Twee Vaalies toer deur die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Kykdaar said:
DRAZIL said:
Kykdaar said:
DRAZIL said:
Hope you going to show us the breakdown pics outside Carnarvon ::)

Howzit Drazil, can you not see the pics above?
Heck,I thought there was going to be more dramatic photos. :thumleft:
Google translate is worse than me. :biggrin:

If you fall your ass off you tend to want to not dwell on it to much ;D

Ja, het spesiaal hierdie report in Afrikaans geskryf Ingelsman :3some: Bly jy doen die moeite om te lees  :thumleft:
wait for the next flyfishing trip and I'll take revenge ;D
 
Hierdie RR,s maak mens lus om te ry veral waar julle rondry Ek het groot geword op Douglas
baie interressant wag vir die res
 
Kykdaar said:
Die begin

Wat van n rit deur die Karoo? Wel, met n groot genoeg duik in die kredietkaart en n bietjie vindingrykheid om ongesiens by die werk weg te kom https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=78989.0 is alles moontlik.

N moontlike roete word vinnig uitgewerk met die hulp van n paar van die honde  https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=73481.0 (alhoewel een sin daarin terug sal kom om my te treiter) en kort voor lank breek die groot dag uiteindelik aan.

Die idee is om die bikes te trailer tot op ons wegspringplek Suid van Kimberley en ons ry so 4 uur die oggend weg uit Pretoria om die Vrydag oggend verkeer te mis. Ek oorskat heeltemal die Hilux se petrolverbruik met die gevolg dat ons Ventersburg haal op petroldampe. R1000-00 se petrol word ingegooi (daai bakkie gaan my nog bankrot maak) en ons stoot deur tot by ons oornagplek wat ons so twee uur die middag haal.



Die Blou Blits van Wingate Park!! :biggrin:


Die snaakse bokke en die sonbril effek

Frans is ons gasheer op hierdie ongewone wildsplaas en gou is ons in nog n Hilux besig om te bundu bash en bokke te soek. Tyrekicker (TK) sal hier moet help met van die name, maar ons het n paar unieke (en baie duur) bokke raakgeloop in ongewone kleure. Dit is iets wat mens nie aldag sien nie.


Die baie baie duur en gesogde Brons Wildebees!


Swart Rooibokke saam met die gewone Rooibokke


Swartwitpense met jong verse.


Wit Springbok met exotiese Koper Springbokke.Gewone Springbokke het wit  in hul kleur waar die Koper Sprinbok dit nie het nie.


Swart Rooibokke is baie mooi en duur,maak jou reg om 'n R100 000 minimum vir 'n ooi te betaal en R200 000 vir 'n rammetjie.


So paar van hulle op die werf sal my 'n baie gelukkige man maak! :biggrin:


Die gewone Blesbok tesame met die Wit Blesbok en die duur Koper Blesbok.



Terug by die plaashuis n paar fotos geneem van die hans groot gemaakte jakkalse wat later die aandstilte so mooi sou onderbreek en so n bietjie met die jong jagluiperd gaan speel. Ek sit nog so en krap sy pens toe TK met sy sonbrille aan nader stap en daardie jagluiperd sy gat af skrik toe hy opkyk en in die groot swart brille vaskyk. Die fotos wys dit eintlik baie goed en mens kan sien hoe daardie kat eintlik regmaak om hom te bespring. As TK sy rug op hom gedraai het sou hy binne n paar sekondes n paar skerp naels daarin gehad het.


Rooijakalsies in die hok.


Tierboskat is baie baie mooi maar ook baie moerig!


Die hans grootgemaakte jagluiperd het 'n werf van sy eie en daar kan hy doen net wat hy wil,hy is asteware die baas van die plaas.
Een ding wat 'n feit soos 'n koei is ,is dat hy nie 'n donder van 'n sonbril hou nie,of was dit dan nou nie van my nie. :biggrin:





Terug by ons huisie bekyk ons al ons kit en besluit ons gou dat ons nie eintlik lus het vir n kamp trip is nie en dat ons liewer die B&B ding gaan doen. Die oortollige kamperings goed word gou agter in die bakkie  gegooi.

Die aand word afgesluit met n groot vuur, n lekker braai, n paar knertse OBS en die donker en stilte van die Noord Kaap vlaktes maak vir n welkome verandering van die tappits wat langs my bly se gewone naweek rugby braai partytjies.

