OOS KAAP SE KAROO

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Vis Arend

Bachelor Dog
Joined
Nov 14, 2010
Messages
12,202
Reaction score
2,621
Location
King William's Town
Bike
Honda CRF-250 Rally
Ons was bietjie lus gewees om weer vir ‘n slag in die Karoo rond te ploeter, en die Oos Kaap het mos ook ‘n Karoo.  So, Saterdag was die dag, die weer het goed gelyk en die wiele was rond en die tenk vol petrol. 

Die roete sou wees van King William’s Town tot by Somerset Oos, vandaar so 9km op die Pearston pad ‘n links afdraai met agterpaaie na Jansenville.  Van Jansenville so 35km op die Wolwefontein pad tot by die R400.  Op die R400 tot by Waterford dan ‘n links afdraai weer met agterpaai tot by Pearston.  Van Pearston weer terug tot by King William’s Town.  Die roete in net so oor die 600km met so 65% grondpaaie.

Ons het so bietjie later weg gekom as wat ons wou en hier by 08:00 toe bak die son ons alreeds.  Ons was in vir ‘n baie warm dag, ons het net nie geweet hoe warm nie.

Op pad kry ons padwerke “Stops and Go’s”.  Hier wag ons geduldig.  Check die kondoom houer in die hokkie, seker maar “basic conditions of employment”
100_4681.jpg


En toe raak sy 25 (25 000km in 11 maande)
100_4730.jpg


So op die pad stop ons in Adelaide en koop vars wors wat ons later op die pad sal gaarmaak.  In Somerset Oos stop ons en koop boerrierolls en nog vloeistof vir die keel want dis besig om te kook.  Dit was net na 9 uur en dit was alreeds 38 grade. 
Terwyl vroulief die winkel in is sien ek die braai by die man se woonstel uithang, smaak my hy is erg lief vir braai.
100_4735.jpg


Road in a distance
100_4747.jpg


Op die pad kry ons die vriendelike fietsryers.  Ons het warm gekry, ek wil nie weet hoe warm hulle gekry het nie.
100_4767.jpg


So paar kiekies van die roete.
100_4777.jpg


100_4780.jpg


100_4805.jpg


100_4843.jpg


100_4845.jpg


Die klippertjies is nie goed vir die tyres nie.
100_4850.jpg


100_4873.jpg


100_4875.jpg


So in die ry toe spring die klein dykertjie in die pad en maak gat skoon.
100_4921.jpg


100_4927.jpg


Ons stop by die rivier, ek dink hulle noem hom die Vogel rivier, en die volgende oomblik spring daar ‘n trop Koedoes en so paar Wildebeeste uit en hol in alle rigtings.  Hulle was net te ver om behoorlike kiekies te kry.  As jy mooi kyk behoort jy van hulle in die agtergrond te kan sien.
100_4930.jpg


En toe raak dit vrek warm en daar is geen skadu boom in sig nie.
100_4951.jpg


Bietjie lafenis teen die hitte.
100_4976.jpg


Die beste skadu boom wat ons kon kry.  Hier was dit al 40 grade celcuis.
100_4978.jpg


100_4982.jpg


Oppad na Jansenville.
100_5021.jpg


100_5033.jpg


In Jansenville stop ons eers by die stoor en koop verversings en ys voordat ons die pad vat na die R400 pad.
Hier is ons op pad, dis nog nie 1 uur nie en dis al 41 grade en nie ‘n wind wat waai nie.
100_5067.jpg


Ou murasie bt Waterford
100_5087.jpg


By Waterford stop ons eers en maak boerwors rolls om die innerlike te versterk.
100_5093.jpg


Die wors
100_5100.jpg


En die eind produk
100_5109.jpg


Toe ons klaar geeet het en ons trek daar weg was dit warm verby.  Ons het teen die tyd al omtrent tussen die twee van ons  so 5 liter vloeistof gesluk en ons was nou eers halfpad op die roete.

