Twee Vaalies toer deur die Karoo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Die pad wissel van kleierig tot sanderig en hargebakte grond soos ons verder deur die Park ry. Baie lekker en sal nog n aand of wat hier kom spandeer in een van hulle huisies. Kampering is blykbaar maar redelik k@rk - net n boom sonder enige water of geriewe.

Die pad sluit uiteindelik by the Ceres / Calvinia pad aan en ons stop om bietjie bene te rek en n paar fotos te neem. Ek kan nie help as om vir TK te wys wat ek van hom en sy bike dink nie en stap nader om die graffiti op die een padteken van nader te bekyk – die deel van die XT kan ek verstaan, maar KTM kan dan nie te sleg wees as een dit al tot hier toe gemaak het nie.
 

Attachments

  • Image00101.jpg
    Image00101.jpg
    228.5 KB
  • Image00099.jpg
    Image00099.jpg
    193.4 KB
  • Image00100.jpg
    Image00100.jpg
    229.3 KB
Net n entjie verder kom ons by die padstal aan. Die tannie is baie vriendelik en bied ons gratis koffie aan. Dit is hoog in die 30 grade buite so ek wys dit vriendelik van die hand en koop n koue Coke instede. As julle op n Sondag so 12 uur daar verbygaan se sy sal die vure brand en kan julle n vleisie saambring om te braai of n braai pakkie by haar koop. Dit is lekker koel daar op die stoep en ons is nie juis haastig om weer te ry nie.
 

Attachments

  • Image00104.jpg
    Image00104.jpg
    212.8 KB
  • Image00105.jpg
    Image00105.jpg
    223 KB
  • Image00108.jpg
    Image00108.jpg
    197.6 KB
Lekke trippie manne.
Kykdaar het jy n rookding tussen jou vingers op daai een foto? Jy het nie laas gerook toe ons n trippie gedoen het.
 
chrisL said:
Lekke trippie manne.
Kykdaar het jy n rookding tussen jou vingers op daai een foto? Jy het nie laas gerook toe ons n trippie gedoen het.

Ja, is maar swak van gees partykeer en so n bietjie gerook op die trip  ;D

Het nou weer opgehou  :thumleft:

Kom Stilbaai toe Desember - laat weet as ek iets vir jou moet saambring.
 
Val later weer in die pad en kort voor lank stop ons langs die groen velde net buite Ceres vanwaar ons eers die honde se hulp vra vir n kontak met bande en tubes in Ceres – dankie ChrisL en Tau.

Doen aan by die Info sentrum in die dorp, waar ons afgeneem word vir n tydskrif deur n baie vriendelike dude wat besig is om n lekker roete vir adventure bikers te ontwikkel en bemark. Bespreek gou n huisie op die pad na Prins Alfred Hamlet vir verblyf en doen dan by die plaaslike Midas aan waar hulle basiese bike goed soos tyres en tubes aanhou.

Tot dusver op die trip het ons seker gemaak om enkelkamers te huur alhoewel dit goedkoper sou wees om n kamer te deel. Die rede hiervoor is dat ek blykbaar lekker balke kan saag. Alhoewel hierdie n huisie was het hy aparte kamers gehad so alles is cool en na n lekker braai besluit ons om vroeg in te klim sodat ons lekker uitgerus is vir die beplande trip deur die Sederberge die volgende dag.

So n rukkie later dring die gedagte deur my slaap benewelde brein dat TK darem maar rond skrop daar in sy kamer soos n regte plaas hoender sonder dat ek besef dat die rede hoekom ek hom so duidelik hoor is omdat die plafon maar net uit dun riete uit bestaan.

Van sy kant af is al wat hy hoor my gesnorkery met die gevolg dat hy nie kon slaap nie, die hele aand moes opbly en heel bedonnerd die volgende oggend was toe ek opstaan.