 
Sorry Tyre Kicker , but WTF ???

Why go and quote the whole first post with photos included ???
 
Hando,if you open your fucking eyes you will see that the post says that I will be helping out with the names of the animals for those who might have wanted to know what they are.That is exactly what I did,Capiche!!!!!!! :biggrin:
 
Ahh ok. Makes sense.

Adding some form of text difference to indicate where you edited the post may have helped.

Your friendly attitude in your reply post is much appreciated.
 
Hando said:
Ahh ok. Makes sense.

Adding some form of text difference to indicate where you edited the post may have helped.

Your friendly attitude in your reply post is much appreciated.

Hi Hando, i apologise. That was a bit harsh. He was probably stuggling with the post and over re-acted.

Peace brother
 
Hando said:
Ahh ok. Makes sense.

Adding some form of text difference to indicate where you edited the post may have helped.

Your friendly attitude in your reply post is much appreciated.

Hey Hando,no hard feelings bro,I took it in the spirit that I read it in hence my smiley at the end.By the way how is the finger healing bud?
Read on and check the rest of thr RR out. :thumleft:
 
Hando said:
Sorry Tyre Kicker , but WTF ???

Why go and quote the whole first post with photos included ???
Ai Hando hoe moet ou Tyre Skopper nou voel?
Sommige van ons is nie baie goed met die compers maar dalk beter met chains lube en sulke dinge!! :peepwall: :pot: :imaposer:
 
chrisL said:
Hando said:
Sorry Tyre Kicker , but WTF ???

Why go and quote the whole first post with photos included ???
Ai Hando hoe moet ou Tyre Skopper nou voel?
Sommige van ons is nie baie goed met die compers maar dalk beter met chains lube en sulke dinge!! :peepwall: :pot: :imaposer:

Raps oom Chris nou vir Thumbo op die boude.  :imaposer: :imaposer:
 
BOER! said:
chrisL said:
Hando said:
Sorry Tyre Kicker , but WTF ???

Why go and quote the whole first post with photos included ???
Ai Hando hoe moet ou Tyre Skopper nou voel?
Sommige van ons is nie baie goed met die compers maar dalk beter met chains lube en sulke dinge!! :peepwall: :pot: :imaposer:

Raps oom Chris nou vir Thumbo op die boude.   :imaposer: :imaposer:
Spot net bietjie met hom Boer.
Een ding wat ek sal graag wil wees.
OM MY REKENAAR SE BAAS TE WEES!!! :biggrin: :deal:(beny dit van die jonger manne)of die IT ghoeroes.
 
Ok guys - no hard feelings.

How on earth does some other dog's Ride Report end up as a discussion on my thumb and lubing chains ???

But thanks for asking. The thumb is doing very well. And I have since learnt how to clean a chain the right way ;)




So , how about we get back to the RR ?? I can not wait for the next delivery .
 
Moer, nou het ek darem lekker gelag. Ek het ook eers gedink WTF, maar toe kry Hando die uitkak :imaposer:

OK, waars die res? Kan nie wag om een van die dae daai paaie te ry nie.
 
jupiter said:
Moer, nou het ek darem lekker gelag. Ek het ook eers gedink WTF, maar toe kry Hando die uitkak :imaposer:

Dankie tog - So bly ek was nie alleen nie. Volgende keer sal ek my bek hou en wag dat iemand anders die vraag vra en die uitkak kry.
 
Hando said:
jupiter said:
Moer, nou het ek darem lekker gelag. Ek het ook eers gedink WTF, maar toe kry Hando die uitkak :imaposer:

Dankie tog - So bly ek was nie alleen nie. Volgende keer sal ek my bek hou en wag dat iemand anders die vraag vra en die uitkak kry.

Of net 'n tweede keer lees voor jy 'n ander ou sommer kap ...   :D

Lekker RR Vaalies! :thumleft: Ek sien uit na die res.
 
So 40km's later ry ons Middelpos binne. Lank laas so n verlate plekkie gesien. Net n hotel, winkel, poskantoor en petrolpomp in so n wye oop straat. Gelukkig het Mof gese ons moet vir Oom Koos by die hotel gaan vra vir petrol en daar loop ek hom toe ook raak.