Hier is ons op die pad terug na Pearston.
100_5129.jpg


44 grade, ons het tot die helmet se visors toe gemaak, die lug was net te warm op jou vel.
100_5137.jpg


Nog so paar kiekies oppad na Pearston
100_5138.jpg


100_5148.jpg


So ry ons en soek die heel tyd vir ‘n windpomp met water en kry niks tot ons afkom op die krup op ‘n boer se plaas.  Ons het al ons lee bottles vol gemaak en die water oor ons gegooi, met klere en al aan.  Ons was waternat, maar nie vir lank nie, dit was nie eers 10 minute later nie, toe is ons klere weer kirk droog.
100_5216.jpg


Toe is dit weer op die pad na Pearston
100_5229.jpg


Ek wonder wie die windgat was, so 15km voor Pearston het die ou lekker esse gemaak.
100_5235.jpg


Amper in Pearston
100_5240.jpg


In Pearston het ons weer 3 liter se water gekoop en ons was vort.

Hier is dan na 4 uur die middag met die temperatuur nog steed oor die 40.
100_5270.jpg


Na 5 in die middag en nog steeds 40, eish.
100_5274.jpg



Ons het na 6 by die huis aangekom, warm en uitgeput, maar dit is mos ‘n lekker moeg.  ‘n Bier het nog nooit so lekker gesmaak nie.
 
Man dit lyk na lekker paaie daai. :thumleft: :deal:
 
Jou ou bliksem, dis jammer die son het jou nie vrek gebrand nie! Jy kom ry 300m van my huis af verby en jy kom groet nie eers nie. Terloops, het jy dalk net buite die dorp (net na die brug) omgedraai en weer teruggery die dorp in, toe lings gedraai by die 4 rigting stop? Het my verbeel dit was 'n GS, maar die tyd was min of meer dieselfde.
 
Ek moes halfpad deur die fotos eers opstaan en koue water gaan kry so warm het dit geword.

Pragtige landskap.

:thumleft:
 
Mooi paaie daai Mnr en Mev Vis Arend........................en ja ek kry ook sommer warm hier in Phalaborwa ???
 
Hi Dankie dat jy dit met ons deel. Iaa darem lekker om die grondpaaie so te kan ry. Dankie vir die fotos! Groetnis VisArend
 
Roné said:
nice RR - jou gat is seker nog steeds lam


Ons is g@t lam, maar hy het mos vir 7 weke sonder my g@i geskuur!  Nou moet ons maar ry sodat ek weer ry-fiks kan raak. 
 
Dankie vir almal se kommentaar.  :thumleft:

Kom kuier Chris, ons ondek elke dag nuwe paaie.  :deal:

@Bie, ek se nogals vir Nannie toe ons in Jansenville is dat jy hier iewers rond bly en as ek geweet het waar, wou ek soasaties kom steel het.  :biggrin:  Nou as jy se 300m van jou huis af, watter pad was dit, of bly jy op die dorp?  Nee, dis was nie ons wat omgedraai het nie, ek het die dorp ingekom en by die drankwinkel ys en verversings gekoop, toe petrol ingegooi en reguit uit op die pad na Wolwefontein waar ons die R-400 gevat het.  Dit was om en by 12:30 gewees.  Ons sal wel binnekort sien, daar is nog paaie daar wat ek graag wil explore, as jy weet van ander paaie in daai omgewing, laat weet asb.  :thumleft:

   
 
Soos jy die dorp ingekom het was 'n drankwinkel aan jou regterkant. (Die ander een is in die hoofstraat, nadat jy regs gedraai het by die 4 rigting stop) Net na die eerste drankwinkel, eerste straat regs, 300m. Ek voel gekrenk, sal seker nie vanaand kan slaap nie. Jou skuld.  :mad:
 
