VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
:thumleft: :sip: Jou rowwe Bliksem. :biggrin:
 
Baie lekker lees RR. Regte avontuur waar bad luck ook saamgery het. :thumleft:
 
Wanneer laas het ons 'n lekker Suidwes RR gehad?  Dankie Visarende, ek ry lekker saam. :thumleft:
 
Wys jou...jy moenie op jou ouderdom dink jy is Evil Knieval nie :laughing4:
 
Vis Arend said:
Ek is uiteindelik op maar kry nie werklik die knie gebuig nie.  Ek laat hom maar so aan die kant afhang.  Ek vat die pyn en ruil die ratte vining tot 5de en hou hom daar.  Dis nog net so 60km tot by Helmeringhausen.  Ons ry sonder stop en Helemringhausen kan nie gou genoeg kom nie. 

Uiteinde het ons ‘n kamer en die vrou by die hotel bring ys om op die knie te sit.  Sy wil my sommer Luderitsz toe neem om die dr te sien.  En weier, sy gee my egter ander pynpille as die gewone panado wat ons het.  Ek lê op die bed met ‘n reguit knie, yssak op en daai pille klap my, ek raak aan die slaap en verggeet ek het pyn. 

Ons maak planne, gaan ons terugdraai of gaan ons aan.  Ek kan voel daars groot moeilikheid in daai knie.  Ek se vir die vrou ek sal in die oggend besluit of ons aangaan, ek sal dan kyk hoe ek voel en hoe die knie voel. 
Ons aandete is by die verblyf se kostes ingesluit, so ons eet soos properste toeriste daai aand.  Ons word bedien soos konings, ek sit net en eet, die knie kry rus.

EK lees baie lekker aan julle stories.

Die knie storie klink presies soos wat ons voorval was laasjaar April. Gly op die sement slab onder Naute Dam. Net omval teen loop pas. Maar voet hak vas en skeur ALC, MCL en alles mors-af. Dag 2 van 12 dag trip.

Nou nog aan rehab na ACL reconstruction. Hy is 'n basterd...

Sien uit na die res. Sal graag eendag saam met julle wil reis.
 
Dag 5.

So tussen 4 en 5 uur daai oggend word ek wakker, iemand hier buite is kwaad.  Die wind waai dat dit bars, dis net bome wat buig en ons vreet sand.  Vroulief raak ook wakker.  Ons vat die tent en die res van die kampgoed net so en gaan onderdak by die ablusie blok, daar waar hulle skottelgoed was.  Ons kruip daar weg en maak koffie so deur die sand en stof.  Ons sluk maar al om die sand en stof, die wat ons inkry sluk ons maar.  Intussen pak ons op, stof af wat ons kan en bêre die goed.  Ek weet nie hoe gaan ons ry in die wind nie, maar ry gaan ons ry, ek bly nie nog ‘n dag hier nie. 

Ek en vroulief het gisteraand lekker gesels.  Ons oorspronklike plan was om hier om te draai en weer terug suide toe, net ander rigting, Betta se kant en dan oor Ooste se kant toe na die Kalahari waar ons vriendin die plaas het.  Die paaie terug op die oorspronklike plan het egter so paar tegniese stukke ingehad.  Ons het saamgestem dit gaan nie werk vir my knie wat nie beter raak nie.  Aan die ander kant, ons is hier, ons moet omdraai en wat sal die beste wees.  Ons het besluit op die korste roete terug na ons vriendin op die plaas.  Daar kan ek ‘n dag of wat rus voordat ons die pad weer terug aanpak.   

Die roete dus vandag is van  Solitaire, oor Remhoogte, dan op die D1261 tot waar die pad split, dan nogsteeds op die D1261 tot by die T aansluiting, links met die C24 tot by Rehoboth.  Vandaar die teerpad tot by Mariental. 

Ons is gepak, dis weer ‘n gesukkel bedryf, maar ek is op en tyd om die wind te trotseer.  Ons ry so entjie terug suid tot by die afdraai na Remhoogte, die wind slaan ons van die linker kant.  Smaak ons ons ry reguit om ‘n draai.  Ons vat dit maar stadig, soek nie nou moeilikheid nie. 
By die afdraai ry ons direk in die wind, en natuurlik binne in die son in.  Gelukkig los daai wind ons toe ons in die berge inry, hy is nog effe daar maar dis aanvaarbaar. 


