BOTS/NAM- 6400km in 14 dae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ek kon nie heeldag in die kamp sit sonder om te voel hoe die bike die sand en water vat sonder panniers en vrag nie. Die ander 2 wou bly maar ek het besluit om Etsha 131 toe te ry vir vleis en Riekielou. Die pad is 'n treat en ek het net daar my panniers begin haat. Hulle haal die fun uit bikery uit. Ek het selfs die kamera op my helmet vasgemaak vir 'n paar videos.

Etsha is 'n tipiese afrika dorpie soos julle uit die foto van die slaghuis kan aflei. Die slagter breek die vleis met 'n graaf los uit die vrieskas. Ek het geweet ons sal die vleis goed moet gaarmaak. In daglig het ek ngesien jy kan ry tot by die kampplek en toe ek terugkom het die ander twee reeds hulle bikes deurgevat. Dit was die eerste voertuie in die kamp vir 8 weke of na die reens van die somer. Die kampplek is baie mooi met die moerasse reg rondom. Al het dit altwee nagte liggies gereen het ons die tyd daar baie geniet.
 

Attachments

  • BOTSNAM 096.jpg
    BOTSNAM 096.jpg
    226.7 KB
  • BOTSNAM 097.jpg
    BOTSNAM 097.jpg
    190 KB
  • BOTSNAM 098.jpg
    BOTSNAM 098.jpg
    190.5 KB
  • BOTSNAM 099.jpg
    BOTSNAM 099.jpg
    161.1 KB
  • BOTSNAM 089.jpg
    BOTSNAM 089.jpg
    192.7 KB
Nog foto's
 

Attachments

  • BOTSNAM 101.jpg
    BOTSNAM 101.jpg
    129.5 KB
  • BOTSNAM 103.jpg
    BOTSNAM 103.jpg
    69.4 KB
  • BOTSNAM 102.jpg
    BOTSNAM 102.jpg
    107.9 KB
  • BOTSNAM 100.jpg
    BOTSNAM 100.jpg
    190.8 KB
  • BOTSNAM 104.jpg
    BOTSNAM 104.jpg
    70.8 KB
En nog
 

Attachments

  • BOTSNAM 110.jpg
    BOTSNAM 110.jpg
    87.7 KB
  • BOTSNAM 114.jpg
    BOTSNAM 114.jpg
    174.4 KB
  • BOTSNAM 111.jpg
    BOTSNAM 111.jpg
    138.2 KB
  • BOTSNAM 109.jpg
    BOTSNAM 109.jpg
    98.4 KB
  • BOTSNAM 107.jpg
    BOTSNAM 107.jpg
    118.5 KB
Africa is such a tough country...

What the hell are people going to London for?

Very nice trip this is! :thumleft:
 
Die Afrika bos slagters doen so op hul unieke manier, ek sien die manne het darem n vrieskas en n saag, ek het baie plekke in Afrika gesien die manne hang die repe vleis net so buite aan die stalletjies se balke, en die vlieë koek swart op die vleis....so het ek menigmaal bok geëet, soos jy se, mens kook hom mooi gaar! As jy honger is, is enige iets lekker!

Lekker RR, Gooi nog asb!  :thumleft:
 
TVB said:
...so het ek menigmaal bok geëet, soos jy se, mens kook hom mooi gaar! As jy honger is, is enige iets lekker!

TVB jy het duidelik ondervinding. Neem nou myself toe ek in die army was, nie baie lewenswys nie. Na 3 dae koop ons 'n pas geslagte bok by 'n PB en braai hom (sonder sout).
Amper vegetarieer geword. 
 
Ons het goed opgestaan en uitgesien na die pad Rundu toe. Dit was 70km tot by grens en dan al teen rivier met grondpad tot op Rundu.
Die dag het treurig begin toe ek by die eerste rivier in 'n gat inry en vassit.  Die sand onder die water suig die wiele vas en die ander 2 moes kom help.  Toe val Andries se fiets nog om op sy stand ook.  As ek weer gaan neem ek 'n plankie saam, want daar is nie klippe te vinde in daardie area nie.  Ons het gehoop die ligte reentjie wat die nag geval het sal die sand 'n bietjie makliker maak, maar dit was toe nie so nie.  Dit het egter heel goed gegaan tot by die volgende waterkruising......
 

