Dorsland
Bachelor Dog
- Joined
- Apr 15, 2012
- Messages
- 12,648
- Reaction score
- 4,562
- Location
- Nie van hier nie
- Bike
- Honda CRF 300L
My ervaring was nog altyd dat as mens so alleen ry daar baie maklik met ander mense geselsies aangeknoop word. So is dit met dié rit ook.
Daar tussen Pampoenpoort en VanWyksvlei kry ek 'n boer wat met sy bakkie uit die veld uit kom. Ek stop en ons gesels sommer so 'n halfuur lank. Naderhand nooi hy my huistoe waar sy vrou vir ons lekker koffie en beskuit voorsit. Dis hartseer om te hoor hoe sukkel die boere hier as gevolg van die droogte. Baie het al sommer weggeloop van hulle plase af omdat daar nie meer 'n heenkome daar is nie. Pieter vertel dat grond hier vir R350/ha in die mark is, maar niemand koop nie want die grondwater is op. Hy self boer met 20% van sy veegetalle, ander boere min of meer dieselfde.
Maar hier in hulle pragtige tuin onder 'n sipresboom wat van 1903 dateer, vergeet ons bietjie van die swaarkry en gesels en lag lekker saam.
Inderdaad Rus en Vrede.