Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Dec 7, 2017
Messages
581
Reaction score
463
Location
Wellington, Western Cape
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Dagsê,

So, met al die Covid reëls en regulasies het ons besluit, genoeg is genoeg, ons het bietjie vars lug gemeng met ‘n bietjie avontuur nodig. Ons wou ‘n pad ry wat ons nie ken nie.

Right, so aan die begin van laasweek bel Cobus my en vertel my dat ons ‘n draai moet gaan ry, hy is nou gatvol vir alles en moet net bietjie wegkom. Ek stem saam en sê ek is in, hy moet net sê waarheen. Ons opsies hier in die Wes-Kaap is toe Baviaanskloof of Weskus teen die see langs op tot by Hondeklip baai.  Meeste van die span het al die Baviaans gedoen, so die keuse was maklik. Hondeklip baai toe (Dogstone bay for those of you who are English).

Voor ons begin, laat ek net gou almal voorstel, van links na regs, ek, BJ, Danie en Cobus. Ek, Danie en Cobus was saam op skool, terwyl Cobus en BJ se paaie met die GS Trophy gekruis het.

7b32f93d43e4f79e808bb798d9cce138.jpg


Dag 1: Vrydag 24 Aug 240km

Vrydag middag 13:00 vertrek ons almal by ons huise, ek kry vir Cobus in Gouda en ons tel vir vir Danie in Citrusdal op. Vandaar af vat ons die grondpad al teen die rivier af tot in Clainwilliam waar ons toe vir BJ kry.

Ons ry toe weer van daar af al teen die rivier af verby Bulshoek dam tot ons ‘n ander skool vriend (Wian) in Trawal kry. Hy vat ons toe na so sand kol toe met ‘n duin of drie, sodat ons so bietjie kan opwarm vir die volgende dag. Ek moet sê, ek het al vergeet hoe sand ‘n mens kan laat sukkel!

f332ebe1690bee57aaa0606b9f3e2708.jpg

a9aba4ba685fd408e679c4facb8f14b7.jpg

150540aa04477da477d69c65ecf2da67.jpg


Dit was nie lank nie, toe groet die son ons en dis toe tyd vir aandete. Wian het gereel dat ons Wayne en Chanti van Nama Bike Camp spesiaal vir ons oopmaak. Dit was ‘n wenner, spare ribs, chips en koolslaai. Natuurlik saam met ‘n vuil coke en nog so paar ander verversingtjies. Great plek, gaan maak gerus ‘n draai of slaap oor as julle in die omgewing is. Van daar af is ons na Wian se huis toe om gou ons roete vir die volgende dag te gaan beplan en op die GPS te laai.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dag 2: Saterdag 25 Jul 280km

Die Saterdag het ons eers ‘n lekker plaas ontbyt ingewerk voor ons in die pad geval het. Na die vorige aand se sand spelery het ons gesien dat die bietjie rehidrate wat ons ingepak het hopeloos te min gaan wees vir wat voorlê. Ons stop eers in Vredendal, stock op met ‘n baar boksies en sommer nog ‘n dosyn 500ml waterbotteltjies wat in al wat ‘n oop gat is ingedruk is.

In Lutzville stop ons vir ‘n laaste bietjie petrol voor ons  grondpd aandurf. By Koekenaap draai ons links, Tormin myn se kant toe.

ace467cf61087fb98708817bc2208913.jpg

1cb94df39520584f0330edfd214063c2.jpg



Ons ry by ‘n klomp windlaaiers verby en moes toe eers stop om te wonder wat die ingang vir Eskom gekos het om te bou. Hopelik is die vlerk ‘n “spare” vir as die k@k eendag een van die “fans” tref.

debb1a5d9862739277d0f755744b33cb.jpg



Na ons by die myn verby is, ry ons in ‘n groot dam vas, ook bekend as die Atlantiese oseaan. Ons kry ook die eerste hek van vele. Elkeen kry ‘n beurt om voor te ry, wat beteken jy maak die volgende hek oop en toe en val weer agter in die ry in. Ons het ‘n hele paar keer roteer.

d6e92a189fc37017f3749166a9bc0c57.jpg



Na ons vir Namakwa Sands aan ons regterkant gekry het, het my idee van waar ons trek heeltemal verdwyn. Ek het net geweet solank die see aan ons linkerkant is, is ons op die regte pad. Gelukkig verstaan BJ sy GPS goed so hy het ons mooi op koers gehou.

