Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
verlang na my PE250.

Iemand of iets het mooi na my gekyk dat ek my PE250 oorleef het, veral omdat in matriek het mens nie veel dissipline in jou regterhand!!! ;) :lol8:
 
Lekker om die swerwinge hier te lees.
Jis ons strate is so vol mense, kinners en honne dis amper gevaarlik om trapfiets te ry... :lol8:
 
Kobus, Moes julle n skelm paadjie na die dam toe vat of kan mens met gewone pad ry? T4A wys n hek wat gesluit is.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
GravelFox said:
Kobus, Moes julle n skelm paadjie na die dam toe vat of kan mens met gewone pad ry? T4A wys n hek wat gesluit is.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi GravelFox,

Ek het al daai hek oop gekry en in gery, maar jy ry jou gou in ‘n 2de hek vas waar daar sekuriteit is.  Baie lank terug het ons met mooi vra tot by die dam wal gery.  Sal die foto soek.

Die keer moes ons die skelm paadjie net voor die hek vat.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dankie Kobus. Weet nie hoekom word ons altyd ontneem van die mooi spots nie. Sal ook eendag probeer om in te kom. Lyk of draai proses n effort is met die alternatiewe paadjie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Vir wie of wat gee daai dam water Kobus?
Chris dit is die munisipale voorsiening vir Mosselbaai asook industriële voorsiening vir Mossgas, oftewel PetroSA.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
GravelFox said:
Dankie Kobus. Weet nie hoekom word ons altyd ontneem van die mooi spots nie. Sal ook eendag probeer om in te kom. Lyk of draai proses n effort is met die alternatiewe paadjie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy kan hoër op in die paadjie stop en dan net bietjie verder loop.  Omdat ons met die klein fietse daar was het ons maar gekyk hoe ver ons kan ry.

Daar is ‘n ander dam op ‘n nog skelmer paadjie wat selfs mooier is.  Sal hom gaan besoek en jou hier kom vertel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
bud500 said:
Lekker om die swerwinge hier te lees.
Jis ons strate is so vol mense, kinners en honne dis amper gevaarlik om trapfiets te ry... :lol8:
Dankie Deon, hier gaan dit net so rof in daai 3 uur periode.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ek het daai dam gesien toe ek in Maart Kaap toe gevlieg het. Nogals mooi gelyk. Kon hom nie heeltemal plaas nie maar sy wal het wes gesit. Dalk Klipheuwel?


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
GravelFox said:
Ek het daai dam gesien toe ek in Maart Kaap toe gevlieg het. Nogals mooi gelyk. Kon hom nie heeltemal plaas nie maar sy wal het wes gesit. Dalk Klipheuwel?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Gaan bietjie moet dink oor wat sy naam is.  Hier is waar ons ander kant in was.

 

Attachments

  • D4A6814B-4EFE-4FF2-99ED-28A46D74FBA7.jpeg
    D4A6814B-4EFE-4FF2-99ED-28A46D74FBA7.jpeg
    190.7 KB
Tx. Hier lyk dam ook lekker vol.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Het hierdie stukkie video gekry van 15 jaar terug.  Ek en Sean het daai tyd altwee splinternuwe KDX200’s gekoop. 

GMX (George Motorcycles Xcessories) is deur Amore en Ivo Henry-Leyte besit.  Ivo het self ‘n KDX gery en het geweet presies hoe om hulle te tune.  Al ons spaargeld is destyds aan hom geskenk elke maand einde.

Goeie tye gewees.

[youtube]https://youtu.be/aUboWf4_mHY[/youtube]
 
Dorsland se stukkie ry van gister maak my opnuut lus vir pad vat.  Daar is iets omtrent die inperking wat my herinner aan skelm rook.  Alles wat jy so half onwettig doen het mos daai bietjie meer oowinding aan.

So is ek vanoggend vroeg uit die vere, gaan haal die motorfiets en skiet die donker in.  Dis net na 06h00 en daar is die vroeg opstaners wat al die strate ingevaar het vir hulle oggend oefening.

Ek vermy die hoofstrate en ry deur Heatherpark vir die kort entjie op die N9 om op die Montagu pas te kom.

Die ligte berg wind in die pas sorg vir ‘n warm 23 grade Celsius.  Soos die dag breek gaan ek verby twee manne op berg fietse. 

Bo op die pas stop ek eers om terug te kyk na my tuisdorp.

892523ef01802f9d628639f27c505405.jpg



97ad473b649ad4439cb8697d354d7125.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
En so, een vir een, stuur ons die grendelnonsens in sy moer in.  Lekker Kobus, dis nog 'n pas daai wat ek elke keer as ek daar verbyry, lus kry om hom te ry maar nog nooit so vêr gekom het nie.  Dalk as ek my fiets afbring George toe vir 'n diens ry ek hom. 

Daai fiets van joune lyk blerrie mooi jong.  :thumleft:
 
Ek ry met geen bestemming in gedagte nie en besluit ek gaan net tot daar waar ek genoë voel. 

Ander kant die berg koel dit vinnig af en kort voor lank is dit 8 grade Celsius.  Die son wil wil sy verskyning maak en ek moet vinnig stop vir ‘n foto of twee aangesien ek nog nie daar is waar ek die son wil sien opkom nie.

dc18e510f27fd26b4eaf740e9cc9a4a1.jpg


f1a70c924f7ddc319ecb194f4686a690.jpg



361bf0e06a6d96ac6aee6ca9d32c8861.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Sodra ‘n mens deur Paardepoort gaan, maak die wêreld oop.  Die stukkie Klein Karoo is nou al vir ‘n paar jaar bitter droog, maar bly vir my uniek mooi.

Dis toe ook nie lank nie voor ek ‘n stof wolk sien.  Eers dog ek dis een van die boere maar sien of hoor nie ‘n bakkie nie.  Die son begin stadig sy verkyning maak en ek sien dis ‘n trop volstruise wat so stof opskop.

Ek ry dadelik stadig aangesien die stomme voëls mos lank aanhou hardloop al is jy reeds verby.  Die dorre lande, groot voëls, stof en son wat opkom sorg vir die perfekte prentjie en ek stop net daar.

5e2d1ee39f5bcecdda6b21b2ea3bb9f3.jpg


9700d7627ea7abdd7ed98de8abb0dff1.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Tensy daai roete as !GEHEIM! geklassifiseerd is, mag jy dit gerus met ons deel.  :peepwall: :lol8:  Dit die Heimersrivierpad?
 
Met die wat ek stil staan, kom die nuuskierige voëls al nader om te kyk waarmee ek besig is. 

597467efc7675cac5da2f83118d516a6.jpg


Vir ‘n lang ruk staan ek net daar in die middel van nêrens en neem die rustigheid en klank van die Klein Karoo in.

[youtube]https://youtu.be/dSqVpgXZAwk[/youtube]

Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Vir ‘n rukkie maak ek bietjie bek met die groot voëls maar hulle is straks ingenome met my geselskap. 

0a49b68b58e862dbb8d90e43a01ea64e.jpg



Dit was ‘n kort stukkie ry, maar ek het my genoë punt bereik en draai net daar om en is weer berg af.

Dit is mooi om te sien hoe ons berge herstel na die verskriklike brande.

a5b05672e3416ec7235a42c4e28f277a.jpg



Met die fiets terug in die werkswinkel stop ek eers om ‘m bos blomme op te tel vir die seuns dat hulle vir hul Ma kan gee.  Voor nege is ek terug by die huis en weet sommer dit gaan ‘n lekker dag wees.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top