Ek los hom toe om n paar uur slaap in te kry terwyl ek Ceres toe ry om n dokter te gaan sien. Die pyn in my sy het nou so vererger dat ek skaars kan regop kom van n stoel af, elke stamp op die bike voel en dat die geringste hoes of nies my hel gee.

Nadat die ou my laat in en uit blaas het todat ek skoon duislig voel soos hy die longe beluister beweeg hy hie oor na die ribbes se kant toe en begin druk. Is dit seer hier? Nee. Hier? Nee. Hier? Nee. Hier? So bietjie. Hier? FOKKIT skree ek amper terwyl ek krul van die pyn.

Jou sesde rib is af my friend se hy vir my. Het nie n mediese graad nodig nie - ek kon dit ook vir jou gese het dink ek so by myself. Ek wys die aanbod van X-strale om te bevestig (kan nie eintlik die rede sien nie) en verbande (gaan nie elke dag die goed aan en af haal nie) van die hand.

Gee net n pil of so vir die pyn vra ek terwyl ek dink oor hoe ek die rekening vir die vrou gaan wegsteek sodat sy nie sien wat ek nou weer loop aanja het nie. Ses weke of langer se die ou. En so "by the way" as jy weer op daardie rib val kan jy groot k@rk kry. “ek stel voor jy los die bike ry”

Ek loop daar uit met n swaar gemoed want ek weet dat my dae van grondry en die Sederberg rit waarna ek so uitgesien het verby is. Noem my maar n moffie, maar die pyn het die afgelope drie dae net erger geraak met elke dag wat verby gegaan het en dit is nou duidelik dat dit nie net gou gaan weggaan soos ek gehoop het nie.

TK kry my in die dorp. Sorry tjom ek sal moet teer terug. Ons haal die kaart uit, steek n sigaret aan en oorweeg ons opsies. Dis so een uur, die wind pomp nog steeds en Beaufort Wes lyk maar n hele ent weg so op die kaart. Ons pomp die bande hard en draai die bikes se ore. Weereens verbaas die XT my - hou uur vir uur aan teen 110km/h sonder om n beat te mis, gebruik geen olie nie en kry so 18-20 km op n liter. Die XR loop ook foutloos en kragtig en ons sit in die saal soos die ure verbytik en ons gatte al hoe seerder raak.

Word lank vertraag buite Laingsburg met die menige stop/go padwerke en n hele paar uur en 362km later ry ons Beaufort binne, kry plek by die Treetop gastehuis en kry uitrindelik rus vir ons moe lywe. Na ete sluk ek n handvol pille en verval in n welkome koma
 

Attachments

  • Image00113.jpg
    Image00113.jpg
    212.2 KB
  • Image00116.jpg
    Image00116.jpg
    199.7 KB
  • Image00120.jpg
    Image00120.jpg
    228.4 KB
Die verval van die plattelandse dorpe

Na die mooi van die vorige dae was dit weer terug aarde toe met die rit deur Philipstown en Petrusville. Die tweede slegs n klein bietjie minder vervalle as die eersgnoemde. Die eens mooi ou geboue is nou gekraak en bouvalig en al wat nog mooi is is die kerke.

Dink nie die Voortrekkers sal weer hier wil verby nie....

Die skool kinders probeer darem nog die plek opvrolik me vindingryke kunswerke, maar dit is n verlore stryd.

Gelukkig is die Vanderkloof dam en aangrensende dorpie darem naby en in beter kondisie.

De Aar en die olie

So kom ons toe ook op De Aar uit. In die aanloop daartoe het TK elke paar kilometres gestop en al meer van my witgoud (toilet papier) gebum om sy olie lesing na te gaan. Nogal n gedoente met die XR – maak warm, laat staan vir X aantal minute, check, etc.

Lang storie kort is dat die bike nog nuut is en dus so n bietjie olie gebruik. Die bike is gediens in Pretoria net voor die trip en n semi-sintetiese olie is ingegooi. Enigste probleem natuurlik is dat daardie olie’s (soos 19 duim Discovery 4X4 bande) nie in die platteland aangehou word nie. N belangrike les vir mense wat gaan toer in veraf of klein plekkies – gooi daardie fancy stront uit en gooi goeie ou mineraal olie in voordat jy ry.