Ons ry toe so al tussen die “groot” pad en die tweespoor pad teen die kus op.

1767d1292445b0497c8446ebe7c609d0.jpg

1697c7fd2018656072f59b8fb6c029c6.jpg

f75bed8f4818705e3d38e11e433f2550.jpg

d709735b08999e76980e3aa91550aa05.jpg

759adb24b236219d471460a62bf79108.jpg



Ons het so 13h00 se kant gestop vir ‘n vinnige middag ete (winegums en zoo koekies) en verder gery. Ons was effens agter skedule.

3dd573b8c01772c2e3da6ae53793646b.jpg

f25bb2bb556782b234de487c033bdda2.jpg

3ef22537c7f77e1386583c8d0275c879.jpg


So net voor 15h00 ry ons eers by Groenrivier se hek in. Ons het almal Wes-Kaap nommerplate so toe wonder ons nou al ‘n hele ruk of hulle ons gaan inlaat by die park, want tegnies is ons  lankal nie meer in ons eie provinsie nie. Ons besluit toe ons gaan maar net sê ons is oppad Hondeklip baai toe en dan moet hulle maar sê ons ons kan ry of nie.

4fc21cb9caf2e7ae99d750fb2dd9891a.jpg

1a95e1349bc30a1e6f8be80cff4cbea8.jpg

e1e04a2055067b456a74ae4f3bbc929f.jpg

ad348f4e7bd556030f278ccdc1c4f5ef.jpg



Ons vul toe die vraelys in en laat die man ons koors neem. Niemand van ons was by ‘n begrafnis nie(dis die belangrikste vraag op die lys klink dit my), so toe kon ons betaal en verder ry.

fa461bc84746cb6f696ecdc92ad770ff.jpg


Alles het goed gegaan en almal het ‘n beurt gekry om in die sand om te val (party harder as ander), maar dit was lekker. Die dele wat hulle sê sagte sand, bedoel hulle SAGTE DIK SAND.

19958ed63e3ff48ab4b745432bbff9b4.jpg

ee76b2e2eb89d4423848a9875e4d38db.jpg

6920c93147510d16ba0b7a22379c96e9.jpg

2bedd6e644727e0f752a18f913995ae3.jpg

fbbf39e8ae4bba1c029889fdc5a379a8.jpg

6cd5f11c00569d8a0c3c7e2b400a9093.jpg

96af57af87b0b32291893ccec2d5aa03.jpg

87dcf4206d48e01af64f1d8cbf5b993f.jpg


Toe ons amper deur die park os het ons eers bietjie geleendheid gekry om te verdwaal. Net voor die Spoegrivier. Ons moes regs draai, maar die GPS het gesê reguit, so toe gaan ons reguit. Ons het toe op die GPS se pad gehou tot ons by ‘n hek gekom het wat gesluit is. Ons was te ver om om te draai en ons kon nie op die pad aanry nie so toe vat ons die pad teen dIe lyndraad af, iewers moet daar mos ‘n hek wees?

a45223aad1bf7978155fb094e46b1af5.jpg


Ja, daardie hek het nie gou gekom nie. Later het die son begin sak en my petrol liggie het ook begin flikker. Die sand was nie goed vir my brandstof verbruik nie. Ons wou klaar kry, mens sien dit nou in die hoeveelheid fotos wat geneem is, daar is amper niks. Net ‘n video of twee wat ek nou hIer kan oplaai nie.

Toe ons teen 18:00 sien dat ons ons nie betyds by ons blyplek gaan wees nie het ons vir Emdi van Honne Pondokkies gebel en gevra of daar nog iewers ‘n plek sal oop wees waar ons iets kan kry om te braai. Die antwoord was nee en dat die hele dorp al toe sou wees teen die tyd wat ons daar aankom, maar sy het gesê sy sal gou vir ons ‘n plan maak. 

Ons kom toe so net na 19:00 die baai van Honde klippe ingery, donker, toe onder die mis en die luggie is  sommer lekker skerp, 100% Weskus. In by Honne Pondokkies se hek ons ons word met hope vriendelikeheid en gasvryheid ontvang.

Emdi het vir ons ‘n bo-baas aandete aan mekaar geslaan. ‘n  Lekker knoffel broodjie, noodle slaai, aartappel slaai en ‘n monster snoek wat ons net op die kole moes “tan”. Hulle sê mos nou honger is die beste kok, maar ek is seker daarvan dit sou met so lekker gewees het al was ons nie so rasend hongôr nie.