 

Attachments

  • 1.jpg
    1.jpg
    80.1 KB
  • 3.jpg
    3.jpg
    193.5 KB
  • 4.jpg
    4.jpg
    257.9 KB
  • 5.jpg
    5.jpg
    260.9 KB
  • 6.jpg
    6.jpg
    256.7 KB
  • 7 (2).jpg
    7 (2).jpg
    270.2 KB
  • 7.jpg
    7.jpg
    229.2 KB
  • 8.jpg
    8.jpg
    200.3 KB
  • kaart.jpg
    kaart.jpg
    156 KB
Ons ry deur Remshoogte, sien waar die water so week of wat terug gevloei en amok gemaak het, maar die paaie is reeds reggemaak.  Ons geniet dit hier tussen die berge, op en af, links en regs, dis te lekker.  Ons sien Gemsbokke, springbokke, duikers en zebras.  Hulle lyk vet en gesond.  Die pad is mooi, net so bietjie konsentreer deur van die driffies.  Vroulief geniet dit terdee, ek sien aan haar ryery en kan dit in haar stem hoor.  Ons het ‘n lied in ons hart.  Vir ‘n wyle is die knieg vergete. 

Kort voor lank is ons deur en oor Remhoogte, nou oppad Rehoboth toe.  Die pad raak werk, hier was lanklaas geskraap, die sand le dik op die pad.  Ons staan en gee vet waar ons kan.  Ek kannie te lank staan nie, ek ry so sit sit deur die sand.  Ons kry oefening in en het ek gesê, dis moer warm hier vroeg in die oggend.  Ons het so paar “k@k in die broek” oomblikke en vat dit stadiger, wil tog nie nou weer val nie.  Hier op middagete ry ons Rehoboth in, arms is moeg, ons is gesweet, ons is honger.  Daai vleis van gisteraand wou ons langs die pad eet maar toe ons die sak oopmaak toe ruik die storie nie reg vir my nie. 


 

Attachments

  • 9.jpg
    9.jpg
    258.7 KB
  • 15.jpg
    15.jpg
    300.5 KB
  • 14.jpg
    14.jpg
    287.1 KB
  • 13.jpg
    13.jpg
    226.1 KB
  • 12.jpg
    12.jpg
    254.8 KB
  • 11.jpg
    11.jpg
    238.1 KB
  • 10.jpg
    10.jpg
    257.4 KB
  • 8 (2).jpg
    8 (2).jpg
    276.5 KB
:biggrin:
 

Attachments

  • 18.jpg
    18.jpg
    297.1 KB
  • 22.jpg
    22.jpg
    191 KB
  • 21.jpg
    21.jpg
    255.8 KB
  • 20.jpg
    20.jpg
    211.4 KB
  • 19 (2).jpg
    19 (2).jpg
    222.9 KB
  • 17.jpg
    17.jpg
    279.5 KB
  • 16.jpg
    16.jpg
    298.8 KB
  • 19.jpg
    19.jpg
    243.5 KB
:biggrin:

 

Attachments

  • 27.jpg
    27.jpg
    191.3 KB
  • 29.jpg
    29.jpg
    201.5 KB
  • 28.jpg
    28.jpg
    192.1 KB
  • 26.jpg
    26.jpg
    185.9 KB
  • 25.jpg
    25.jpg
    180.2 KB
  • 24.jpg
    24.jpg
    157.9 KB
  • 23.jpg
    23.jpg
    181.8 KB
Rehoboth tap ons petrol en koop garage pies en ‘n yskoue koeldrank.  So tussen die etery sien ek ‘n hondtjie onder ‘n kar se skaduwee en slaap.  Ek fluit en die hond kom aangewaggel, tette hang amper op die grond.  Ons haal daai padkos vleis uit en voer die arme ding.  Hel man, die hond vriet te lekker.  So met die laaste stuk vleis wat ons haar gee kom, wie seker haar maatjie is, daar aan gedraf en kyk met leep oë, nou waar is my stuk vleis dan nou.  Vroulief loop winkel toe en kom terug met ‘n jumbo russian.  Ek sweer daai russian was groter as die hond.  Op die ou end van die dag dink ek die twee het met ‘n lekker vol magie hulle middag siesta gehad. 

