Ons doen nooit wat on se ons gaan nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Baie dankie aan elkeen vir die saamry, dit maak die skrywe soveel lekkerder. 

Ek gaan verseker meer foto's begin neem,  Dinge is bietjie deurmekaar by die werk ek sal julle wel ophoogte hou as ek die pad terug huistoe vat binne die volgende 2 maande.

Happy Trails
 
Ri said:
Kyk, jy het voorwaar 'n YSTER en daardie motorfiets gaan jou nog ver paaie vat, met geen probleem nie :ricky:

Ek ken iemand wat werk by daardie Bolloré Logistics - hier naby Kaapstad lughawe - maar hy't hom vir iemand vererg en van WD afgeklim... sug.

Dankie vir 'n baie lekker RR. Neem asb meer foto's, hoe kan mens op jou spore volg as mens nie weet waar hulle lê nie :imaposer:

Ai, en nou droom ek van 'n DR650 Africa Bash...

Ek hoop nie die ou bly te lank kwaad nie hy gaan uitmis en spyt kom altyd eers as die ys gesmelt het.

Ek stem saam met daai DR650 Africa Bash idee... ons moet dit net goed vooruit beplan :thumleft:


ChrisL - DUSTRIDERS said:
Ruan indien jy nie n runner/fixer by die grenspos gehad het hoe lank sy dit jou neem om deur te gaan en hoeveel sou dit jou dan gekos het?

Chris ek kan werklikwaar nie se nie, soos ek gese het my werks permit was my probleem gewees maar dit het ook beteken ek het 'n Visa wat deur my werkgewer betaal is waar ek gescore het. Dink tog jy sou 'n paar dollars kon spaar maar verseker nie tyd nie. Die grootste probleem sou egter kommunikasie gewees het aangesien die klomp moes smart wil wees en Frans praat.  So ek sou van een of ander fix moes gebruik maak.  Dalk as die stof eendag gaan le hier kan ons maklikker in die mooi land toer.  Mag dalk net vinniger wees as wat ons dink. ons kan maar net hoop.

Die grootste les wat ek al hier geleer het en ek is seker dit geld vir baie ander afrika lande, is dat die gewone ou op straat nie die bedreiging of die gevaar is nie,  maar dat dit die owerhede is wat veronderstel is om jou te beskerm.

Ek het geweet dit gaan my paar $ kos en my tyd was nie soveel soos wat ek graag sou wou he nie,  maar ek moes iewers begin en om die grensposte te bemeester is ek verseker baie kennis ryker. 

Om eerlik te wees het ek baie erger verwag van die "Shithole" en ek is altyd vriendellik verras gewees ek doen dit sommer weer :ricky:

Jammer ek kan nie van beter hulp wees nie.
 
Daai ding van die Afrika regerings amptenaar kan nie meer waar wees nie. Ek het heelwat ondervinding in verskeie lande en die “man met die badge” is altyd reg. Kan jou lelik te staan kom veral as n 2de, 3de en 4de party bykom en elkeen soek sy pond vleis oor hy sy kosbare tyd moet spandeer om jou te verpes.
Lekker trippie, geniet die way down wanneer hy aanbreek.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
met daai DR650 Africa Bash idee..

Zim sal n goeie plek wees om dit te hou aangesien daar nou n nuwe DR eienaar is. :deal: ;)
 
Die man is weer on the move  ;D

Lekker om jou te ontmoet [member=20113]Ruan 87[/member]  veilige myle, swarrie, sien uit na die RR wanneer jy klaar getoer het    :thumleft:  :thumleft:

Pics:
Die DR's groet mekaar....
En Ruan speel nie wanneer dit kom by self-verdediging teen aanval van wille diere nie!
 

Attachments

  • R2.jpg
    R2.jpg
    121.5 KB
  • R3.jpg
    R3.jpg
    84.4 KB
  • R1.jpg
    R1.jpg
    76.7 KB
chopperpilot said:
Awesome trip Ruan! :biggrin:

Vertel ons meer van jou DR se geskiedenis en farkles! ;)
By Hardy verneem jou DR was syne....en seker die bes gefarkelde DR in Afrika!

Jy weet nou seker dat Coen se DR my baba was. Ook lekker toegerus, net nie so spoggerig ($$$) as joune nie!

Geniet jou DR![emoji6]


Sent from my iPad using Tapatalk
 
chopperpilot said:
chopperpilot said:
Awesome trip Ruan! :biggrin:

Vertel ons meer van jou DR se geskiedenis en farkles! ;)
By Hardy verneem jou DR was syne....en seker die bes gefarkelde DR in Afrika!

