See tot Karoo met my Vstrom

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Mar 26, 2012
Messages
2,909
Reaction score
1,297
Location
Oudtshoorn
Bike
AJS (all models)
Het 'n hall pass gekry by die vrou vir 2 dae se ry. Elke keer as ek nie bike ry nie dan kyk ek op marketplace na ander bikes.

Vandag 400km op my vstrom gesit waarvan 250 seker grondpad was, en ek besef dan, ek het niks meer nodig nie. Dalk nie die gemaklikste, vinnigste, beste nie, maar die amper 11 jaar wat ek hom het, het hy nog nooit my teleurgestel nie. Kan maklik 150 op GPS ry heeldag as jy wou. Het een tand groter voor sprocket op en hy rev hoër, maar 1ste en 2de is korter, wat my pas.

7h vanoggend weggetrek...rigting Witsand met soveel moontlik grondpad.

Afgedraai by Ruiterbos, na Kleinberg langs N2. Van daar los grondpaaie na Vleesbaai pad. Altyd interesant om deur Godwana reservaat te ry met wild wat vry loop oor die pad, en sien toe n groot trop buffels.
 

Attachments

  • 20241011_073453.jpg
    20241011_073453.jpg
    4.4 MB
  • 20241011_074822.jpg
    20241011_074822.jpg
    2.1 MB
  • 20241011_074821.jpg
    20241011_074821.jpg
    3 MB
  • 20241011_072820.jpg
    20241011_072820.jpg
    3.3 MB
  • 20241011_081906.jpg
    20241011_081906.jpg
    3.4 MB
  • 20241011_064200.jpg
    20241011_064200.jpg
    3.6 MB
Ek love my Strom. Oor n maand ry ek Botswana, Namibia en kuslangs, NC, WC en EC. Alles teer want my rug is ge-shot. Bike het 72 000 km op en loop soos n droom.
 
Dan is dit oor die Gouritz brug. Jy kan dien hier het groot water afgekom met die onlangse reën.

GPS wys my die pad loop kuslangs na Stilbaai, baie mooi pad, tot ek by Gourikwa reservaat se hek kom en nie verder kan ry nie. Kos toe omdraai en terug ry tot by Gourits. Glad nie spuit nie, dis mooi wereld.

Ry toe met agter grondpaaie om Gourikwa tot op Stilbaai. Daarna Jongensfontein...al die dorpies is maar rustig, dis mos nie vakansie tyd nie.
 

Attachments

  • 20241011_084822.jpg
    20241011_084822.jpg
    4.6 MB
  • 20241011_083412.jpg
    20241011_083412.jpg
    2.9 MB
  • 20241011_082521.jpg
    20241011_082521.jpg
    3.8 MB
  • 20241011_082528.jpg
    20241011_082528.jpg
    3.3 MB
  • 20241011_100337.jpg
    20241011_100337.jpg
    3.9 MB
  • 20241011_102104.jpg
    20241011_102104.jpg
    4.2 MB
  • 20241011_103408.jpg
    20241011_103408.jpg
    3.7 MB
  • 20241011_103052.jpg
    20241011_103052.jpg
    4.2 MB
Na Stilbaai begin my maag te praat van honger en ek beplan om op witsand vrete te kry. Ek kry toe 'n grondpad en stoot aan, pad is taamlik hard met niks om te sien nie, en bike loop gemaklik 140kmh.

Net so voor vermaaklikheid sit ek in gedagte en met geen waarskuwingsborde nie, is daar 'n taamlike skerp draai en ek kom te vinnig. Die anakee agter op help natuurlik nie veel as jy oor die middelman beweeg nie, en ek gly gly so van die pad af en red bike net voor ek bosse tref. My merke lê daar.

Ek vat 'n oomblik om te kyk of my broek skoon is en laat loop weer. 'n draft en calamari is op die menu terwyl die walvisse speel in die water. Nou weet ek hoe lyk Witsand! Daarna is dit Heidelberg waar ek die aand oorbly.
 

Attachments

  • 20241011_115545.jpg
    20241011_115545.jpg
    1.5 MB
  • 20241011_114432.jpg
    20241011_114432.jpg
    2.8 MB
  • 20241011_124412.jpg
    20241011_124412.jpg
    4.3 MB
  • 20241011_112324.jpg
    20241011_112324.jpg
    6.4 MB
  • 20241011_111101.jpg
    20241011_111101.jpg
    3.3 MB
  • 20241011_112350.jpg
    20241011_112350.jpg
    4.1 MB
  • Screenshot_20241012_061954_WhatsApp.jpg
    Screenshot_20241012_061954_WhatsApp.jpg
    492.3 KB
Vanoggend vroeg wakker en pak vir die stuk huis toe. Mistig, nat en koel buite. Perfek!

Plan is Tradouwspas tot in Barrydale, dan Brandrivier afdraai so 18km uit Barrydale. Pas is altyd mooi, maar met die mis kan ek nie veel sien nie.

Soos Barrydale nader kom raak die weer dadelik anders en die son skyn hard.

Dis wonderlik om al die damme vol water te sien, sommige damme het seker geen nut as water vir diere, maar hulle is vol. Hier raak die wêreld weer vaal, hitte en wind verdor die aarde gou.
 