Klaar geeët toe pak ons die laaste moordende 180km teerpad op die B1 na Mariental.  Mens, dit was warm, jy sukkel om asem te kry.  Ek het intussen weer een van daai sterk pynpille gedrink.  Die wou ook nie meer help nie en ek was te bang om ‘n tweede een te sluk.  Ons het maar baie gestop en die knie soveel as moontlik laat rus en terselfde tyd baie vog ingeneem. 
Daai 180km het soos ‘n ewigheid gevoel, maar ons het vasgebyt en in Mariental by die Riverside lodge ingeboek.  Vannaand slaap daai knie op ‘n bed, nie op die grond nie. 

Riverside lodge is ‘n lekker oornag plek, regte plaas atmosfeer en as ‘n bonus is daar ‘n eetplekkie by sy ingang by die naam van Padlangs.  Dis die moeite werd om daar te gaan kuier en te eet, vriendelike sout van die aarde se mense.    Ons het ons aand daar geniet en terug by ons kamer ‘n heerlike nagrus onder die aircon gehad. 


 

Attachments

  • 30.jpg
    30.jpg
    220.9 KB
  • 31.jpg
    31.jpg
    190.4 KB
  • 32.jpg
    32.jpg
    161 KB
  • 33.jpg
    33.jpg
    199.3 KB
  • 34.jpg
    34.jpg
    176.2 KB
  • 35.jpg
    35.jpg
    139.1 KB
Is Pascal die Amerikaaner nog die eienaar van Solitaire? Hy het gou die pryse verhoog in die tyd na hy dit gekoop het, so 6 of 7 jaar terug. Destyds het hy al gepraat van die kamplek wat verbeter sou word. Lyk my hy het die storie vergeet ...
 
Hoekom is ek altyd honger na ek een van julle RR's gelees het?!! ;) :peepwall:

Smaak my Remhoogte word ook nou bakstene gegooi vir die Avis karretjies. :(

Volgende keer as julle weer vandaar na Mariental moet ry draai regs aan bopunt van Remhoogte en hou verby Lepelstore en regs by die T junction na hom en later n links rigting Schlip. Wanner julle dan die B1 T het julle net 40 kilos oor Mariental toe op teer. :thumleft:

Hoop die reen het vir daai klein perdjie betyds kos gebring. :(
 
Ek kan glad nie "adventure biking" trip doen saam met iemand wat ek voor lief is nie. Elke slegte stukkie pad
en my senuwees is klaar. Ek kyk so in die spieeltjie of hulle oraait is dat ekself amper val. Het dit n paar keer met my vrou en seun probeer
maar het dit glad nie geniet nie. Uitmergelende besigheid  :xxbah:
 
Ian in Great Brak River said:
Is Pascal die Amerikaaner nog die eienaar van Solitaire? Hy het gou die pryse verhoog in die tyd na hy dit gekoop het, so 6 of 7 jaar terug. Destyds het hy al gepraat van die kamplek wat verbeter sou word. Lyk my hy het die storie vergeet ...

Ek weet glad nie wie die eienaar is nie, het net die baster vrouens agter die toonbank gekry.  Ek weet net hulle sal hulle storie agtermekaar moet kry.  :deal:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Hoekom is ek altyd honger na ek een van julle RR's gelees het?!! ;) :peepwall:

Smaak my Remhoogte word ook nou bakstene gegooi vir die Avis karretjies. :(

Volgende keer as julle weer vandaar na Mariental moet ry draai regs aan bopunt van Remhoogte en hou verby Lepelstore en regs by die T junction na hom en later n links rigting Schlip. Wanner julle dan die B1 T het julle net 40 kilos oor Mariental toe op teer. :thumleft:

Hoop die reen het vir daai klein perdjie betyds kos gebring. :(

Dankie Chris, ken daai pad, maar ons het reeds die "maklike" pad terug gesoek oor die knieg bedryf.  Ek het reeds nie daai pad gekies nie wnt daai stuk tussen Lepel/Schlip is gewoonlik hondkak, baie los sand en klip.  Maar daai pad bring jou so 10km voor Kalkrand uit, nog so 80km Mariental toe. 
Die een oor Klein Aub is net so verkak. 

Was ook verbaas oor daai bakstene,en Remshoogte is nie eens styl nie.  :eek7:
 
Top