Jy weet nou seker dat Coen se DR my baba was. Ook lekker toegerus, net nie so spoggerig ($$$) as joune nie!

Geniet jou DR![emoji6]


Sent from my iPad using Tapatalk

[member=5599]chopperpilot[/member] dit is inderdaad hy altwee sy spog DR's staan nou in my stal.

Waardeer die kompliment!  Jou x fiets is net so merkwaardige masjien!
 
0012 said:
Die man is weer on the move  ;D

Lekker om jou te ontmoet [member=20113]Ruan 87[/member]  veilige myle, swarrie, sien uit na die RR wanneer jy klaar getoer het    :thumleft:  :thumleft:

Pics:
Die DR's groet mekaar....
En Ruan speel nie wanneer dit kom by self-verdediging teen aanval van wille diere nie!

[member=14571]0012[/member] was moerse om jou te ontmoet jammer tyd was so mi!  hoop ons kan binne kort 'n kuier reel! 
 
Hier is nou soveel lekker R&R onder die fret,  maak dit skoon moeilik om te skryf.... Maar laat ek gooi...

Long story short: met my kolega huistoe met malaria en bilharzia verander my 8 weke werk skof in amper 15 weke een!  daar was in die tyd ongelukkig weinig tyd vir plesiertjies maar ons het wel een dag tyd gemaak om bietjie te gaan verken in die Willer as wilde DRC.  Die plan was dat ons na die "Chute Dela Lofoi" wat Lofoi waterval beteken wil gaan besigtig.  Die kompanie bestaan uit myself op my ysterperd en twee kolegas Cous-Cous ( so nice they named him twice) en Jacques nommer 3 in die Toyota prostaat hammer (land cruiser) was Jacques se vrou wat so 3 weke kom kuierhet.

Ons val so 9 uur in die pad en die koeler is gepak tot bo. Ons neem die tog aan met meer MOED as Verstand net soos party manne wat meer as eenkeer voor die kansel gaan staan!  :pot:

Ons bestemming is 180km noord oos met 60 km teerpad en die res wel noem dit grondpad, rivier of Fhaakall pad!  Die Prostaat Hummer het so 30km in op die grond pad die wyse keuese gemaak om terug te draai aangesien ons nie n tent gepak het nie was dit die regte ding om te doen.  Ek draai saam hulle om maar die moer op my skouer skreeu al hoe harder "Mofffffie" . Hulle is kort op my hakke.  Ek se toe ek gaan kyk of ek dit nie kan maak tot by die valle nie en belowe dat ek sal fotos neem! 

Ek draai op en hou aan glo dat die pad gaan beter raak en wonder of dit hier ook 1500mm vir die jaar gereent het so by ons op die plaas....  Onder vertgel die fotos die storie. 

Ek het dit toe ook nie gemaak nie ek was seker so bietjie minder as 30km van die valle af maar my tyd het my gevang en ek moes terug draai....

 

Attachments

  • 20180331_140045.jpg
    20180331_140045.jpg
    223.2 KB
  • 20180331_161207.jpg
    20180331_161207.jpg
    131.2 KB
  • 20180331_155042.jpg
    20180331_155042.jpg
    212.8 KB
  • 20180331_143956.jpg
    20180331_143956.jpg
    94.8 KB
  • 20180331_130131_001.jpg
    20180331_130131_001.jpg
    172 KB
  • 20180331_130122_001.jpg
    20180331_130122_001.jpg
    128.5 KB
  • 20180331_110047.jpg
    20180331_110047.jpg
    198.9 KB
  • 20180331_105151.jpg
    20180331_105151.jpg
    149.5 KB
  • 20180331_102640.jpg
    20180331_102640.jpg
    183 KB
  • 20180331_102631.jpg
    20180331_102631.jpg
    146.4 KB
Ek het dit eers in die donker terug gemaak tot by die teerpad.  Maar soos goeie vriende maar maak het die klomp vir my gewag by n Bar langs die pad. Die ou tante saam hulle op die foto is Madam Chief en Cous-cous was vas oortuig dat sy hom as burgermeester aangestel het.  Hulle het my toe met die bakkie ge-escort tot by die huis... ek hoop om eendag wel, die waterval te besoek.....

