Ons doen nooit wat on se ons gaan nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Saterdag: Lusaka Chisamba loop...

Ek het op die trip nog steeds nie geleer om voor uit roetes te beplan nie en het staat gemaak op Google earth om so half en half n roete te beplan..... Daar is baie ry plek rondom Lusaka en ek reken ek sal lekker daar kan bly!

Ek groet my maats en beplan n loop voor ek weer later by hulle aansluit.

Met n moerse gesukkel van verdwaal en kopskud vir my swak besluite vind ek wel later die plek waarna ek gesoek het.

Dit was lekker ry maar meestal op goed onderhoude stof paaie tussen spog plase deur.

Daar was wel een stroom waar ek moes stop en my kop skud vir die Fkkkkn mesDOM,  moeder natuur bied so baie maar sy kry verseker meer stank as dank.

By Chisamba, kap ek n koue een en vetkoek voor ek verder soek na n roete terug Stad toe.  Oppad terug sukkel ek n ent lank langs 'n trein spoor af voor ek weer 'n prominete pad opspoor.  Ek is seker ek het oor n paar karre se dakke gery wat in die reent seisoen in die diep poele verdwyn het....


Daar was bek en klou gewees daar was 'n hele paar beheerpunte waar ek gedip moes word... die beheer het my beindruk.

Na amper 150km van baie plesier,,,,  trek ek by my maat se huis in vir n laaste kuier vir n lang tyd.....
 

Attachments

  • 20180428_081935.jpg
    20180428_081935.jpg
    271.7 KB
  • 20180428_081939.jpg
    20180428_081939.jpg
    234.8 KB
  • 20180428_092036.jpg
    20180428_092036.jpg
    104 KB
  • 20180428_092045.jpg
    20180428_092045.jpg
    122 KB
  • 20180428_101616.jpg
    20180428_101616.jpg
    86.2 KB
  • 20180428_101620.jpg
    20180428_101620.jpg
    123.7 KB
  • 20180428_101626.jpg
    20180428_101626.jpg
    133.7 KB
  • 20180428_081441.jpg
    20180428_081441.jpg
    107.8 KB
Sondag: Lusaka na Kitwe via Kapiri Mposhi, Mpongwe en Luansha

Laat ek klaar maak wat ek begin het!  2 jaar terug die tyd was ek by Vic Falls oppad DRC toe.  En nog vol dreef!  Die afgelope jaar was rof,  die expat lewe is nie vir almal nie maar ek moes vasby tot nou om 'n droom of 2 te bewaarheid. (later die jaar vertel ek julle meer)

Ek nie veel stories vertel nie gaan meer net die fotos en hoogtepunte deel.

Die foto's is van my border run Zambia toe en hier moes ek al weer gedraai het.

Ek het die Sondag vroeg in die pad geval en grond p(d)aaie gery omdat ek wou!

Ek het weer probleme met die chain guard opgetel maar gelukkig het my waterMan tang vir die soveelste keer in sy en my lewe die dag gered….
 

Attachments

  • 20180429_150659.jpg
    20180429_150659.jpg
    61.3 KB
  • 20180430_083520_001.jpg
    20180430_083520_001.jpg
    118 KB
  • 20180429_122945.jpg
    20180429_122945.jpg
    69.3 KB
  • 20180429_111630.jpg
    20180429_111630.jpg
    136.3 KB
  • 20180429_110218.jpg
    20180429_110218.jpg
    58.5 KB
  • 20180429_105734.jpg
    20180429_105734.jpg
    45.8 KB
  • 20180429_105511.jpg
    20180429_105511.jpg
    100.2 KB
Daarsy, nou ry ons weer saam  :ricky:
 
Maandag: Kitwe terug Plaas toe:

Na my bitter ervaring by Kasumbalesa besluit ek demoer met dit, ek gaan 'n kleiner grenspos probeer Mokambo… ( DRC se Aventura van grensposte)

Hier gaan dit seepglad na die beamptes van die Zambia kant uiteindellik daar opdaag.  Daar daag ook n engel op genaamd Sister Lisa, sy is n doker vir die Salesian Sisters! Hulle groot sending pos is in Mokamba, sy kyk ook na 3 ander hospitale, een wat ons werkers gebruik vir n baie klein fooi.

Sy stel my gerus en se sy sal reelings tref aan die DRC kant dat hulle my nie moet uitbuit nie. dit gebeur toe net so...

Paspoort getjap en TIP vir n volle 15 dollar (net vir n maand geldig) maar n moerske bargain teen die poort van die hel!

Ongelukkig het dokter Lisa nie vir die Nurse daar gese van my nie en die ou in sy wit pakkie wil my toe vol gif spuit vir die cholera uitbraak wat in Zambia n klomp mense op hol gejaag het.  Ek se toe nee nee meneer jy spuit my met niks! Se sommer ek het my eie persoonlikke dokter en daar kom sy weer tot my redding.