Bie said:
Soos jy die dorp ingekom het was 'n drankwinkel aan jou regterkant. (Die ander een is in die hoofstraat, nadat jy regs gedraai het by die 4 rigting stop) Net na die eerste drankwinkel, eerste straat regs, 300m. Ek voel gekrenk, sal seker nie vanaand kan slaap nie. Jou skuld.  :mad:
:laughing4: :laughing4: :laughing4:
 
Jis, wat 'n vrot verskoning. Toe ek vir Bie WOU gaan kuier stop ek die eerste ou in die dorp wat ek raakloop en vra :

"Waar bly Kruger ?"(Ek weet mos almal gaan weet)

"Net hier af in die pad, links by die stop en daai groot huis regs net verby die hospitaal"

Maklik.  :deal:
 
Lekker trippie meneer en mevrou Bokkomvalkies  :D

En mooi foto's soos gewoonlik.

Van wat ek weet is die OosKaap se Karoo(s):
(Uit Leon Nell se boek "The Great Karoo")

- Die Koup Kamdeboo (Beervlei Dam, Willowmore, Steytlerville en met die N9 tot Aberdeen)
- Die Kamdeboo (graaf_reinet, omring deur Nieu Bethesda, Aberdeen, Jansenville en Pearston)
- Die 'Oostelike' Karoo (Rondom Cradock & Somerset Wes, die Berg sebra park - tot teenaan die grote Visrivier)
 
OK, ouens, ek sal nog vanaand met hom afreken.  >:D

Sien, dit werk so .... ek gaan om die hoek staan en 'n angswekkende gil gee.  Hy gaan aangehardloop kom om te kyk wat fout is.  Sodra hy om die hoek kom, slaan ek hom in sy wind met 'n plank.  Die oomblik wat hy dubbel vou van "snak na asem" skop ek hom op sy kinnebak.  Hy gaan dan agteroor slaan van die skop ..... en as hy eers lê dan skop ek hom in sy ribbes - want after all, as hy net gevra het waar Kruger bly, kon ek heerlike Karoo tjoppies en Bie sosaties ge-eet het vanaand.  Nou moek ek tevrede wees met maer en ou Oos-Kaap skaap.  Ek meen, what kind!  ???
 
Mooi RR. Julle twee skrik duidelik nie vir lang afstande nie.  :thumleft:
 
Wie het nou vyande nodig.  ???  Bie, jy kan maar lekker slaap vannaand, smaak my ek is die een wat 'n slaaplose nag gaan he.  :eek:  Nou het ek jou possie.  :3some:

Heimer, jy slaan die spyker op die kop, ons het gevoel soos bokkoms.  Dankie vir daai stukkie inligting, dit het inderdaad gevoel soos die groot Karoo.  Ons gaan verseker meer male daai rigting inslaan. (as ek die nag oorleef) :thumleft:

 
Nee my magtig - en julle se my nie eens nie???  Dis nou lekker paaie daardie.

Mooi kiekies.
 
Mev Vis Arend said:
OK, ouens, ek sal nog vanaand met hom afreken.   >:D

Sien, dit werk so .... ek gaan om die hoek staan en 'n angswekkende gil gee.  Hy gaan aangehardloop kom om te kyk wat fout is.  Sodra hy om die hoek kom, slaan ek hom in sy wind met 'n plank.  Die oomblik wat hy dubbel vou van "snak na asem" skop ek hom op sy kinnebak.  Hy gaan dan agteroor slaan van die skop ..... en as hy eers lê dan skop ek hom in sy ribbes - want after all, as hy net gevra het waar Kruger bly, kon ek heerlike Karoo tjoppies en Bie sosaties ge-eet het vanaand.  Nou moek ek tevrede wees met maer en ou Oos-Kaap skaap.  Ek meen, what kind!  ???


:laughing4: :laughing4: :laughing4:

Eina Pain!!!

Klink my Vissie gaan pak slae kry soos my Guppies gister pak gekry het?????????

Have Mercy Mev. Vissie!!!
 
Top