Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
So moet n 690 lyk,dit is n baie mooi fiets,sal nie omgee om hom te he vir op die plaas nie :ricky:
 
Dorsland said:
Ek kon nog nooit verstaan hoekom sommige mense nie oorskiet braaivleis wil eet nie.  Ek braai altyd altyd altyd wors saam die ander vleis spesifiek om dit more te kan eet.  Dis die lekkerste!

Jou fiets lyk mooi jong maar die bure dink seker nie hy klink so lekker nie  :lol8:
Daai fiets lyk mooi so buite in die veld,te veel fietse staan net in die waenhuis want die manne wil net ry wanneer dit gereel,beplan en in 'n groep is.
Ai, die wors "trek" lekker geur as dit so oornag staan.
Nou wil ek brain! :thumleft:
 
What a 690 was bazinga se fiets.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dankie vir die saam lees en komplimente oor die fiets kêrels.

Mikelawry, korrek, dit was Bazinga se fiets.

BikerJan, volgende keer kom maak ek jou wakker.


In plaas van om 'n RR te skryf vir elke uur of drie se draai ry, gaan ek sommer so aan las op die report, sommer so kort verhale besigheid. 

And apologies to the english readers, this is going to be in the moeders taal.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
In die week laat weet vroutjie dat die seuns 'n verjaardag partytjie aan het die Saterdag.

Nou vir die van julle wat nie weet nie, kinder verjaardag partytjies hier in Gauteng is 20x groter as wat my 21ste ooit was, selfs al was dit op dieselfde dag as die 1995 World Cup final!

Nou ja, dit beteken dat ek en vroutjie 'n bietjie alleen tyd gaan hê, aangesien, teenstrydig met die norm, daar die keer geen ouers betrokke is nie.

Nou moet ek egter die bobbejaan agter die bult gaan haal om die situasie te verduidelik.

My vrou en bikes:

Nie 'n groot liefde daarvoor nie, punt.

Rede:  Sy het my geleer ken op ouderdom 22 met 'n kar.  Ten tye het ek nog geswot.  Toe sy my weer sien het ek noodgedwonge my kar verkoop en 'n Suzuki PE 250 gery om te kan klaar swot.  Sy moes oral saam met my karring agter op daai fiets, sonder lisensie vir eienaar of fiets.

Ek het haar selfs probeer leer ry op daai einste PE en toe sy eers aan die gang kom, ek agter af spring en toe eers besef ek het nooit sover gekom om haar te leer stop nie, nou ja, nodeloos om te sê, sy het my en die hele bike besigheid in ons moer gestuur.  Ek kon darem weer vrede maak (lees gatkruip), die bike was nie so gelukkig nie.


Die ander ding is, glo dit as jy kan, in die 9 jaar wat ons oudste seun nou al in ons lewe is, was ons nog nooit alleen sonder die twee seuns nie!



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Hierdie las lappie kan werk. Epic trips is baie sulke dae agter mekaar.
 
So toe die nuus deur kom was die WhatsApp gesprekkie kort:

"I'm taking you for a bike ride tomorrow when the boys are away.  How long do we have?"

Tot my verbasing:

"Lekker.  ..whole afternoon....until 4ish I reckon...[emoji965][emoji965]"

Gevolg deur:

"U know tomorrow max temp is 11deg...[emoji15]"

En:

"[emoji57] Fortunately you have a jacket and boots. [emoji12]"

En toe kom Saterdag. 

Vroutjie gaan laai die kinders af en drink eers koffie en al daai dingetjies terwyl ek in die garage karring.  Dit reën buite en is blerrie koud.

Uiteindelik kom sy terug en my verwagting is dat hierdie bike ryery vanoggend al momentum verloor het.

Groot is my verbasing toe sy vra of ons nou gaan ry of wat?  Nog nooit het ek 'n spanner so vinnig op sy plek gesit nie en ons is in ons pret pakkies, reg vir aksie!

Dit was beslis 'n dag van eerstes, aangesien ek ook nog nooit regtig ge-pillion het sedert die PE 250 dae nie.  Ek vra haar om net te ontspan en alles te doen wat ek doen, en so trek ons weg.

