Noord Kaap trip - STOETBUL & GENERAL LEE se foto's by!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Orangeswifty

Race Dog
Joined
Mar 17, 2010
Messages
3,592
Reaction score
9
Location
Gauteng
Bike
KTM 950 SE
Hierdie ride report gaan oor 2 bloubul supporters op 950 SE's wat die rygenot van die Noord Kaap ontdek het op pad Calvinia se vleisfees toe. Op pad het ons wonderlike gasvrye mense ontmoet en manne wat ry asof die duiwel op hulle sterte sit. Wie het nou besef die paaie in die Karoo kan so 'n bekoring inhou? :biggrin:
Die ride report sal so oor 'n paar dae aangevul word met foto's soos wat ek tyd kry om dit in te sit.
Kom ons begin met die roete - dan gat ons van daar af verder!

Ons het begin Op Prieska en die eerste dag oor Carnarvon en Fraserburg na Sutherland gery waar ons manne van die Kaap gekry het wat vir ons daar gewag het. Van daar is ons oor middelpos na Calvinia waar die vleisfees in volle swang was +- 400km vir die dag! Die volgende dag is ons vanaf Calvinia oor Loeriesfontein, Neuwoudville, van Rhynsdorp, Vredendal, na Strandfontein en Doornbaai en het in Lambertsbaai geslaap +- 650 km. Die derde dag is ons terug na Calvinia oor Clanwilliam met die Wuppertal pad wat ongeveer so 30km uit die dorp uit eers grondpad word. Van daar oor Brandvlei na van Wyksvlei en terug na Prieska - 'n verdere 650km - Totaal van 1700km in 3 dae! Later meer
 

Attachments

  • Calvinia Vleisfees.jpg
    Calvinia Vleisfees.jpg
    65.1 KB
Op pad soentoe langs die pad gestop vir 'n bier
Die Man in die foto is my maat Willem wat nog gewonder het hoe hy dit gaan doen
 

Attachments

  • NC RR 1.jpg
    NC RR 1.jpg
    53.5 KB
Hoop julle het darem die bikes van die trailer afgehaal vir die trip :pot:
 
Ek dink ons het julle gesien toe ons sondag deur Calvinia gery het op ons pad terug Bethlehem toe  :thumleft: ons het donderdag gery uit Bethlehem uit en tot ek sondag terug gekom het het ons so 2860km gery  :eek7:  :biggrin:  :thumleft:
 
KobusJ said:
Hoop julle het darem die bikes van die trailer afgehaal vir die trip :pot:
Nee ons het die hele pad net gesuip en **** op sy laptop gekyk!
 
Die berge rondom Prieska is asemrowend in die 6:30 oggend luggie. Die hele wereld lyk asof dit skyn en blink en skoongewas is deur die oggenddou. My maat Willem het 'n TKC agter opgehad met nog so 70% Knobbies oor en ek het 'n Mitas E07 opgehad met so 1000 km op. Van die begin af het ek gesien die Mitas sal die ding kan doen. Die padoppervlak is klipperig en los met 'n harde ondertoon. Hier en daar is daar klipplate wat in die ryvlak uitgery is. Maak seker jy tref die ding nie skeef nie anders kry jy op jou moer .......of 'n sny in die band. Die karoopaaie is so wyd en reguit.......................jy sien sulke lig en donker strepies aankom soos wat die dae en nagte nader kom. As daar 'n kar aankom na jou toe sien jy hom gemaklik 5 tot 10 km voordat jy en hy bymekaar uitkom a.g.v. die stofstreep. Voertuie is skaars hier rond. Jy kan hom maar steek!. Van die begin af het ek gemaklik gevoel met ten minste 120 - 130 km / uur. Die los sand en klippies verleen hom daartoe dat jy in elke draai met 'n gejuig in die draai kan inle met positiewe throttle sodat die agterwiel uitgly oor die breedte van die pad van die binneste apex af. Die strepe het seker vir vriend Willem aangedui in watse spelerige bui ek was. Dis mos hoekom ons bike ry! maksimum spoed op die grond hier was 175km/uur.
 

Attachments

  • NC RR 2.jpg
    NC RR 2.jpg
    62.5 KB
  • NC RR 4.jpg
    NC RR 4.jpg
    67.2 KB
My pic's sal ek oplaai sodra ek die cd gekry het. As dit ok is met jou laai ek dit sommer hier af dan hoef ons nie rond te spring tussen 2 ride reports nie? :3some: :thumleft:
 
Tussen Carnarvon en Fraserburg (125km) het ek vir Willem langs die pad verloor. My jaaglus het die wil om vir hom te wag oorheers. Ek is met spoed deur Fraserburg op pad Sutherland toe waar ek met die maters Stoetbul en Goliat van die Kaap wat vir ons in die Bar by die Hotel gewag het gejoin. By die hotel is daar natuurlik Husky slee groepe wat karretjies met wiele trek (jammer - foto's van Sutherland ontbreek) Die hoofgroep is vooruit en ek het met Stoetbul vooruit tot in Middelpos waar ons weereens gestop het vir 'n bier. Van hier af was dit nog so 80km tot in Calvinia. Willem het sommer van Fraserburg af deur Williston Calvinia toe gery met die teer om tyd te spaar aangesien hy ten minste 'n uur agter was teen die tyd. Nou moet ek byvoeg die manne van die Kaap wat die' paaie gereeld ry weet hoe!. Stoetbul ry met sy 990 asof die duiwel brandsous op sy gat gegooi het en skrik nie vir 'n draaitjie of 'n hobbeltjie in die pad nie! Elke 30km of so stop hy vir 'n sigaret (die bliksem rook soos 'n skoorsteen) en drink dan ook sommer OBS i.p.v. water. Die mense is fokken gek!
Goliat het met sy broer se GS1200 gery en was van die begin af moerig oor die ding want hy is eintlik 'n KTM man!..........wie kan hom ook dan nou daarvoor blammeer? Desnieteenstaande gooi hy die BM om elke draai asof hy op die ding gebore is! As jy hom weer soek het hy teen 200 die verte ingefok! 
Ons het gevorder tot in Middelpos waar ons by die groter groep ryers aangesluit het.
Stoetbul het gese hy sal 'n paar foto's saam met myne hier post
Hy staan so voor die hotel se ingang met 'n bier asof die plek syne is!
 