Ek gaan drink n glas water by die klooster en gesels maar n bietjie om dankie te se!  en wonder waar kom die lesian van Salesian dalk die oorsprong was van n ander "Sisters" beweging….

Van hier was dit mooi grondpad tot by die teerpad wat by Lubumbashi toe gaan.

Daar gekom ek die dors geles by die gastehuis voor ek weer die volgende dag by die werk moes wees.

 

Attachments

  • 20180430_114114.jpg
    20180430_114114.jpg
    71.9 KB
  • 20180430_114737.jpg
    20180430_114737.jpg
    101.4 KB
  • 20180430_122359.jpg
    20180430_122359.jpg
    109.5 KB
  • 20180430_140346.jpg
    20180430_140346.jpg
    81.9 KB
  • 20180430_140401.jpg
    20180430_140401.jpg
    81.2 KB
  • 20180430_143820.jpg
    20180430_143820.jpg
    57.5 KB
  • 20180430_173337.jpg
    20180430_173337.jpg
    61 KB
So pas die hele RR gelees... Baie dankie vir die deel daarvan.

Afrika is nie vir sissies nie...

Hoop dit sink by die jonger WD's in wat jy probeer tuis bring... Tyd en geleentheid is nie almal beskore om sulke avonture aan te pak nie.

As mens jou weer kry - dan is die tyd amper op en jou lyf gedaan...

Doen die dinge wanneer jy nog kan  :deal:
 
Jy is terug!
Lekker. Ek geniet jou skryfstyl baie.

Vertel nog.
 
Dankie vir die saamry kerels!

Al wat ons het is tyd en geleentheid maar nie aldag maklik om die balans in die lewe tekry nie! 


11 May 2018 : Huis toe (Mashamba (plaas) na Lusaka

Skaars terug van my all expenses paid naweek in Zambia, kry ek die goeie nuus dat my kolega gesond genoeg is om terug tekom werk toe.  Ek kan my planne maak om huis toe te gaan! Ek kon kies om te vlieg of om terug tery!  Dit was nie moeilik om te besluit, maar ek moes die 19de my neef se troue in die Bloemfontein bywoon om my sleg te gedra! En die 20ste weer goed te gedra want dan word Ouma Cherry 90!  Die gevolg was dat tyd weereens beperk sou wees en dat ek weer baie gaan mis!

Ek beplan my trip en besluit ek gaan maar hard druk die eerste 2 dae dat ek die Zim se Eastern Highlands op my tyd kan geniet! 

Kris is vroeg gepak en ons kom voor 6 weg!  Die stad slaap nog en ek kon n foto of 2 neem!

Ek maak maar ore plat om deur die grens te kom en weereens geen probleme nie!

Ek druk toe maar hard op die teer en klim eers na Kabwe op die stof pad aangesien daar nog genoeg daglig was om bietjie te verken!

Ek gaan slaap die aand vroeg en se Dankie!
 

Attachments

  • 20180511_150546.jpg
    20180511_150546.jpg
    122 KB
  • 20180511_162018.jpg
    20180511_162018.jpg
    89.2 KB
  • 20180511_150701.jpg
    20180511_150701.jpg
    111.9 KB
  • 20180511_150606.jpg
    20180511_150606.jpg
    138.3 KB
  • 20180511_150243.jpg
    20180511_150243.jpg
    111.2 KB
  • 20180511_074833.jpg
    20180511_074833.jpg
    84.3 KB
  • 20180511_074808.jpg
    20180511_074808.jpg
    111.4 KB
  • 20180511_061409.jpg
    20180511_061409.jpg
    71.7 KB
  • 20180511_054456.jpg
    20180511_054456.jpg
    54.8 KB
  • 20180511_150221.jpg
    20180511_150221.jpg
    87.8 KB
12 Mei 2018: Lusaka - Harare

Ek kom later weg as beplan maar eet darm goed vir nog n lang dag in die saal!

Ek vat rigting oos vir so 45km uit Lusaka en is sommer gou op die stof pad en in my element!  Dit was die eerste "lekker" 2 spoor wat ek op die trip gery het en die Kris eet die terrain soos soet koek op!  Stukke was kwaai verspoel maar die Karoo 3's laat my nie een keer huiwer nie!  Daar is tekens dat die pad so sleg is van die steentydperk maar vir ons is dit net n plesier!

Ek nader aan Chirundu verdwyn die klippe en dit raak duidelik dat ek nou die vloed vlaktes in beweeg!

Ek moes baie meer fotos geneem het van hierdie deel maar as ek eers lekker begin ry voel ek n veer!