44618fb7a0f25ea456ae2a10b5efd03e.jpg

1ef24cfba0d436974b66bc3c556f49ca.jpg

0d49335d1f5ae79974af9641fc58158e.jpg


Almal het deur die loop van die aand gou in die stort gespring en teen die tyd wat dit ligte uit was het niemand gemoan dat hulle nie kon slaap nie. Daar was nie eers kan vir iemand om te snork nie. Dood, doder, doodste, ons 4. 


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ag lekker!
Ek wil nog dik sand met my dakar gaan probeer :peepwall:
Dankie vir die saamvat so op die skerm saam!
 
Dag 3: Sondag 26 Jul 600km

Ons het die vorige dag met ons aankoms al ons ontbyt vir die Sondag oggend vasgemaak. Weereens ‘n wenner, eiers, worsies, bacon, mince, kompressie pitte (baked beans) en nog ‘n paar goedjies, ek kan nie nou alles onthou nie, maar glo my, dit geloop soos daardie tannie met die pink crocks...

Na ontbyt het ons gou bande gepomp, want ons was eers klaar gesand vir die naweek. Daarna moes ons eers gaan kyk waar ons is aangesien ons in donkerte daar aangekom het. Na ons so kort draaitjie deur die dorp gery het slaan ons toe Garies se rigting in.

0558d0159c02e30ce405e7d73d8b0edf.jpg

4b5c6ae2b2fbe73df9f3bf15e3be4adc.jpg

3007763b7eff770270b6873b72392e4b.jpg

c63ce7434a2f8cbab3543221bbe998f9.jpg



To be continued... Die app op my foon sê nou ek het my image upload cap vir die maand bereik... Ek sal VOOOOLGENDE maand die laaste stukkie opsit (môre).


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Awesome adventure!!  :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Hang die pette nog in die Hondehokke se drinkplek?
 
My respek dat julle daai stuk sand met die tenkwaens aangedurf het!!! :thumleft:
Nou verlang ek Weskus toe ok sonder toemis. ;)
 
Impressive! Daai is dik sand!
Die trippie is op my lys....


Sent from my SM-A307FN using Tapatalk

 
Lekker om te sien daar is manne wat nog  fiks genoeg is vir daai sand. My dae van so ry is oor.
 
Adriaan.theron said:
dieterf said:
Kan jy asseblief die roete download en pos?

Die ding is nou net net te groot om hier op te sit. Stuur my 'n DM met jou email en stuur hom.
Jy kan net daai roete verander deur die grondpad afdraai links na Koekenaap se kruis af te draai. Julle het links gegaan by Koekenaap se kruis en bietjie gezigzag.
Die regte afdraai se bord sê Skaapvlei of soms Skaapvleis as iemand ywerig met n cokipen was!! ;) :lol8:
 
Lyk na 'n lekker uitstappie
Een van julle moes nou net 'n 1000 V-Strom gery het dan was die (liter +) brands goed verteenwoordig
 
skydiver said:
Lyk na 'n lekker uitstappie
Een van julle moes nou net 'n 1000 V-Strom gery het dan was die (liter +) brands goed verteenwoordig
En ‘n AT. Dan was almal daar. Ek het net nie AT ry maatjies hier in die Kaap nie[emoji3166]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Adriaan.theron said:
skydiver said:
Lyk na 'n lekker uitstappie
Een van julle moes nou net 'n 1000 V-Strom gery het dan was die (liter +) brands goed verteenwoordig
En ‘n AT. Dan was almal daar. Ek het net nie AT ry maatjies hier in die Kaap nie[emoji3166]


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nooi vir [member=12730]Dorsland[/member] om saam te ry.
Daai AT van hom staan en stof opgaar in sy stoor.  :peepwall:
 
Nuwe maand, nuwe image upload cap. Hier is die laaste stukkie:

Ons het GEDOG daar sal ‘n petrol pomp in Hondeklip baai wees wat op ‘n Sondag oop is, maar ons almal weet wat Dog gedoen het. Ek was reeds 20km op my reserve, waarvan 15km ernstige sagte sand was, so dors was ‘n understatement. Ek het geweet my petrol sal opraak, die vraag was net wanneer. Kilometer 47 vanaf Hondeklip baai,  het ons toe uitgevind. Dis ook toe ons onthou dat ons nooit die stukkie tuinslang by Wian gevat het wat ons gesê het ons moes onthou nie. Gelukkig het BJ twee bladders vir sy baadjie, elkeen met sy eie suigpyp. Ons kon een pyp toe gebruik vir die baie belangrike “bloed oortapping”. Ons vind toe uit dat die pyp te kort is, met een van dis GS’e op ‘n walletjie en myne onder kon ons nie die pyp diep genoeg in die tenk kry sodat die ander kant in my tenk kan uitloop nie.

