Twee Vaalies toer deur die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Kykdaar

Grey Hound
Joined
Sep 14, 2007
Messages
7,610
Reaction score
3
Location
Wingate Park - Pretoria
Bike
Zundapp (all models)
Die begin

Wat van n rit deur die Karoo? Wel, met n groot genoeg duik in die kredietkaart en n bietjie vindingrykheid om ongesiens by die werk weg te kom https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=78989.0 is alles moontlik.

N moontlike roete word vinnig uitgewerk met die hulp van n paar van die honde  https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=73481.0 (alhoewel een sin daarin terug sal kom om my te treiter) en kort voor lank breek die groot dag uiteindelik aan.

Die idee is om die bikes te trailer tot op ons wegspringplek Suid van Kimberley en ons ry so 4 uur die oggend weg uit Pretoria om die Vrydag oggend verkeer te mis. Ek oorskat heeltemal die Hilux se petrolverbruik met die gevolg dat ons Ventersburg haal op petroldampe. R1000-00 se petrol word ingegooi (daai bakkie gaan my nog bankrot maak) en ons stoot deur tot by ons oornagplek wat ons so twee uur die middag haal.




Die snaakse bokke en die sonbril effek

Frans is ons gasheer op hierdie ongewone wildsplaas en gou is ons in nog n Hilux besig om te bundu bash en bokke te soek. Tyrekicker (TK) sal hier moet help met van die name, maar ons het n paar unieke (en baie duur) bokke raakgeloop in ongewone kleure. Dit is iets wat mens nie aldag sien nie.











Terug by die plaashuis n paar fotos geneem van die hans groot gemaakte jakkalse wat later die aandstilte so mooi sou onderbreek en so n bietjie met die jong jagluiperd gaan speel. Ek sit nog so en krap sy pens toe TK met sy sonbrille aan nader stap en daardie jagluiperd sy gat af skrik toe hy opkyk en in die groot swart brille vaskyk. Die fotos wys dit eintlik baie goed en mens kan sien hoe daardie kat eintlik regmaak om hom te bespring. As TK sy rug op hom gedraai het sou hy binne n paar sekondes n paar skerp naels daarin gehad het.








Terug by ons huisie bekyk ons al ons kit en besluit ons gou dat ons nie eintlik lus het vir n kamp trip is nie en dat ons liewer die B&B ding gaan doen. Die oortollige kamperings goed word gou agter in die bakkie  gegooi.

Die aand word afgesluit met n groot vuur, n lekker braai, n paar knertse OBS en die donker en stilte van die Noord Kaap vlaktes maak vir n welkome verandering van die tappits wat langs my bly se gewone naweek rugby braai partytjies.


 
Douglas & Prieska

Vroeg die volgendeoggend trek ons uiteindelik weg. Na n kort ent se ry is TK nie meer agter my nie en ek draai om om hom te gaan soek. Vind hom besig om sy banddruk te verminder - bly om te sien dit was nie net my verbeelding dat die bike baie onstabiel voel nie en gou doen ek dieselfde. Onmiddelik voel dit nie meer asof n mens op ys ry nie n ons laat waai tot waar ons die teerpad kruis. "Douglas is net n entjie van daar af" onthou ek Frans se woorde terwyl ek na die "Douglas 91km" bordjie kyk en probeer om n sigaret aan te steek in n sterk dwarswind - n konstante en onwelkome metgesel vir die res van die rit.

Na petrol in Douglas ry ons deur na die Vaal en Oranje samevloeing waar n paar jong manne met ons n gesprek aanknoop. Prieska (the place of the lost she-goat  https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=74430.0) is volgende met n moontlike vinnige besoek aan sy mees beroemde hond se ons toe vir die kerels. Tot ons verbasing weet die een knaap nie net wie die oom is nie, maar ook van sy beeldskone dogter. Hy gee ons selfs baie gedetaileerde anwysings tot by die oom se huis.

So sit ek en TK n rukkie later op die fietse en kyk af na die oom se huis. Soos met die res van Prieska is daar egter nie enige teken van lewe nie en ons besluit dus dat ons maar die gewone garage boemelaars moet trotseer om koue water en koeldrank te bekom. Jammer ETS - miskien op n ander dag.