Ek het weer geen idee waantoe ons gaan nie en besluit om haar te gaan wys waar ek verlede naweek die fotos geneem het.

Die eerste stukkie pad vind ek myself hopeloos te windgat ry en besef meteens ek is nou soos 'n jong lat wat sy cherry probeer impress met sy riding skills!  Toe ek eers voel hoe hard daai handjies hier om my lyf vas hou besef ek ek is nou sommer besig om dit op te donner.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
So begin ons rustig ry en ek kan voel hoe vroutjie begin ontspan.

Ons slaan die eerste stukkie grondpad en ek voel weer daai hande klou, al ry ek baie rustig.

Dit het heelwat gereen en die pad is glad.  Ek besluit dat dit nie die risiko werd is nie en soek weer die teerpad op.

Dit is ysig koud op die bike en kort kort ry ons in 'n vlaag reen.  Tyd vir stop en fotos neem is daar ongelukkig nie.  Op die stadium ry ons rigting Delmas.

Ek swaai links en slaan rigting Cullinan in.  Hoe verder ons ry, hoe kouer en natter raak dit.

En so kom ons aan in Cullinan waar ons by die Cockpit Brewhouse stop om net eers te ontdooi.

So eet ons iets en ek drink 'n local craft bier.  Vroutjie drink koffie en haal nooit daai hande van die beker af nie.

f8feb73aa1f8a59b4a7b2374d7b18c39.jpg


5fd68764c2e067f36bcb050697fa7504.jpg


Jonathan Martin maak musiek in die agtergrond en ons geniet dit terdee terwyl ons die alleen tyd geniet.

923afc36f4c215b7e5c675d8ffe0985d.jpg


En toe is dit huis toe, met nog reen en koue op die pad.

By die huis gekom na so 200km round trippie, vra ek haar of dit vir haar lekker was en of ons dit weer gaan doen.  Haar antwoord was 'n besliste 'Ja', maar nie weer in dieselfde weersomstandighede nie!

Dit was voorwaar lekker om 'n slag my vroutjie deel te maak van die tyd verdryf waarvoor ek so lief is, en sien uit na nog baie sulke kort verhale. [emoji1303]

5975f86b5c114a31a0a63f41ed2f9ec1.jpg


(Sy bliksem my as ek weet ek sit haar foto op Wilddogs!)


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Lekker, ek hoop julle ry nog baie saam, hoop net julle het beter weer. :ricky:
 
Hierdie is by verre die mooiste thumper op die forum!! [emoji106] [emoji448]

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

 
Dankie vir die deel Kobus en vir die mooi foto's.

Ek teken beslis ook in op hierdie draad en ry maar op my sleutelbord saam wanneer mamma my naweke hok.
 
Gepak vir 'n oorslaap uitstappie.  Sal fotos opsit as ek terug is môre.

c25a81589859207078dd4c0baae9f261.jpg


27b1d22c36f8066d2db9deb553eb6b1d.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Daai Blizzards lyk goed op jou bike. :thumleft: Laat my weet hoe hulle vir jou werk. :deal:

As n vrou vir n lank op n PE 250 saamry het sy wilskrag................................sy wil jou hê :deal: :thumleft:
Die girls wat ek in matriek op my PE 250 gelaai het het net een keer saam gery. :(
 
Kobus hoeveel goed kan jy in daai blizzards van jou kry? Ek neem aan jyt die L grote blizzards?

As jy tyd kry, neem bietjie n paar fotos van hoe hulle vas maak ens.
 
Veilig waar ek moet wees.


3dc86b1288a6ead4b3d9b096e681d09d.jpg




Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Spirit of Africa Chris.  Sal bietjie gatkruip vanaand by Oom Sarel om die launch by te woon.

99150b004c4cfc3e941446e7a04fd751.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dankie Noneking.

Renrew, sal bietjie later vir jou fotos op sit.

Terug by die huis en een of twee fotos solank.

7f7bbab8497b5b02a67cf31033bbcb41.jpg


070cf3fa3b15ed1bf1f8b2eed81b67b1.jpg


945e777235810eed405e96b8542078bd.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top