Kobus Myburgh
Grey Hound
Vanoggend het vroeg begin met nuwe kettings op die seuns se fietse.
Daarna is die bikes gelaai en die pad gevat Erora toe.
Partykeer is dit lekkerder om die kinders te sien ry as wat dit is om self te ry.
[youtube]https://youtu.be/TtdoAhl0Vao[/youtube]
[youtube]https://youtu.be/nun-R5rqWWA[/youtube]
Terug by die huis en daar is genoeg tyd om self gou 'n spin te vat. Gulde geleentheid om te gaan kyk wat by Feedback Park aangaan.
Met Sydney wat 'n ou daar ontvang voel jy sommer dadelik welkom. Ek ontmoet ook vir Nico, die enigste ander bike wat daar was.
En toe is ons op die obstacle course, en so 9 minute later voel dit of my arms wil afval.
Al die tipiese obstacles wat jy by 'n plek soos ADA sal kry is basies daar, met nog 'n klompie by. Goed wat ek definitief nie gewoond aan is nie en vinnig kry 'n ou respek vir die ouens wat ek al gesien het wat dit moeiteloos doen.
En ........... 'n 990 draai wragtag wyer as 'n ossewa.
Twee ure later is ek terug by die huis na 'n ordentlike workout.
Ek hoop regtig die plek word goed ondersteun. Dit is great vir nuwe en ervare ryers om hul skills op te skerp. Sonder ons ondersteuning gaan hulle egter, soos baie ander nuwe inisiatiewe, nie lank hou nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk