op skool - dis daar waar hulle die wenkultuur wat vandag in die bloukamp heers in jou in dril! As dit nie vir my blou verlange is nie sal ek more weskus toe trek
lol :pot:
 
ai, dit lyk lekker . . . hoe moet ek nou verder werk?
 
Snafu said:
General-Lee said:
swifty.....jy het nie al die fotos op gesit nie......... :mwink:

Ja, soek ook DAAi een :)
Ek dink Willem se girl kyk ook na die ride report
Ek is bang sy los hom vir my as sy die storie om die foto hoor
;D ;D ;D ;D ;D ;D
 
Top