Attachments

  • BOTSNAM 119.jpg
    BOTSNAM 119.jpg
    135.8 KB
  • BOTSNAM 121.jpg
    BOTSNAM 121.jpg
    80.4 KB
  • BOTSNAM 447.jpg
    BOTSNAM 447.jpg
    206.7 KB
  • BOTSNAM 448.jpg
    BOTSNAM 448.jpg
    231.1 KB
  • BOTSNAM 449.jpg
    BOTSNAM 449.jpg
    198.8 KB
Die dag sou baie vinnig baie interesant word. Andries en Johan het albei so 100 m van mekaar in dieperige water vasgesit.  Ons het eers Johan se fiets gaan uithaal en toe ons seker 'n halfuur later Andries se fiets losgesukkel het het daar water by die uitlaatpype ingeloop tot bo-op die pistons.  Gelukkig terwyl die bike af was so daar kon nie veel skade wees nie.  Ons het die bike teruggestoot vir omtrent 50 m na die naaste droe grond.  Die seil en gereedskap is vinnig uitgehaal, dis mos maklik, draai die plugs uit, haal die water uit, sit alles aanmekaar en ry weer - of so het ons gedink.  CURVEBALL!! Die plugspanner wat ons by ons het was nie die regte een nie.  Hy is wel 16 mm maar te dik om in die diep gat waar die plug sit in te pas.  Die spanner mag nie wyer as 20 mm wees nie. 
Andries is weg met 'n ander bike om hulp te gaan vra by die kamp.  Die eienaar was nie baie hulpvaardig nie en wou nie eers 'n Landrover gee om die bike tot by die teerpad te neem nie.  Seker ook maar goed anders moes ons nog die ding ook teen die pad heelmaak!! :pot:
Daar was net een uitweg, ons moes self die fiets tot by die pad kry.  Ons het probeer om hom deur die eerste lang stuk water te stoot, maar het vinnig besef dit sal nie werk nie.  Ons het nie geweet of dit sal werk nie, maar het besluit om hom te probeer sleep.  Dit het baie moeilik gegaan en ons het kort-kort vasgesit.  Dan moes die agterste bike vorentoe gestoot word sodat ek hom kan ruk.  Deur die dik sand moes Andries in my spoor ry omdat die tou tekort was om aan die anderkant van die pad te ry.  Die 950 het baie warm geword en ons moes af en toe stop sodat hy kan afkoel.  Ek het ook geleer dat dit 'n besonderse poging sal verg om 'n 950 se clutch te brand.  Daar is selfs op 'n stadium met Andries se 950 geploeg nadat hy agter my geval het, veelsydige goed - die 950's!!   :thumleft:
Seker 4-5 ure nadat ons by die kamp weg is het ons by die teerpad uitgekom.  Ons het net gestop toe stop daar 'n man wat ons 4 dae te vore by Kang ontmoet het en help ons met 'n langer.  Hy was sekerlik gestuur!!
Ons het besluit om die bike tot in Rundu te sleep en daar 'n plan te maak, 360 km verder.  Popa valle was darem net 160 km ver weg en ons het besluit om daar te slaap en die volgende dag die 200 km Rundu toe aan te pak.  As iemand dalk wonder, 'n 950 gee 9 km/liter as hy nog een sleep.  Die slepery het heel goed gegaan en ons het selfs later begin om ander voertuie verby te gaan.  Die enigste opwinding was toe ons 2 jong koedoe's moes vermy met 5 m tou tussen ons. 
Ons het darem skemeraand by Popa valle aangekom en besluit ons verdien vanaand 'n chalet. 

Tussen al die gesukkel deur het ek ongelukkig nie krag gehad vir veel foto's neem nie.  Hier is darem 'n paar...   
 

Attachments

  • BOTSNAM 124.jpg
    BOTSNAM 124.jpg
    166.9 KB
  • BOTSNAM 451.jpg
    BOTSNAM 451.jpg
    238.1 KB
  • BOTSNAM 452.jpg
    BOTSNAM 452.jpg
    188.7 KB
  • BOTSNAM 126.jpg
    BOTSNAM 126.jpg
    216.3 KB
  • BOTSNAM 450.jpg
    BOTSNAM 450.jpg
    249.9 KB
Awesome RR so far, but are those bikes or jetskis? :biggrin:
Best you guys check out your fuel pumps soon, that amount of swimming will corrode them, those on 950's.
 
Best you guys check out your fuel pumps soon, that amount of swimming will corrode them, those on 950's.
[/quote]

Facet 40171 on its way from UK!!!   Don't want to be stranded at RAW
 
Trokkie ek geniet die RR soos die dames hulle geliefde sepies waardeer op TV, kan nie wag vir die volgende episode nie! Ek is al gesleep op my ou 550 Suzuki (pad fiets), en ek het gesweer nooit weer nie, kan nie glo julle sleep so ver nie, maar as jy is die nood is moet jy maar vasbyt en deurtrek!!
 
Top