Het lekker gelag vir TK toe die een skepsel nadersleep en se hy soek R5 (lyk my inflasie het dit opgestoot vanaf die vorige R2). Sonder om n beat te mis se hy toe vir die ou "ek ook, roep my as jy een kry"
 

Attachments

  • Image00049.jpg
    Image00049.jpg
    231.3 KB
  • Image00050.jpg
    Image00050.jpg
    210.2 KB
  • Image00053.jpg
    Image00053.jpg
    192.7 KB
Prieska tot Carnavron

So n ruk terug in n gesprek oor binnebande spreek ek my oningeligte opinie uit oor 2 aspekte daarvan - ekstra dik tubes en slime. Die eerste is n onnodige foefie vir ons tipe gebruik en die tweede is van geen regte waarde nie reken ek ene selfvoldaan. Later vandag sou ek op een reg bewys word en my vorige opinie oor die ander een heeltemal verander.

Die 160 km lange R386 van Prieska to Carnavron is nie n goeie pad nie met baie sinkplaat en nog meer klippe. Meeste daarvan kan n ou vermy, maar nou en dan het jy geen keuse as om daardie uitsteek klip te slaan nie.

Die dag stap ook sterk aan en Carnavron le nog ver, so ons kap aan teen n gemaklike 90-100km per uur.

Die een oomblik ry ek nog, die volgende gee die handvatsel twee wilde rukke in my hande en voordat ek mooi besef wat gaan aan slet ek neer in een moerse stofwolk aan die kant van die pad.

Spring onmiddellik op en met die adrenalien wat nog pols is my fiets al regop teen die tyd dat TK stop. Ek verseker my pel ek is OK en ons bekyk die skade.

Die Dirtbags, Groenie se staalrame en die handskerms het die impak gedra sonder enige regte skade. Die paar skrape op die modderskerm en skerm is van geringe omvang. Die BMW Boulder 2 baadjie en City Pants is vuil maar ongeskonde- geen krappe of skeure. Dis bleddie goeie klere daardie. Die Thor 50/50 boots het ook hulle werk goed gedoen.

Die fotos wys die reguit spoor en toe die skielike rigtings verandering nadat die voorwiel sy skielike "blow out" gehad het. 

Gou haal ons die wiel af en probeer die tube uithaal met ons hande geweek in snotterig slime wat n mens ook met n lap moes probeer opvee uit die binnekant van die band. Nie eens geweet ek het daardie k@rk in die tube gehad nie en myself belowe om nooit so iets wetende te gebruik nie. Dit veroorsaak net n onnodige gemors wanneer n mens die binneband moet uithaal.

Die oorsaak van my grond duik is dadelik opmerklik - n groot bars in die tube waardeur mens maklik n vinger kan druk. Weereens wil ek my eie gat skop en belowe ek myself dat ek volgende keer nuwe en dik tubes voor n lang trip sal insit. Goed de moer in slinger ek die tube die bosse in en probeer die swart slime gemors van my hande af kry. Moes eintlik n foto daarvan geneem het – het nog nie so iets gesien nie.

Ons sit n nuwe tube in, le die bike op sy sy en sit die voorwiel terug voordat al die petrol uit die tenk lek.Lig ook die band druk as n verdere voorkomende maatreel – doen dit op gevoel want ons het nie n banddruk meter by ons nie.   

Ons is moeg, warm en nog 60kms volgens die GPS buite Carnavron met die son wat al besig is om vinnig te sak.

N voorwiel wat so skielik onder jou meegee ontneem jou van baie van jou vorige selfvertroue en ek kyk gedurig af om te sien of die ding nog hou. Dit veroorsaak dat ek amper n paar keer in die bosse inry wat weer op TK se senuwees werk en hy ry gou nader om my n uitk@rk te gee. 

Dit word gou duidelik dat ons dit nie in die lig gaan maak nie en kort voor lank ry ons in die donker en word dit al hoe moeiliker om op die paadjie en weg van die sanderige middelmannetjies te bly.

