Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Lekke gym session, more gaan jy jou ouderdom voel!! ;) :lol8: :deal:
 
Na ‘n frustrerende week is die kop weer skoon.

Meer fotos ‘n bietjie later .......

25aa5d50de3c1165acef8c3f3734564c.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Die laaste week het so bietjie meer as 160mm reën hier by ons geval.  Die meeste daarvan was sommer in die eerste paar dae en toe begin val daai geel perske reën wat net nie wil ophou nie. 

Gister was die eerste dag wat dit bietjie opgehou het en ek kon kans kry om darem die gras sny.

Vanoggend sit ek buite so 04h45 en ek het ‘n glinster van hoop toe ek die blou lug so deur die donker sien kom.  Ek is ‘n somer mens en my gemoed is sommer hoog as die son skyn.

Teen die tyd dat ek werk toe ry is daar ewe skielik weer onweer.  Gelukkig is dit net mis en hier teen 09h00 begin die blou lug weer kop uitsteek.

Ek jaag om nog ‘n paar goed gedoen te kry en teen  net voor 11 maak ek die bike se tenk vol.

Ouder gewoonte weet ek nie regtig waarheen ek op pad is nie, ek weet net ek MOET nou ry.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Gewoonlik kies ek koers Klein Karoo, oor Montagu pas, maar besluit om vandag Geelhoutboom se rigting te gaan.

Na die reën is die plaas damme almal vol en die riviere loop nog sterk.  Die damme wat nie vol is nie, is natuurlik die boere se eie skuld.  Soos die ou regering, het hulle die goed eenvoudig net te groot gebou. [emoji6]

Ek stop by ‘n plaas wat opvallend netjies is, tot in die pad reserwe. 

9cc6e1ea8c8f616836355089a47ec6da.jpg


Dit is natuurlik die perde stoet plaas van Hasso en Sabine Plattner, eienaars van Fancourt.

Baie jare terug het ek baie werk op daai plaas gedoen en ‘n pyp lyn van uit die berg tot in ‘n nuwe reservoir gelê.  Ek kan ‘n boek skryf oor dit, maar sal dit nie nou doen nie.  Wonder wat het van Jan Mantel, die plaas bestuurder geword?


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Kobus Myburgh said:
Na ‘n frustrerende week is die kop weer skoon.

Meer fotos ‘n bietjie later .......

25aa5d50de3c1165acef8c3f3734564c.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
Lekker oppad Eiland toe. Haat daai bruggie met die Amarok.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ek stop kort kort om net die mooi vir so lank as moontlik in te neem.

ccbbe5aca06fcb1bc33353057a4fdfbe.jpg
0b4a6f0c19fa5e99b00ab378d3c40c69.jpg
22612d00bc6272ece102c7c075a12246.jpg


Wanneer ‘n mens alleen ry moet ‘n ou maar probeer plan maak om bike en ryer saam in ‘n foto te kry.

8bfded52e31c631428ff38b277895b87.jpg


Ek verken nog so bietjie rondom die berge voor ek koers kies kus toe.  Daar is ‘n paar plekke wat ek so in die ry besluit om te gaan sien.

546ee427d671a8c43cbdb0519895ed1d.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
GravelFox said:
Kobus Myburgh said:
Na ‘n frustrerende week is die kop weer skoon.

Meer fotos ‘n bietjie later .......

25aa5d50de3c1165acef8c3f3734564c.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
Lekker oppad Eiland toe. Haat daai bruggie met die Amarok.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Dit is nogal intimiderend met ‘n Amarok. [emoji23]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ek besoek al die plekke wat ek lanklaas by was, van hulle selfs jare.

dc8c7e1e8131393fdd4d7405c879cb7c.jpg


64a6dbc5683ce7b912fc4e4dc3cc8671.jpg


d900310b7c712a7edcaf4d450665cc9a.jpg


40a5c0ccd89b4b05b1eb27dc077cd945.jpg


Ek breek weer weg van die kus om nog grondpaaie op te soek.

dc983be71b86b74698046520908dda9d.jpg


46a83ea72ebc95eecaba92fa0fcae25c.jpg


a70e375cee915eb3646d4d5a56663f86.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Na ‘n goeie dosis grondpaaie maak ek my laaste draai by die volgende stukkie kus lyn.