Gelukkig loop n vroe oggend courier diens vanaf Bloem wat al die plaaslike besighede gebruil en n bestelling word geplaas vir die aflewering van die olie.

Vroeg die volgende oggend kom alles natuurlik aan behalwe die olie. Nadat TK klaar sy top geblaas het koop hy maar Magnatec olie om in te gooi en ons kan verder ry.       

Ek het die vorige aand ribbes (aai die ironie daarvan darem) by n restaurant geeet en feitlik die hele aand in die kleinhuis gespandeer. Herinner my aan die een ou wat vir n ander vra “Dobbel jy?” en die antwoord “Ja, elke keer as ek uiteet”. Uit rooi oe kyk ek TK aan en laat hom weet dat n BK of twee vandag langs die pad amper n uitgemaakte saak is.
 

Attachments

  • Image00127.jpg
    Image00127.jpg
    209.4 KB
  • Image00143.jpg
    Image00143.jpg
    236.9 KB
  • Image00124.jpg
    Image00124.jpg
    233.3 KB
  • Image00134.jpg
    Image00134.jpg
    199.5 KB
  • Image00135.jpg
    Image00135.jpg
    193.5 KB
Orania

Orania was altyd n mikpunt op hierdie trip en ek wou dit graag self besoek instede daarvan om n opinie te vorm uit ander mense se ervarings daarvan waarvan ek al gelees het.

Soos ou Elvis gesing het –

If I could be you, if you could be me
For just one hour, if we could find a way
To get inside each other's mind
If you could see you through my eyes
Instead your own ego I believe you'd be
I believe you'd be surprised to see
That you've been blind

Walk a mile in my shoes
just walk a mile in my shoes
Before you abuse, criticize and accuse
Then walk a mile in my shoes


Eerst verassing was dat die pad regby die dorpie verbyloop en voor ons inry stop ons eers by die Orania bordjie en rol ons moue op in afwagting. 

Eerste indrukke is van n skoon en netjiese dorp, met skole en al en met n vreemde liefde vir uiteenloopende standbeelde - Iere (die 4 suile) en koeksisters?

Volg die woonwa park bordjie af tot by die rivier en is ietwat uit die veld geslaan ten aanskoue van die "Die oewer hotel en spa". Duidelik die juweel in Orania se toerisme sektor beskik dit oor liefelike kamers en n uitstekende restaurant gelee op die groen banke van die Oranje rivier. Ek weet sommer dadelik dat ek vanaand hier gaan bly. Daar is ook lekker kamplek op die oewer vir die wat n tentjie wil opslaan.

Boek in, gooi die kit af en gaan ry stadig deur die doerp. Opmerklik hoe vriendelik almal groet, die seuns wat visstokke in hand op hul scooter koers kry rivier toe, die dogters en jong vroue wat sorgeloos rondstap, die pensionarisse op die stoep, die songebrande vuil werkers wat met die bakkie afgelaai word na n harde dag se arbeid en koers kies huis toe per voet, die mooi nuwe huise en die lelike ou huise, die duidelike inkomste verskil in dieselfde straat - dit alles is Orania.

Herinner my aan my jong (laer) middel klas dae en ek voel sommer gou tuis.As gevolg van mense se verskillende agtergronde en die politiek verbonde aan die plek sal almal dit natuurlik nie so aanvaar nie, maar dit is duidelik dat baie sweet al hier geval het in die 20 jaar sedert die dorp se ontstaan in 1991. Maar soos my Pa altyd se “Swaarkry is goed vir jou – dit bou karakter” so lyk dit my het die swaarkry Orania goed gedoen en is dit besig om van krag tot krag te gaan. 