Vra in my beste sondagskool stem of die oom asseblief vir ons kan petrol gooi op hierdie lieflike Sondag middag (want anders is ons gefok) - Mof het gese ons moet kom vra. Gelukkig stem die oom in en ons maak vol. Die locals sien ons word gehelp en gou is n bakkie by wat ook petrol soek.

Oom Koos gee die arme skepsel gou n uitkak van dat hy weet wat die besigheids ure is. Maar hy het blykbaar n goeie hart, of n lee beursie, en gooi toe maar sous vir die ou. Ons groet beleef toe die oom weer terugstap Hotel toe.
 

Attachments

  • Image00066.jpg
    Image00066.jpg
    204.2 KB
  • Image00065.jpg
    Image00065.jpg
    216.1 KB
  • Image00067.jpg
    Image00067.jpg
    224.4 KB
Die rit vanaf Middelpos tot by Gannaga Lodge was deur pragtige wereld en ons het nog so van die laaste plate blommetjies te sien gekry.

Tekens van baie onlangse reen was duidelik in die pad te sien en die windpomp damme was almal vol.

Kom toe uiteindelik by die Lodge aan. Die uitsig van bo af is pragtig.

TK slaan die jackpot met n potbrood, botter en jam wat so eenkant op die tafel staan en gesels later lekker met Johan oor die Park en sy uitbreiding. 

Dit is min dat mens n gasheer raakloop wat n los en gemaklike houding inslaan met n skerp sin vir humor en die vermoe om enigiemand (n mengelmoes van Engelse, Franse, n Switser en twee boere) onmiddelik gemaklik te laat voel.Bygese natuurlik dat ons dadelik uitgesoekte gaste was toe ons vir hom se dat ons hier bly op Mof se aanbeveling. Gaan bly gerus daar, julle sal nie spyt wees nie.

Sluit ook n foto in van die bar waar ons en "chubby cherub" (n baie uitgesproke Ingelse girl) en haar kerel baie ure gespandeer het. Hulle het besluit om by die lodge te bly alleenlik toe Johan hulle die versekering gegee het dat die bar elke dag al so teen 10 uur sal oopmaak. "Raging alcholics" fluister ek op een stadium vir TK toe hulle selfs n bottel shampagne oopmaak en allerhande mixes daarmee begin gooi.

Het daardie aand die lekkerste skaapnek en waterblommetjies geeet. Nie geweet waar die kos ophou en my vingers begin nie.
 

Attachments

  • Image00070.jpg
    Image00070.jpg
    210.5 KB
  • Image00071.jpg
    Image00071.jpg
    193 KB
  • Image00076.jpg
    Image00076.jpg
    209.6 KB
  • Image00079.jpg
    Image00079.jpg
    213.3 KB
  • Image00082.jpg
    Image00082.jpg
    222.6 KB
My akkomodasie vir die aand was n ou stal, kompleet met krip, dik mure en n lae deur teen wie se raam ek my kop n paar keer faktap gestamp het.
 

Attachments

  • Image00084.jpg
    Image00084.jpg
    186.8 KB
  • Image00086.jpg
    Image00086.jpg
    196 KB
  • Image00087.jpg
    Image00087.jpg
    206.3 KB
Nog n pragtige Karoo dag breek aan en na n lekker ontbyt vergesel van n ou op n CD wat sy beste poging aanwend om Kristoffersen na te doen kan ons weer die pad vat.

Ek dog ons moet nog die berg uit toe sien ek ons is al op pad af. Dis lekker hoog met stywe draaie. Ek het heavy hoogte vrees so ek vat dit maar stadig daar af terwyl ek prober om my in my “happy place” in te verbeel.

Ek wil sien hoe ry twee karre verby mekaar op daardie nou paadjie.

Dit is nogtans pragtig met die uitsig oor die Tankwa Karoo wat daar doer onder le.

Onder in die oop vlakte stop ons eers bietjie om die stilte en rustigheid te ervaar – iets wat ons vaalpense van die stad min van ervaar.
 

Attachments

  • Image00090.jpg
    Image00090.jpg
    154.4 KB
  • Image00091.jpg
    Image00091.jpg
    263.1 KB
  • Image00093.jpg
    Image00093.jpg
    175.9 KB
  • Image00094.jpg
    Image00094.jpg
    223 KB
  • Image00096.jpg
    Image00096.jpg
    222.4 KB
Top