973bafff8e9e53c479b96575d2e0976d.jpg


a2df396a80224ce0c2ff8d3c29c9661f.jpg


7219c355dce6d4cdd4d92e92d6fe3317.jpg


En nou voel ek weer mens, reg vir die naweek en familie tyd.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Lyk baie lekker en mooi fotos. Die Suid Kaap is darem net lekker bike wêreld. Op teer en grond!


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ons is oor 'n week in jou wereld om bietjie vakansie te hou.
Ek wens ek kon my bike saam vat.
Sal dit vreelik geniet om daar rond te ry.
 
Fase 5 raak fase 4 eergister en al wat leef en beef is ewe skielik atlete.  My vroutjie is een van hulle en toe sy terug kom van die stappie af hoor ek net hoe besig dit is.  Ek brand om uit te kom en besluit ek sal maar die volgende oggend die strate invaar.

Hier by ons is sonsopkoms tans net na 7 uur.  Dis ‘n hele uur na die begin tyd wat ons regering ons toelaat met die nuwe klok reël.

Ek brand om op 2 wiele te kom en so 05h50 val ek In die pad.  Dis nou wel nie ‘n motorfiets nie, maar die bergfiets moet maar vir nou doen.

So is ek maar In die donker die natuurl in om die skares te vermy.

576055fc081b4b52dca445c9bb923c75.jpg


9b501202be99aaade6e3b63bdad00319.jpg


Selfs daai tyd van die oggend is ek nie alleen nie en die storie van binne 5km van jou bly plek oefen word obviously sommer ignoreer.  Heel paar voertuie staan geparkeer soos die manne dam toe ry om in die natuur te kom.  Dit pla my min, ek glo dis hoog tyd dat mense die simpel besluite begin in twyfel trek.

In elk geval, ‘n lekker 18km later is ek terug by die huis met herinneringe van ons mooie natuur.

En natuurlik maak dit my opnuut weer lus vir bike ry.  Ek besluit net daar, come hell or high water, môre oggend gaan ek bike ry.

f038d0d7229e66a142148cda0f39cc6c.jpg


d3f9f993d05e896878ecf829a6aa8904.jpg


06d27318558eaf312d152955e80f7ad1.jpg


8e77f1c3a740316848ef444cd9e42330.jpg


78566f27ba41db7110695c7363e9d3e2.jpg


e3f7d93ed4c2158784195daabbeaf939.jpg

298891735e29426f5ea9ecab5c2beb8c.jpg


8d7495f3703aac2b8a09a60f2a41a1b4.jpg


3e1a5ba87554aade69df39b100694d32.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
So word daar dan gister met neef gereel dat ons mekaar 05h30 by die workshop kry.  Eers word ek herinner dat dit gaan reën, waarop ek net reageer ‘En?’

Ek is so 04h00 wakker en sit oudergewoonte op die stoep met ‘n koppie koffie.  Dit reën nog nie en ek is sommer vol hoop.  Toe die tyd kom spring ek in die bakkie en ry workshop toe.  Die laaste 1.5km ry ek in die reën.  Ons besluit dat dit ons nie gaan keer nie en spring in ons kit, start die bikes en ‘n paar minute later maak ons bikes vol.  Klaar sopnat maar opgewonde.

Ek sukkel om voor my te sien agv ‘n kombinasie van die verskoning vir ‘n voor lig op die ER en ‘n helmet wat opwasem.  Ons byt maar vas en stoot aan.  Ons verander ons roete na ‘n paar kilos in die hoop om minder reën te kry.

Die nommerplaat op die 250L kom los en ons stop eers om die af te haal.  Ek los hom sommer daar onder ‘n bos dat ons hom later kan gaan optel.

Neef is nou voor en lê plat rigting Groot Brak Rivier.  Ek jaag om hom te vang om hom gou die dam te gaan wys, hy was nog nie daar nie.

Die hek is egter gesluit maar daar is so skelm paadjie wat jou af vat tot by een van die opmetings bakens.  Die mis reën is amper nou niks en ons daal af in die twee spoor paadjie tot waar ons nie meer kan nie.

