Noord Kaap trip - STOETBUL & GENERAL LEE se foto's by!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
General-Lee said:
nee Wat.... kom ons los maar daai foto maar net daar in Calvinia.....of hoe se jy Swifty  :mwink:
Ja dis darm nie lekker om met 'n ander ou se akker in jou mond wakker te word nie.......................terwyl die flash van die kamera loop!
 
My bydra tot die Noord kaap trip gesien uit 'n Kaapse oogpunt:
Soos Swifty reeds genoem het, het ons die Vrydagoggend vertrek vanaf Wellington. Ons het die groot groep by die Gouda Hotel ontmoet vir 'n vinnige "KOFFIE" en hallo se'. Ons roete sou ons neem deur die Gouda kloof,Tulbagh en tot in Ceres. Vanaf Ceres het ons rigting Sutherland vertrek. Net deur die kloof voor die grondpad met alle erns begin het ons groepeer.
vleisvees002.jpg

Dit is dan ook hier waar ons die 1ste ongeval gehad het,en ja dis 'n KTM wat die stof gebyt het!
vleisvees021.jpg

vleisvees022.jpg

Ou Willie se KTM se battery het gelol en ek moes die ou aan die brand sleep,daar was 'n BMW byderhand maar die ou het geweier dat die hom sleep omdat hy bang was vir die Chirps die aand om die vuurtjie!
Van daar is ons toe weg in die rigting van Sutherland.
 
Orangeswifty said:
General-Lee said:
nee Wat.... kom ons los maar daai foto maar net daar in Calvinia.....of hoe se jy Swifty  :mwink:
Ja dis darm nie lekker om met 'n ander ou se akker in jou mond wakker te word nie.......................terwyl die flash van die kamera loop!
:imaposer: :imaposer: julle blou bul manne is agter mekaar kerels....of hoe
 
Die pad na Sutherland was vars geskraap so van die manne het bietjie aangestoot en van hulle het rustig gery en die Karoo se skoonheid ingeneem.
vleisvees024.jpg

vleisvees025.jpg

vleisvees023.jpg

Ons volgende stop was by die Muisbos skerm so 50km van Sutherland. Hier stap jy net in en jou oe' val amper uit jou oogkaste van ongeloof! Nie net is daar yskoue bier en koeldrank nie,maar ook ietsie om te kou en eienaars van die opset los alles oop met 'n ou melk kan waar jy net jou fooitjie los vir wat jy neem!
vleisvees004.jpg

vleisvees026.jpg

vleisvees005.jpg

Ek weet nie lekker wat ek hier wou wys nie,maar dink dis 'n Liewe Heksie besemry storie as ek reg onthou.
vleisvees006.jpg
 
Die sonnetjie het so effe begin water trek so is daar weg om by ons oornag bestemming uit te kom.
vleisvees008.jpg

Die grondpad stop so 35km voor Sutherland en dis waar ons vir oulaas gestop het om te kyk of almal veilig aankom. Met die gewag is ek oortuig om bietjie die tyd om te maak en nar te speel.
vleisvees009-1.jpg

Met die laaste manne en dames wat gestop het is ons verder na Sutherland om ons oornag plekkie op te soek.
Dit is die Jupiter gastehuis met 'n lekker vibe en nice karoo kos,en natuurlik 'n kwaai BAR >:D
vleisvees001.jpg

Ek en General-Lee het in die Sutherland hotel oornag maar omtrent die hele groep het eers saam met ons 'n ietsie vir die keel in die hotel se bar geneem voor hulle weg is na die gastehuis.
vleisvees027.jpg

vleisvees028.jpg
 
Die Vrydagaand is daar 'n hond uit 'n bos gekuier en lekker gelag.
vleisvees029.jpg

In hierdie foto: Hanlie,Sarel/Matie,General Lee. Na die rugby!
vleisvees030.jpg

General Lee,Willie pap KTM battery.
vleisvees031.jpg

Marius,Tania,Stoetbul
vleisvees032.jpg

So Skuuns na 12 is almal bed toe want die eintlike ry het nog gewag.
 