Attachments

  • 20241012_065715.jpg
    20241012_065715.jpg
    4 MB
  • 20241012_071653.jpg
    20241012_071653.jpg
    3.6 MB
  • 20241012_073129.jpg
    20241012_073129.jpg
    4.4 MB
  • 20241012_073947.jpg
    20241012_073947.jpg
    4.6 MB
  • 20241012_084014.jpg
    20241012_084014.jpg
    3.5 MB
  • 20241012_083516.jpg
    20241012_083516.jpg
    4.3 MB
Ek staar so in die verte in en sien skielik iets wat dwars voor my lê in die pad. Kon nie uitswaai nie en lig net my voete op. Stop om te kyk en sien toe die plat kop vir my kyk. Lyk nie of hy oets oorgekom het nie?

Pad split Vanwyksdorp/Herbertsdale en ek swaai links. Eet toe iets in Vanwyksdorp en so is dit markdag ook. So sit ek rustig en bekyk dinge van die kantlyn af. Amper almal wat daar bly klink Engels.

Gesels met 'n ander ou wat 'n huis kom soek daar, rustigheid is waarvoor hy die plek gekies het.

Daarna is dit Rooiberg pas oor en sementpad, wat nou teerpad raak, huis toe.
 

Attachments

  • 20241012_084546.jpg
    20241012_084546.jpg
    7.8 MB
  • 20241012_110148.jpg
    20241012_110148.jpg
    3.9 MB
  • 20241012_103224.jpg
    20241012_103224.jpg
    5.9 MB
  • IMG-20241012-WA0004.jpeg
    IMG-20241012-WA0004.jpeg
    1.1 MB
  • IMG-20241012-WA0002.jpeg
    IMG-20241012-WA0002.jpeg
    1.9 MB
  • 20241012_090414.jpg
    20241012_090414.jpg
    3.7 MB
  • 20241012_090353.jpg
    20241012_090353.jpg
    4.7 MB
sommige damme het seker geen nut as water vir diere, maar hulle is vol.

Die manne boer groot daar op die Brandrivier pad. My buurman het nou 43 hektaar granate daar geplant plus sy uie en wortel saad en nog lusern en tef. Daai damme is hul lewensaar.
 
Sien die huis by die voet van Rooibergpas.

Iemand het moeite en geld spandeer om sy vensters toe te slaan. Gate geboor en daai hout stewig in die muur vasgebout. Ek wonder altyd wats die storie. Bietjie skoonmaak en liefde, dan is dit 'n lekker huis.

Daars n stuk grond voor hom, wat baie jare terug iets mee gedoen was. Ek sal daar bly!

2 dae
640km totaal
20km/l gemiddeld
Baie grondpad en baie ure.

Beplan solank my volgende trip.
Eks nie 'n skrywer of fotograaf nie, maar dis my storie 😀
 

Attachments

  • 20241012_110908.jpg
    20241012_110908.jpg
    6.6 MB
  • 20241012_110833.jpg
    20241012_110833.jpg
    6.1 MB
  • 20241012_110937.jpg
    20241012_110937.jpg
    3.8 MB
  • 20241012_110919.jpg
    20241012_110919.jpg
    2.6 MB
Frannarossi se vrou met sombrero en wit broek by die blou TukTuk. Dis haar stalletjie ryding!!(y)
 
sommige damme het seker geen nut as water vir diere, maar hulle is vol.

Die manne boer groot daar op die Brandrivier pad. My buurman het nou 43 hektaar granate daar geplant plus sy uie en wortel saad en nog lusern en tef. Daai damme is hul lewensaar.
Sien die damme, maar sien nie altyd dit wat geplant is agter die koppe nie.
 
Lekker gery, en ja, n V-Strom is n fantastiese bike.

My neef op Kleinbrak het n ou 1000, en daai fiets is so betroubaar soos n aambeeld, maar heelwat vinniger.
Dink wel my nek bearings is los of fout mee toe ek daai laaste growwe stuk ry. Defnitief 'n speling as jy stop, en so knak geluid.
 
Last edited:
Dink wel my nek bearings is los of fout mee toe ek daai laaste growwe stuk ry. Defnitief 'n speling as jy stop, en so knak geluid.
Het myne op so 60k kilos gedoen. As jy eers die voorwiel in die lug het is dit nie baie moeklik nie. Moeilikste deel was om nuwe bearing se verstelling te doen...dan te los en dan te vas..
 
Het myne op so 60k kilos gedoen. As jy eers die voorwiel in die lug het is dit nie baie moeklik nie. Moeilikste deel was om nuwe bearing se verstelling te doen...dan te los en dan te vas..
Gaan so bietjie boeke vat op youtube en kyk of ek dit kan diy.
 
GPS wys my die pad loop kuslangs na Stilbaai, baie mooi pad, tot ek by Gourikwa reservaat se hek kom en nie verder kan ry nie. Kos toe omdraai en terug ry tot by Gourits.

Baie mense het al daai fout gemaak. Baie jare terug kon jy so ry voordat Gourikwa daar was.
 

Latest posts

Top