BOTS/NAM- 6400km in 14 dae

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Trokkie, waar het jy loop jag jong, jou lewer is mos nou al vrot, tyd om die storietjie weer aan te pak!! :)
 
Ek moet se om weer te werk na 5 weke se plesier is nogal moeilik maar my hart en lewer waardeer die ruskans!!


Die rus by Epupa was baie lekker. Ons wou nou in die rigting van Orupembe ry. Van Zyls pas was egter nie op die menu nie. Die bikes was baie swaar en ons kon nie bikers kry wie se skills ons ken om 'n idee te gee hoe taai dit werklik is nie. Die C43 na Okongwati is baie lekker, ons kon egter  nie petrol daar kry nie.Toe ry ons maar verder suid met die C43 tot op Opuwo en maak daar vol. Ons wou graag die aand naby Orupembe boskamp om die volgende dag in die Khumib en Hoarusib af te ry. Die roete reg wes van Opuwo is die D3703, so 200 km.
Dit is 'n lekker pad met baie driwwe en nogal springbokke ook. Toe metteens na 100 km by Etanga verander die pad. Die pad het meteens baie langer geword. Twee spoor, dik sand, klippe, steil op en af, wat ook al dit is daar. Dit is egter baie mooi al wou ons dit net agter die rug kry. Die pad het ook die eerste pap wiel opgelewer. Van al die skud het Johan se een pannier in 'n top box verander. Niks fout met die panniers nie, die pad is net eenvoudig te rof, veral as jy haastig is. Een van die boute het losgeskud en die oorblywende punte kon nie die pak vat nie.
Die sleeptou het ook weer handig te pas gekom om Andries se stoel te herstel ;D
By die Orupembe beer shop het ons yskoue koeldranke, 'n paar blikkies kos en selfs 'n bottel Riekielou gekoop en toe so 15 km gery om weg te kom van die locals en in die rivier kamp op te slaan.
As daar olifant mis oral rondle is 'n boskamp nogal 'n interesante ondervinding. Die tente is maar redelik onder die bome weggesteek. Daar was 'n paar kameelperde naby ons kamp maar gelukkig nie olifante nie.Die gesnork van vroeg af het hulle seker maar afgeskrik!
 

Attachments

  • BOTSNAM 290.jpg
    BOTSNAM 290.jpg
    152.2 KB
  • BOTSNAM 304.jpg
    BOTSNAM 304.jpg
    141.8 KB
  • BOTSNAM 520.jpg
    BOTSNAM 520.jpg
    173.3 KB
  • BOTSNAM 521.jpg
    BOTSNAM 521.jpg
    225.1 KB
  • BOTSNAM 286.jpg
    BOTSNAM 286.jpg
    192.4 KB
Nog
 

Attachments

  • BOTSNAM 311.jpg
    BOTSNAM 311.jpg
    119.5 KB
  • BOTSNAM 307.jpg
    BOTSNAM 307.jpg
    168.5 KB
  • BOTSNAM 309.jpg
    BOTSNAM 309.jpg
    178.6 KB
  • BOTSNAM 523.jpg
    BOTSNAM 523.jpg
    201.6 KB
  • BOTSNAM 522.jpg
    BOTSNAM 522.jpg
    222.3 KB
Die roete in die Khumib- en Hoarusib riviere is 'n moet as jy in die Kaokoland is. Die oop vlaktes en "niks" om na te kyk nie is asemrowend. Pak net baie tyd in die roete vat tyd en maak jou moeg. Ons het suid gery na Puros. Daar was springbok, zebra, volstruis en olifante te sien. Jou hart pomp nogal as jy in dik sandlope tussen digte plantegroei ry en om elke draai 'n olifant verwag.
Die roete het baie langer gevat as wat ons verwag het. Daar is baie sand maar jy kan nie bande afblaas nie want kort-kort kry jy klip ook. Die pad tussen Puros en Sesfontein is ook nie 'n goeie pad soos ons gedink het nie. Enige dag net so off-road soos die rivierpad.
Petrol op Sesfontein maar dis al wat jy daar moet koop, die fort is donners duur!
Toe stoot ons deur na Palmwag Lodge waar ons onsself met 'n chalet bederf het. Baie mooi lodge met vriendelike mense.
 

Attachments

  • BOTSNAM 320.jpg
    BOTSNAM 320.jpg
    186.3 KB
  • BOTSNAM 322.jpg
    BOTSNAM 322.jpg
    96.4 KB
  • BOTSNAM 324.jpg
    BOTSNAM 324.jpg
    120 KB
  • BOTSNAM 340.jpg
    BOTSNAM 340.jpg
    84.6 KB
  • BOTSNAM 346.jpg
    BOTSNAM 346.jpg
    163.1 KB
Nog foto's
 

Attachments

  • BOTSNAM 350.jpg
    BOTSNAM 350.jpg
    176.4 KB
  • BOTSNAM 353.jpg
    BOTSNAM 353.jpg
    203.5 KB
  • BOTSNAM 514.jpg
    BOTSNAM 514.jpg
    144.1 KB
  • BOTSNAM 516.jpg
    BOTSNAM 516.jpg
    157.2 KB
Jislaaik, darem lekker RR hierdie!

Trokkie: Op een van jou foto's gooi julle petrol in uit n 'bladder'. Wat is daai, en waar koop 'n ou dit?
 
Hy hou 6 liter (hulle se 7 liter)  Praat met ChrisL, hy verkoop dit.

Cheers
 
Nice RR!

Hoe lank hou 'n TKC op 'n swaar KTM as hy 'n ander swaar KTM sleep??

:)
 
Stofdonkie said:
Nice RR!

Hoe lank hou 'n TKC op 'n swaar KTM as hy 'n ander swaar KTM sleep??

:)

Die bike gee 9 km/l en jy kan elke keer as jy petrol ingooi sien hoe die band gladder word! Die een wat gesleep word se tyre hou nogal goed :mwink:
Die TKC het darem 5500 km gegee met een papwiel maar dit was 'n snakebite.
 
Het  jou RR baie geniet Trokkie, sal onthou om 'tyd' in te pak!

Cheers! :thumleft:
 
Top