Ons het ook die vorige aand al die leë plastiek botteltjies weggegooi, want wie gaan dit nou nodig kry? Ons soek toe maar daar langs die pad vir ‘n holding, want ongelukkig is daar mense in ons land wat mos alles behalwe hulself by hulle karre se ruite uitgooi inplaas van in ‘n drom. Na minder as 2 minute se soek tel Danie ‘n leë Castle Lite botteltjie op. Nog met sy doppie op gedraai, asof hulle geweet het iemand gaan ‘n skoon botteltjie nodig hê. Ons spoel die laaste 3 druppels bier met petrol uit en begin toe die oortapping. 9 Castles later (3 liter) besluit darem vir Garies behoort te haal.

722b9d18ed29638c1773fef4bfd9fb7a.jpg


Oppad Garies toe.

cde83a7a22de174087b5673411f3df25.jpg

ba4d668c85f1d319d1af1c51760f5501.jpg


Toe ons Garies inry slaan Danie se range ook nul, gelukkig was die garage in sig en dit was nie weer nodig vir ‘n pyp suig oefening nie. Petrol smaak KAK en dit steek lank vas!!!

By die garage het ons petrol ingegooi, met almal daar gesels om te hoor waar die provinsiale padblokkade is en ‘n paar snacks vir die pad gekoop. Volgens die mense daar was die padblokkade so 5-10km suid van Garies. Dit was vir ons goeie nuus, want dit beteken ons kan weer grondpad vat. Ons ry toe jn ‘n noordelike rigting uit Garies, onder deur die N7, Kliprand toe. Ek het nou nie naam of nommer van die pad nie, maar hy sluit aan by die R355. Lekker pad en die wêreld daar is mooi, iets heeltemal anders as wat ons hier in die Kaap gewoond is.

51570beac696b429f6beb0d6c9544131.jpg

84842f76973c50694dfe2766e24581d0.jpg

1e0750fa1bdab2b2c4cc91dcf0d4396e.jpg

d4bdc1c8549b9f1f3fca07ea78b7cb22.jpg

963f782489faf3af3b00ed56f27a73ad.jpg

68cfd8fa619e8dd95848e0588d5404b1.jpg

b4eaa1e8c45cfd3028f4fedd307f1ffb.jpg

9606f681bb9305ff2b3f1c8f9cb76f15.jpg


By Kliprand was daar nie veel om te sien nie, so toe stop ons maar so 5 of wat kilometer verder in die pad af en eet ‘n paar koekies en winegums. Ons draai toe links op ‘n pad wat daar deur die Knersvlakke loop en ons kom toe tussen Vanrhynsdorp en Nuwerus op die N7 uit.

1b0eca8e6da951a81f582d4b4d9a7b6d.jpg

45cdfb98380df5572beac914aecfeadd.jpg

954df30f51791e7f9c016bd66713f4c9.jpg


Weer links, Vanrhynsdorp toe. Ons stop toe so 15:30 in Vanrhynsdorp. Gooi gou petrol in en van die manne is toe lus vir ‘n garage pie. Vandaar af was dit al die pad teerpad huistoe sodat dit nie weer donker raak nie. Dit het wel daar van Citrusdal af begin koud raak dat ek eers moes stop om al die vents in my baadjie toe te maak.

Wat het ek geleer uit die trip?

- Ry ‘n stukkie pyp saam, plus ‘n botteltjie ding.
- Daar in nog baie mooi plekke om in ons land te gaan verken.
- Die mens is maar ‘n treurige ding, oorals waar daar gemyn was destyds lyk dit of dit net so gelos is en nou is dit in parkke omskep sodat die natuur dit met die tyd weer moet herstel.
- As jy begin dink jou agter tyre is moeg, moet jy hom maar vervang as jy beplan om so sand uitstappie te doen... Ek wens ek kan myself gou tot daar by Groenrivier pos en kyk of die sand nou bietjie makliker sal wees. Atlantis is ook seker ‘n alternatief.

26053bf77db267c5e48f9b72991261af.jpg


En dis dit. Fluit, fluit, my storie is uit. Tot volgende keer.

Groete
Adriaan


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top