BOTS/NAM- 6400km in 14 dae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dankie sover vir die terugvoer, hier is nog 'n dag.

Die kamp by Popa valle is baie mooi , ons het lekker gerus en het met baie hoop en duimvashou na Rundu vertrek sodat ons die bike daar kan regmaak.  Ons het beplan om die grondpad teen die Okovango te volg maar het besluit om maar teerpad te ry met die siamese 950's. Die 200 km het vinnig verby gegaan al moes ons kort-kort stop om Johan se voorband te pomp.

In Rundu het ons by Pupkewitz Toyota aankeklop vir hulp. Hulle werkswinkel is vir ons aangebied en vinnig is begin met die maak van 'n plugspanner. Die plug het uitgekom en dit was 'n mooi gesig toe die enjin swaai en die water uitspuit. Nog mooier was die klank toe, om 'n dakar kommentator se woorde te gebruik " when the beast barked to life" Andries het egter voor die water episode al gekla sy bike mis en die mis was nog steeds daar. Ons het gehoop die drade is maar nat en het in die pad geval. Na 100 km was die mis nog steeds daar.
Die Chinese is besig om die pad na Oshikati te teer, op groot skaal. Die pad volg die Okavango rivier. Ons het boskamp gemaak teen die rivier. Die nag het, vir die eerste keer in my lewe, mense wat in 'n ander land as ek is my uit die slaap gehou. Die partytjie oorkant die rivier het heelnag aangehou. Die spot was egter baie mooi.

Hier is paar foto's
 

Attachments

  • BOTSNAM 136.jpg
    BOTSNAM 136.jpg
    229.8 KB
  • BOTSNAM 132.jpg
    BOTSNAM 132.jpg
    227.4 KB
  • BOTSNAM 145.jpg
    BOTSNAM 145.jpg
    178.2 KB
  • BOTSNAM 139.jpg
    BOTSNAM 139.jpg
    126.4 KB
  • BOTSNAM 143.jpg
    BOTSNAM 143.jpg
    182.5 KB
Nog foto's
 

Attachments

  • BOTSNAM 146.jpg
    BOTSNAM 146.jpg
    136.4 KB
  • BOTSNAM 148.jpg
    BOTSNAM 148.jpg
    245.8 KB
  • BOTSNAM 149.jpg
    BOTSNAM 149.jpg
    162.3 KB
  • BOTSNAM 153.jpg
    BOTSNAM 153.jpg
    165.3 KB
  • BOTSNAM 158.jpg
    BOTSNAM 158.jpg
    127.7 KB
En nog
 

Attachments

  • BOTSNAM 170.jpg
    BOTSNAM 170.jpg
    159 KB
  • BOTSNAM 172.jpg
    BOTSNAM 172.jpg
    131.5 KB
  • BOTSNAM 157.jpg
    BOTSNAM 157.jpg
    169.3 KB
  • BOTSNAM 161.jpg
    BOTSNAM 161.jpg
    165.6 KB
Nog
 

Attachments

  • BOTSNAM 456.jpg
    BOTSNAM 456.jpg
    49.5 KB
  • BOTSNAM 466.jpg
    BOTSNAM 466.jpg
    43 KB
  • BOTSNAM 540.jpg
    BOTSNAM 540.jpg
    30.7 KB
  • BOTSNAM 537.jpg
    BOTSNAM 537.jpg
    32 KB
Met die stop in Rundu het ons agter geraak op die skedule en het besluit om die 600 km te ry tot by Kunene river lodge by Swartbooisdrif. Die eerste ent gondpad is lekker, net baie reguit teen die reguit deel van die grens. Andries het nog gekla oor sy bike wat mis en teen die tyd moes alles al droog wees so dit was nie die water nie. Met die stop vir middagete noem hy dat die bike vrek as hy die lig afsit. Ek was redelik seker dat dit dan net 'n los battery terminaal kan wees. Die bedrading grond in so geval deur die gloeilamp na die bulp se grond. Dit was toe so maar hy moes drie keer die bike strip om die fout te herstel a.g.v sy eie knoeiwerk. :laughing4:
In die dorpie Enhana het my sonbril 'n nuwe baas gekry terwyl hy twee keer sy crashbars en bashplate afhaal. Ons het net voor donker by Kunene river lodge aangekom en moes eers deur die hek met die eienaar onderhandel om in te kom. Hy is nie lief vir bikes nie. Sy plek is egter baie mooi en ons het tot laat saam met 'n klomp manne van Namibian  Breweries gekuier. Hulle is 'n span wat bottels in kaokoland optel om die plek skoon te maak. Hulle het op een dag 26 ton bottels opgetel. Die gehate bikers was toe BAIE stiiler as daai span, al se die baas hy bedryf 'n "quiet camp"
 

Attachments

  • BOTSNAM 187.jpg
    BOTSNAM 187.jpg
    173.4 KB
  • BOTSNAM 184.jpg
    BOTSNAM 184.jpg
    166.9 KB
  • BOTSNAM 176.jpg
    BOTSNAM 176.jpg
    92.8 KB
  • BOTSNAM 174.jpg
    BOTSNAM 174.jpg
    152.7 KB
  • BOTSNAM 181.jpg
    BOTSNAM 181.jpg
    122.6 KB
Nog
 

Attachments

  • BOTSNAM 469.jpg
    BOTSNAM 469.jpg
    69.9 KB
  • BOTSNAM 193.jpg
    BOTSNAM 193.jpg
    171.6 KB
  • BOTSNAM 197.jpg
    BOTSNAM 197.jpg
    122.6 KB
  • BOTSNAM 470.jpg
    BOTSNAM 470.jpg
    92 KB
  • BOTSNAM 473.jpg
    BOTSNAM 473.jpg
    61.5 KB
Wow - excellent report!! :drif:  I think you should have inflated your tires again before going into those rivers!!  :biggrin:
 
WOW Guys what a GRT RR lots of fun and adventure ..... :thumleft:

Must 'grab a buddy an do something like this ...... ;)

 
Trokkie die RR is great, baie mooi fotos en storie!  :thumleft:
 
:thumleft:

excellent RR, what an adventure.

