woody1
Bachelor Dog
- Joined
- May 21, 2012
- Messages
- 13,279
- Reaction score
- 2,170
- Location
- Riversdal Weskaap
- Bike
- Yamaha Super Tenere
So met 'n paar daggies verlof besluit ek sommer so dis nou tyd dat die pensionvretertjie opgradeer van parkie en minedump na plaaspad ry.
Ek en Sweisie sy ou boet het hom tou wys gemaak met die basies van fietsry by die gras parkie naby die huis. Daarna is hy so 3 keer na 'n minedump on bietjie te ry. Dus was hierdie sy EERSTE rit in die grootmens wereld.
So ons doen 'n vinnige navraag https://wilddog.net.za/forum/index.php?topic=170881.0 en Subie kom met die voorstel om Makaken Den toe te gaan.
Eers het ek gedink dis bietjie ver vir so 'n eerste trip, maar ons knyp oe toe en pak. Omdat hy nie op die pad mag ry met sy XT 125 nie laai ons toe maar die 2 fietse op die bakkie en daar gaan ons. Dankie Louis X vir die leen van die ramp..... ek dink hy moet sommer hier bly want ons sal sekerlik weer op so 'n trippie moet gaan binnekort.
Afgespreek om Subie in Naboomspruit te kry 12h00. Maar die man raak mos haastig en dus is hy al LAAAAAANKAL daar toe ons daar aankom by Sashas.
Na 'n vinnige bier is hy winkel toe vir die laaste paar goed en ons is slaghuis toe vir die vleis.