Die Wolwedans dam se vlak lyk ook nie te sleg nie.

34b04e62d21428dac0bb261c9389d638.jpg


a29305a3fac9fc931dac2775f2050dc0.jpg


29c4ad939864ff81e9c6bbe9ef6f8202.jpg


b8cc20829410321f7e5102b4bce8c980.jpg


Ons help mekaar om die bikes om te draai en moet bietjie werk om die nat paadjie bult uit op te kom.

015f726f2ec495ba30cd1b1c8ea9078b.jpg


bb8bbb3d914d8820d70c310829f28861.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
In Groot Brak oorval die lus vir koffie ons en ons stop gou by die garage.  Nie lank nie en ons val weer in die pad, behoorlik nat tot op die been teen die tyd.

Ons klim Grootbrak hoogte uit en ry tussen Botlierskop se grens drade vir ‘n hele ent.  Onder by die garage het ons bikes geruil en ek is op die 250L.  Daar is ‘n klap geluid wat ek nie van hou nie en kan net nie agterkom waar dit vandaan kom nie.  Vir ‘n oomblik dink ek dit is seker maar die toolkit wat so skud.  Dit raak egter erger en so in die ry voel ek aan die exhaust.  Aah, die silencer is die culprit!

Daar word ondersoek ingestel en gevind dat die moer verloor het.  Dis nou net die los bout wat hom in plek hou.  Eish!  Ek stap teen die draad af en kry ‘n stuk los draad, maar dis dik staal draad wat moeilik buig.

Ons krap krap onder die ER se seat op soek na ‘n tang en kry een in sy toolkit.  Met die sien ons egter dat die se seat strap vasgehou word met ‘n 8mm moer.  Nou ja, toe red die ou bike ons sommer binne ‘n oogwink.

Ek het al op slegter plekke moeilikheid gehad. [emoji6]

66aafbb074b0eb4b5a465bb2b484ed52.jpg


05b48f31ccb7c9da86e65e42b0299c0e.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dit begin weer lekker reën en ons besluit om ons laaste draai te ry.  Die pad raak snot glad en die 250L hanteer dit nie te goed nie.  Ek kom eers later agter dat ek die voor wiel ‘n paar dae vroeër hard gepomp het vir pad gebruik.

Ek dink nie ek het al so baie amper geval soos in daai laaste stukkie pad nie, maar natuurlik was die dice aan. [emoji16]

Ons stop eers toe ons naby die teerpad kom waar ons goed vir mekaar se amper neerslet oomblikke lag.

419836fb893228c0045a7b45bae349c8.jpg


5a1304620d23cc5ca8df331ed2075a77.jpg


28307ab7dc06b89188911cac3791bc57.jpg


af7c26328067f5e9c3f2ba52db7d83f3.jpg


8503d739ab40148eb9a90aa3018fe84b.jpg


Daar vandaan is ons reguit terug workshop toe, alles wat nat is opgehang en eers koffie gedrink voor ons terug is na ons onderskeie selle.  My kop is nou weer skoon en die week kan maar sy uitdagings bring. 

Lockdown se gat - veilig in ‘n valhelm! [emoji1591]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ai daai ou ER het dit seker geniet om n slag die jongers te wys wat hy kan doen!! :thumleft: :drif:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Ai daai ou ER het dit seker geniet om n slag die jongers te wys wat hy kan doen!! :thumleft: :drif:
Jinne Chris hy het my beslis verbaas.  Dit het my verskriklik maak verlang na my PE250.  Die PE was net baie wilder as die ER.

Die krag lewering van die ER is verbasend egalig.  Geen resies perd nie en 100km/h maksimum, maar hy sukkel nie te veel om daar uit te kom nie. 

Alhoewel die meeste skrywe wat ek kon kry hom geag het as ‘n road tourer, is sy grondpad vermoë glad nie sleg nie.  Mens kry ‘n betroubare gevoel met die fiets omdat dit voel asof die motor nie te hard werk nie.

Nou om hom weer mooi te kry. [emoji51]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top