Ek stop by n Koeka en ontmoet n spook die man was as vroeg dag warm op goedkoop bier.  Hy lyk wel tevrede en kan nie help om te wonder of hulle nie dalk die regte resep het vir n goeie lewe nie!

Ek sluit weer later by die teerpad aan en druk vir die Kariba grenspos!! Ek het gerugte gehoor dat Dam De Wal besig was om te pak vir n see vakansie en wou darm gaan groet voor sy vertrek. Dink hy is nou soortvan gefix so daar is nog kans vir huisboot partydjies!

Die grespos deur weereens sonder enige probleme!  Nou Harare toe, dit raak laat en ek breek weer die reels en ry n stuk in die donker!  Plan was om by Kariba te slaap maar die Eastern Highlands roep my naam! 

Ek kry n kamer by n backpackers en draai n arm dat hul vir my die kombuis oop maak vir n toebie en n paar birre…

More begin die Aksie
 

Attachments

  • 20180512_101304.jpg
    20180512_101304.jpg
    133 KB
  • 20180512_095252.jpg
    20180512_095252.jpg
    200.7 KB
  • 20180512_095247.jpg
    20180512_095247.jpg
    116.1 KB
  • 20180512_095238.jpg
    20180512_095238.jpg
    104.8 KB
  • 20180512_094201.jpg
    20180512_094201.jpg
    178.2 KB
  • 20180512_094149.jpg
    20180512_094149.jpg
    183.5 KB
  • 20180512_091847.jpg
    20180512_091847.jpg
    157 KB
  • 20180512_091831.jpg
    20180512_091831.jpg
    150.8 KB
  • 20180512_085400.jpg
    20180512_085400.jpg
    97.5 KB
  • 20180512_094158.jpg
    20180512_094158.jpg
    172.5 KB
Nog Foto's

Die buitelig Teater se slagspreuk een van my gunstelinge!

 

Attachments

  • 20180512_115106.jpg
    20180512_115106.jpg
    114.1 KB
  • 20180512_130307.jpg
    20180512_130307.jpg
    63 KB
  • 20180512_123140.jpg
    20180512_123140.jpg
    93.8 KB
  • 20180512_123102.jpg
    20180512_123102.jpg
    97 KB
  • 20180512_120722.jpg
    20180512_120722.jpg
    172.2 KB
  • 20180512_120129.jpg
    20180512_120129.jpg
    129.7 KB
  • 20180512_110913.jpg
    20180512_110913.jpg
    64.9 KB
  • 20180512_110816.jpg
    20180512_110816.jpg
    98.7 KB
  • 20180512_110009.jpg
    20180512_110009.jpg
    114.1 KB
  • 20180512_105935.jpg
    20180512_105935.jpg
    140.2 KB
Laaste paar van Dam de Wal
 

Attachments

  • 20180512_133455.jpg
    20180512_133455.jpg
    129 KB
  • 20180512_134501.jpg
    20180512_134501.jpg
    73.2 KB
  • 20180512_134510.jpg
    20180512_134510.jpg
    102.5 KB
  • 20180512_160626.jpg
    20180512_160626.jpg
    148.6 KB
Daai wal is altyd awesome om te aanskou  O0
 
Ek dog die Kariba dam is leeg? Wanneer was jy daar?

Hoe lank het dit gevat om die grensposte te clear? Ek sidder as ek dink aan Zim grensposte.
 
Kaboef said:
Ek dog die Kariba dam is leeg? Wanneer was jy daar?

Hoe lank het dit gevat om die grensposte te clear? Ek sidder as ek dink aan Zim grensposte.

Hierdie RR is vanaf 2018.

Ruan 87 said:
12 Mei 2018: Lusaka - Harare
....
Ek sluit weer later by die teerpad aan en druk vir die Kariba grenspos!! Ek het gerugte gehoor dat Dam De Wal besig was om te pak vir n see vakansie en wou darm gaan groet voor sy vertrek. Dink hy is nou soortvan gefix so daar is nog kans vir huisboot partydjies!

Die grespos deur weereens sonder enige probleme!  Nou Harare toe, dit raak laat en ek breek weer die reels en ry n stuk in die donker!  Plan was om by Kariba te slaap maar die Eastern Highlands roep my naam! 
...
 
Wys jou hoe lees ek.

:biggrin:
 
Kaboef said:
Wys jou hoe lees ek.

:biggrin:

ja nee  :bueller:    :lol8:

Van die zim grensposte wat ek al beleef het is Beitbrug by ver die ergste. Maar snaaks genoeg kan mens selfs Beitbrug op n goeie dag vang, maar daai dag dink ek kom net so een maal elke 100 jaar  :imaposer:

[member=20113]Ruan 87[/member]  gooi, ons wag vir daai eastern highlands!
 
Top