   
Terug plaas toe

Die volgende dag ry ons so n laaste 60 km's van uitdagende grondpad terug plaas toe. Die pad is op baie plekke die ene sand of los gruis en telke male moet ek die oor draai om deur te kom en momentum te behou terwyl die dokter se woorde spook by my.

Dit is lekker om vir oulaas te stop en die vlaktes te geniet.

Uiteindelik kom ons om die laaste draai gery en by ons huisie aan na 1916 km van lekker ry en goeie herinneringe wat mens altyd sal bybly - soos enige avontuur moet.

Dankie dat julle saam gelees het
 

Attachments

  • Image00147.jpg
    Image00147.jpg
    193.2 KB
  • Image00149.jpg
    Image00149.jpg
    200.4 KB
  • Image00163.jpg
    Image00163.jpg
    232.8 KB
  • Image00166.jpg
    Image00166.jpg
    231.6 KB
  • Image00152.jpg
    Image00152.jpg
    198.3 KB
  • Image00156.jpg
    Image00156.jpg
    191.8 KB
  • Image00173.jpg
    Image00173.jpg
    263.9 KB
  • Image00183.jpg
    Image00183.jpg
    223 KB
  • Image00178.jpg
    Image00178.jpg
    235.3 KB
  • Image00189.jpg
    Image00189.jpg
    169.3 KB
Kykdaar said:
Frannarossi said:
Dit was 'n nice RR dankie :thumleft:

Dankie :thumleft:

Die ouens se nie te veel nie - het begin bekommerd raak  ;D

Gewag om meer te lees. Thanks vir 'n lekker storie. :thumleft:
 
Lekker trip Kykdaar  :thumleft:

Ek moet Orania nog besoek, eendag
 
Mooi Andre -Barney  :thumleft: Looks like the two of you had a great time --Did you take ear plugs with Barney --Jy weet Kykdaar kan snorrrrrrrrrrrrrrr like a Husqvarna Chain saw -- :peepwall:
 
blazes said:
Mooi Andre -Barney  :thumleft: Looks like the two of you had a great time --Did you take ear plugs with Barney --Jy weet Kykdaar kan snorrrrrrrrrrrrrrr like a Husqvarna Chain saw -- :peepwall:

Hahaha, he quickly found out.

Just like you did that night in Clarens when you pulled the Poltergeist move on me - you bastard ;D Wife still teases me about that one.

 
Heimer said:
Lekker trip Kykdaar  :thumleft:

Ek moet Orania nog besoek, eendag

Wees gaaf met die jong ontvangsdame by die hotel (sy is baie nice) want sy is ook sommer later die aand jou kelnerin by die restaurant ook.

O ja, die omie in die kombuis weet van steak maak - TK was so meegevoer dat hy hom persoonlik gaan bedank het
 
Dankie boetman,hierdie RR het werklik weer die herinneringe en seer agterent sommer weer van voor af hernu en beklemtoon. :thumleft:

Ek ruil net gou die olie in my fiets en daar gaan ons sommer alweer. :biggrin:  

My fiets is al so gewoond aan die lang paaie hy start sommer self as ek na hom toe aangeloop kom  :ricky:

Baie dankie vir die tyd wat jy aan hierdie ride report bestee het,ek voel half skaam vir die min tyd wat ek hieraan bestee het maar aan die ander kant het ek met tye aansienlik minder as jy op die trip geslaap ;D so dus is ons  nou half en half quits! :imaposer: :peepwall:

Welgedaan my maat,'n baie suksesvolle Karoo trippie was dit inderdaad en vir beter geselskap kon ek nie vra nie. :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 
blazes said:
Mooi Andre -Barney  :thumleft: Looks like the two of you had a great time --Did you take ear plugs with Barney --Jy weet Kykdaar kan snorrrrrrrrrrrrrrr like a Husqvarna Chain saw -- :peepwall:

Thanks Michael  :thumleft: no earplugs have yet been developed on this planet that could possibly be effective against the "Punisher"!!!  :imaposer:
 
Top