Attachments

  • NC RR 5.jpg
    NC RR 5.jpg
    56.3 KB
  • NC RR 6.jpg
    NC RR 6.jpg
    46.7 KB
  • NC RR 7.jpg
    NC RR 7.jpg
    50.7 KB
  • NC RR 8.jpg
    NC RR 8.jpg
    44.4 KB
stoetbul said:
My pic's sal ek oplaai sodra ek die cd gekry het. As dit ok is met jou laai ek dit sommer hier af dan hoef ons nie rond te spring tussen 2 ride reports nie? :3some: :thumleft:
Skryf net 'n storietjie by asb. Stoeta!.....................en moenie jou wheelie foto buite Calvinia uitlos nie
 
Ek sal my bes probeer om dit interesant te hou! Snuifie kan dalk ook sommer vir ons pic's oplaai,dink hy het 'n paar. :peepwall:
 
Hentie bm said:
Ek dink ons het julle gesien toe ons sondag deur Calvinia gery het op ons pad terug Bethlehem toe  :thumleft: ons het donderdag gery uit Bethlehem uit en tot ek sondag terug gekom het het ons so 2860km gery  :eek7:  :biggrin:  :thumleft:
Lekke ene Hentie - julle was seker saam met Simon Fourie se groep
Ons het mekaar dan net gemis in Neuwoudsville die sondagoggend

Later weer meer......................................tyd vir 'n brandewyn!
 
Teen die tyd dat ons almal Middelpos verlaat het was daar 'n paar manne wat maar stadig met die grondpad aangekarring het.............seker maar die biere? So 10 kilo's uit Middelpos uit stop Stoetbul toe weer om te rook en soos die OBS op die sitplek wys, weer 'n soetietjie in te druk.

Net toe kom Catie M natuurlik daar verby met haar F800 met 'n pap voorband. Gelukkig sien ons dit toe en stop haar. Soos mes is die hele spul manne toe ook dan nou beskikbaar om haar te help om die band se tjoepie te vervang. Dis amazing watse goed bikers alles saam met hulle rondry! Dit was nie eers 20 min nie toe is daar 'n nuwe tjoep in en ons weer op pad. Ek het natuurlik fokkol gedoen om te help want ek het die kamera vasgehou! Caty M moes die hele tyd op haar softpack gesit het om die fiets se voorvurke van die grond af te hou. so bietjie wydsbeen maar wie gee nou daarvoor om?

F 800's balanseer great met so bietjie (met die klem op BIETJIE..........,Caty), gewig op die agterwiel! Teen so middeldag was ons in Calvinia en het in een van die 2 dameskoshuise op die dorp ingeboek @ R250.00 p/p. Ons het later die middag by die hotel op die dorp gaan rugby kyk! Gelukkig het die Springbokke toe uiteindelik gewen en die manne en girls in 'n goeie luim geplaas om die vleisfeesterrein te betree!

Magtig............wat 'n gedoente! Behalwe die bikes van elke tipe moontlik insluitend Harleys en so aan was daar natuurlik ten minste tussen 30 en 50 KTM's vanaf 400's, 450's, 690's 950's van elke kleur en geur, Super enduro's en natuurlik ook baie 990's.S'e en R'e. So wat van mense op so klein dorpie het ek lanklaas gesien! Die plek was besaai met stalletjies wat alles vanaf skaapstertjies, pofaddertjies, tjoppe, sosaties, skaapkoppe, afval, en nog verkoop het! Jy koop jou vleis per kilogram en toe ek eers aan 'n tjop gebyt het kon ek verstaan hoekom al die mense daar is. Die skaapvleis is f@kken lekker!

Dit maak die skaapvleis wat ons in Pretoria kry lekker afsteek. Later het die alkohol begin praat en was almal in die danstent tot so om en by 12:00! Ek het terug koshuis toe gery met 'n lyf en dit was bliksems koud. Soos die noodlot dit wou he weier my voorlig toe ook om te werk en keer 'n metro polisieman my af in die dorp " Meneer - weet jy jou lig werk nie?" Ek antwoord toe ja ek weet want dit is nogal donker voor my. Die man begelei my toe na die koshuis met sy bakkie waar ek half verkluim en getrek gaan inkruip het saam met 3 ander manne in 'n kamer. Die gebou het gebewe soos die manne snork en ek dink nie in die geskiedenis van Calvinia was daar so baie hardebaarde saam op een slag in die meisieskoshuis nie! Dank Vader!

More meer oor die dag Weskus toe!
 

Attachments

  • NC RR 9.jpg
    NC RR 9.jpg
    62.3 KB
  • NC RR 10.jpg
    NC RR 10.jpg
    57 KB
  • NC RR 11.jpg
    NC RR 11.jpg
    56.5 KB
  • NC RR 12.jpg
    NC RR 12.jpg
    55.2 KB
Wonder of ek ook so baie hulp sou gekry het as die papwiel myne was :p
 
Top