GO GIRL said:
Must 'grab a buddy an do something like this ...... ;)


Me Me pick Me  :biggrin:
 
Hene boet ek het 4000km in 5 dae gery deur Bots op n 640  die bloed was eers twee weke later terug in my gat    ;D
 
Hel dis 'n nice report met nice fotos man :thumleft: .Ek begin amper dink dat 'n KTM die Long way round en Long way down trips sou kon doen! :peepwall:
 
Terwyl ons die aand saam met die manne van Nam breweries gekuier het het hulle ons probeer oorreed om nie die kort pad Epupa toe te ry nie. Dit is nog te vroeg in die seisoen, die pad is te rof vir bikes, die mense breek hul 4x4's op die pad BLA BLA BLA. Ek het al geleer om my nie te steur aan die 4x4 manne se praadjies nie. Hulle het nie rerig 'n idee waar motorfiets kan ry en hoe vinnig jy met 'n bike oor sleg pad vorder sonder om te jaag nie. Hulle wag seker nou nog dat ons stert tussen die bene kom hulp vra!!
99% van daai pad is goed. Daar is 5 of 6 rowwe stukke van tussen 50 en 100 meter. Dit is hier waar ek dankbaar was vir die 16 tand sprocket op die 950. Die pad is baie steil op en baie rof. Jy het baie wringkrag by lae revs nodig. Ons sou def. meer gesukkel het met 17 tand sprockets.
Die pad volg die rivier en ek kan nie anders as om dit as beeldskoon te beskryf nie. Die natuurskoon is asemrowend en ek sal dit lank onthou. As jy ooit die kans kry om daar te ry, gryp dit aan.
Teen die rivier het ons 'n Duitser en sy Tjeg meisie ontmoet. Hulle toer al sewe maande.
Na net minder as 4 ure het ons Epupa valle bereik. Wat 'n besonderse plek. Die tente het seker 2 meter van die rivier gestaan en die gedruis van die valle is amper so mooi soos die 950 se purr met die akros. :ricky:

Nou gaan ek eers vir paar dae jag, sal volgende week weer iets skryf.
 

Attachments

  • BOTSNAM 208.jpg
    BOTSNAM 208.jpg
    208.7 KB
  • BOTSNAM 224.jpg
    BOTSNAM 224.jpg
    214.3 KB
  • BOTSNAM 207.jpg
    BOTSNAM 207.jpg
    105.3 KB
  • BOTSNAM 202.jpg
    BOTSNAM 202.jpg
    167.6 KB
  • BOTSNAM 200.jpg
    BOTSNAM 200.jpg
    171.1 KB
nog
 

Attachments

  • BOTSNAM 231.jpg
    BOTSNAM 231.jpg
    193.1 KB
  • BOTSNAM 235.jpg
    BOTSNAM 235.jpg
    114 KB
  • BOTSNAM 245.jpg
    BOTSNAM 245.jpg
    190 KB
  • BOTSNAM 247.jpg
    BOTSNAM 247.jpg
    173.9 KB
  • BOTSNAM 254.jpg
    BOTSNAM 254.jpg
    142.2 KB
en nog
 

Attachments

  • BOTSNAM 255.jpg
    BOTSNAM 255.jpg
    181.9 KB
  • BOTSNAM 256.jpg
    BOTSNAM 256.jpg
    136.4 KB
  • BOTSNAM 258.jpg
    BOTSNAM 258.jpg
    178.2 KB
  • BOTSNAM 264.jpg
    BOTSNAM 264.jpg
    136.2 KB
  • BOTSNAM 266.jpg
    BOTSNAM 266.jpg
    198.9 KB
Ek dink jy moet nou ophou om foto's te post want as ek nog van die tipe foto's gaan sien los ek wragtig als net so en verdwyn vir 'n maand of drie op 'n trip!!!Hoekom trou mens dat jy MOET werk om vir jou vrou en kinders te kan sorg (en nie net kan verdwyn wanneer jy wil nie)?
 
Befok! :thumleft: G'n back-up voertuig in sig nie. Net julle, julle boneys en julle eie ondernemingsgees.

Daai pad van Askham na Vanzyls is kak, hoor!

Laasjaar toe ry ek en twee manne daar. Nes jy se, bo 100 km/h raak hy nogal 'opwindend' weens die sinkplaatpad en los gruis kombinasie. Ek het 'n paar semi-tankslappers daar gekry.

Maar die een ou het heeltyd gekla hy wil " 'n bietjie vinniger" ry. Soos in 140. Tot vandag toe kan hy nie verstaan dat as jy daar seerkry, jy in DIEP kak is nie. Maar hy sien homself as 'n bietjie van 'n "Ready to Race" legende.  ;)
 
Top