Op een stadium is TK weg en ek draai om. Kry hom n ent verder terug besig om sy bike te bekyk en sy senuwees te probeer kalmeer nadat n bok skielik in die pad en teen die voorkant van sy bike vasgespring het. Hoe hy regop gebly het sal net hy weet.

Kom uiteindelik so kwart oor sewe in Carnavron aan. Daar is n troue by die hotel en ons ry aan na die Lord Carnavron toe waar ons twee kamers huur (die fotos is die volgende oggend geneem).

N rukkie later doen ons by die Meerkat restuarant in die  dorp aan en eet die beste en grootste pizza wat ek nog raakgeloop het - n karoo pizza - dit bestaan uit een of ander basis met knoffel, tamatie en kaas waarby blokkies lams vleis en lam maalvleis gevoeg is.

Daardie aand raak die pyn wat ek so ligweg in my sy gevoel het na die val erger en ek kry maar min nagrus in.
 

Attachments

  • Image00054.jpg
    Image00054.jpg
    249.8 KB
  • Image00055.jpg
    Image00055.jpg
    254.1 KB
  • Image00057.jpg
    Image00057.jpg
    207.8 KB
  • Image00059.jpg
    Image00059.jpg
    189.9 KB
  • Image00060.jpg
    Image00060.jpg
    183.1 KB
Kykdaar said:
DRAZIL said:
Hope you going to show us the breakdown pics outside Carnarvon ::)

Howzit Drazil, can you not see the pics above?
Heck,I thought there was going to be more dramatic photos. :thumleft:
Google translate is worse than me. :biggrin:
 
DRAZIL said:
Kykdaar said:
DRAZIL said:
Hope you going to show us the breakdown pics outside Carnarvon ::)

Howzit Drazil, can you not see the pics above?
Heck,I thought there was going to be more dramatic photos. :thumleft:
Google translate is worse than me. :biggrin:

If you fall your ass off you tend to want to not dwell on it to much ;D

Ja, het spesiaal hierdie report in Afrikaans geskryf Ingelsman :3some: Bly jy doen die moeite om te lees  :thumleft:
 
Ganagga via Middelpos

Ry uit Canavron weg rigting Williston waar ons later petrol ingooi en bietjie met die local kinders chat. Vir n verandering is hulle nie opdringerig nie en bloot net kind – nuuskuurig en vriendlik. N ou stop spesiaal om met TK te kom praat oor die XR, n ander een stop om die XT te bekyk. 

Besluit dis n goeie tyd om sommer gou ons verblyf vir die nag by Ganagga Lodge te reel terwyl ons nog selfoon sein het. Gou verduidelik ek aan Johan dat die twee van ons op ons fietse deur die Karoo toer en n blyplekkie vir die aand gaan nodig kry.

Geen probleem kom die antwoord, waar is julle nou? Williston, se ek. "Fok my pel dan kan jy n bicycle trap as jy nog vanaand hier gaan aankom" kom die antwoord. Nee, ons is op motorfietse verduidelik ek. Ek smile nog toe ek aflui en weet dadelik dat daar n lekker kuier vir ons voorle  :mwink:

Kyk gou Mof se aanwysings op die Anvil Bash thread en besluit dat ons vir hom gaan hallo se op pad Middelpos toe. Raak natuurlik redelik gou verdwaal, maar stop gou n gesin in n trok en later ook n perdekarretjie wat vir ons aanwysigings gee. In hierdie kontrei ken almal mos maar vir almal. TK se agterwiel vang n leiklip wat amper n gat regdeur die wand van sy tyre maak- gelukkig nie die tube beskadig nie.

Hier is ons by Mof. Dankie vir die gasvryheid, die koue water en Coke, die bande check en vir die gator D - dit was lekker om jou te ontmoet en so n bietjie te gesels. Moet se, het jou naam baie misbruik en dit het baie deure vir ons oopgemaak (soos jy sal sien)
 

Attachments

  • Image00062.jpg
    Image00062.jpg
    223.9 KB
  • Image00063.jpg
    Image00063.jpg
    231.7 KB
  • Image00064.jpg
    Image00064.jpg
    241.3 KB
Top