Saterdag!
Die groot groep is vroeg uit die vere maar om 1 of ander rede staan ek swaar op >:D :p
Omdat Orange Swifty en sy ry maat ons sou join vir die laaste trek na Calvinia het ons besluit dat die groot groep solank sou ry en ek en Marius vir Swifty en sy pel sou wag.
Die groep se roete vir die dag: Oubergpas,Ceres karoo,Ganagapas,Middelpos waar ons sou opvang met hulle.
Ouberg
vleisvees010.jpg

Ganaga
vleisvees015.jpg

Ceres Karoo
vleisvees012.jpg

vleisvees013.jpg

General Lee
vleisvees014.jpg

vleisvees003.jpg
 
Swifty het eers so 11 uur se kant in Sutherland aangekom sonder sy ry maar Willem. Hy het Willem gebel en gese' om teer te ry vanaf Fraserburg tot in Calvinia.
Ons was bietjie gedruk vir tyd om die groep te vang so daar is besluit om reguit te ry tot in Middelpos.
Hier het ons by die groep aangesluit en van daar almal saam gery na Calvinia.
Oppad na Calvinia is die pad lekker breed en reguit so ons het die oor by tye taamlik aangedraai.
vleisvees016.jpg

vleisvees011.jpg

vleisvees018.jpg

vleisvees019.jpg

Hierdie foto vertel nie regtig teen watter spoed ons aangestoot het nie.
vleisvees020.jpg

Hierdie is net na die vorige 1 geneem. Swifty en ek.
Vleisfees2010104.jpg

 
Die laaste foto wat ek het net voor die teer na Calvinia.
vleisvees017.jpg

Die rugby die middag in die CAlvinia hotel was omtrent lekker en die kuier daarna nog lekkerder. 'n Paar Wilddogs gesien toe die oe' nog helder kon sien en die aand terdee geniet.
Ou Swifty is nou wel 'n Blou Bul en snork soos niks wat ek al ooit tevore gehoor het nie, maar die ou is 1 van daai manne soos die gesegde se': 1 Van ons dam se eende! :thumleft: :thumleft: :3some:
Dankie vir jou en Willem dat julle so ver gery het om ons te kom join,ek het dit regtig baie geniet,en sien jou by die jaareind Bash. :ricky:
Fluit fluit my storie is uit.
 
Lyk na n lekker naweek.  :thumleft:

Wat's Marius se forum naam?
Is hy n Koegelenberg?

 
MrBig said:
Lyk na n lekker naweek.  :thumleft:

Wat's Marius se forum naam?
Is hy n Koegelenberg?
Sover my kennis strek is hy nie op die forum nie,nie seker wat sy van is nie. :thumleft:
 
Snafu said:
General-Lee said:
ek sal vanaand my fotos op sit en aan gaan met die storie......  :mwink:

Hou dit net by die ride report asb :p
Hoor hier General Lee - ek dink nie Stoetbul weet van daai foto wat ek van hom geneem het wat soos Willem s'n lyk nie - Hy het nog te vas geslaap die sondagoggend.
Miskien moet ak hom maar post? Wou nog altyd 'n foto van 'n bloubultril in 'n WP ondersteuner se mond neem - nou het ek een!
 
stoetbul said:
MrBig said:
Lyk na n lekker naweek.  :thumleft:

Wat's Marius se forum naam?
Is hy n Koegelenberg?
Sover my kennis strek is hy nie op die forum nie,nie seker wat sy van is nie. :thumleft:

sy van is Koegelenberg,ook beter bekend as Reus
 
Orangeswifty said:
Snafu said:
General-Lee said:
ek sal vanaand my fotos op sit en aan gaan met die storie......  :mwink:

Hou dit net by die ride report asb :p
Hoor hier General Lee - ek dink nie Stoetbul weet van daai foto wat ek van hom geneem het wat soos Willem s'n lyk nie - Hy het nog te vas geslaap die sondagoggend.
Miskien moet ak hom maar post? Wou nog altyd 'n foto van 'n bloubultril in 'n WP ondersteuner se mond neem - nou het ek een!
Kyk hier ou VLEISKUIF,ek het jou net begin like,moenie nou die Blou maniere op my kom trek nie :3some: :imaposer:
 
Top