Vrede
 

Attachments

  • 20180331_171504.jpg
    20180331_171504.jpg
    102.5 KB
  • IMG-20180403-WA0009.jpg
    IMG-20180403-WA0009.jpg
    204.3 KB
  • IMG-20180403-WA0007.jpg
    IMG-20180403-WA0007.jpg
    301.8 KB
  • IMG-20180403-WA0006.jpg
    IMG-20180403-WA0006.jpg
    329.7 KB
  • IMG-20180403-WA0002.jpg
    IMG-20180403-WA0002.jpg
    228.6 KB
  • 20180331_175138.jpg
    20180331_175138.jpg
    167.6 KB
  • 20180331_175138.jpg
    20180331_175138.jpg
    167.6 KB
  • 20180331_163700.jpg
    20180331_163700.jpg
    139 KB
  • 20180331_162134.jpg
    20180331_162134.jpg
    223.3 KB
  • 20180331_162134.jpg
    20180331_162134.jpg
    223.3 KB
Dankie mater, ek het uitgesien na n 'update' hier. Gooi nog asseblieff!  :thumleft:
 
prostaat hammer  :imaposer:  :imaposer:  :imaposer: kan nie aan n beter beskryfing vir toyota bakkies dink nie, myne na 282k km, ek kan skaars stap  :lol8:

gooi nog!
 
Ruan 87 said:
chopperpilot said:
chopperpilot said:
Awesome trip Ruan! :biggrin:

Vertel ons meer van jou DR se geskiedenis en farkles! ;)
By Hardy verneem jou DR was syne....en seker die bes gefarkelde DR in Afrika!

Jy weet nou seker dat Coen se DR my baba was. Ook lekker toegerus, net nie so spoggerig ($$$) as joune nie!

Geniet jou DR![emoji6]


Sent from my iPad using Tapatalk

[member=5599]chopperpilot[/member] dit is inderdaad hy altwee sy spog DR's staan nou in my stal.

Waardeer die kompliment!  Jou x fiets is net so merkwaardige masjien!
Dankie Ruan! ;)

Geniet donkerste Afrika op jou DR!  :biggrin:
 
Deur die Poort van die HEL

Na moerse PTS (post trip syndrome) gaan ek weer aan met die R&R.  Ek moet se dit gaan elke dag net n klein bietjie beter en ek wonder hoe pas die gene wat vir maande of selfs jare op die pad is weer aan in samelewing.... Kan nie maklik wees nie. 

Die tyd het gevlieg en voor ek my oe uitvee was ek amper 3 maande aaneen in die DRC, ek moes intussen elke maand my TIP hernu teen 'n aardige bedrag gelukkig het die werk die betaal.  Maar 3 maande is 3 maande en ek moes of die fiets tydellik invoer of ek moes vlug oor die grens om seker te maak die moere vat nie my bike en natuurlik n paar klappe vir hulself nie.  Ek maak reelings met vriende in Zambia en val Vrydag die 27ste April in die pad vol moed.  Die pad tussen Lubumbashi en die grens is baie nou en vol slaggate wat kort kort vir 'n trol eis of sommer n paar.  ek ry egter baie goed en is net so na 8 by die grens.

Hier leer ek weer 'n les.... My plan was om sonder huld deur tegaan maar die runner wat ek laas gebruik het het my gesien aan daarop aangedring om my te help.  Alles verloop toe darm heel goed aan die DRC kant maar aan die Zambia c#nt nie so goed daai hulle was vol stories oor die tol permit wat ek by Livingstone gekoop het.  Hulle het daarop aangedui ek gaan by n ander grens uit as Kasumbalesa en die manne wil he ek moet betaal... Ek is eers klip harregat maar moes maar ingee wat ek wou die aand n paar brannas saam lekker mense geniet. 

Ek betaal toe die 30 Usd voor ek amper my tong afbyt om hulle nie 'n klomp swets woorde toesnel.  Ek maak rof stof toe ek daar wegtrek dat hulle kan sien ek is demoerrin maar die crowed juig hulle dink ek gooi n show....

toe ek deur alles is se ek vir mysels "Self die is verseker die poort van die hel en ons kom noooit weer hier heen nie al moet ons"......

Ek hoe toe maar vir Chris op die teer en ek draai sy oor dat ons Lusaka kan haal voor sononder maar daar is geen manier nie dit is reed na 2.  Maar na die dag kort ek goeie geselskap.

Ek is toe net so na 8 in Lusaka ek moes maar katvoet in die donker ry....

Ek is veilig in Lusaka.  kan Mosi vir lank kwaad bly nie......
 

Attachments

  • Kas 1.jpg
    Kas 1.jpg
    145.9 KB
  • Kas 2.jpg
    Kas 2.jpg
    145.9 KB
  • kas 3.jpg
    kas 3.jpg
    129.4 KB
  • kas 4.jpg
    kas 4.jpg
    126 KB
  • kas 5.jpg
    kas 5.jpg
    161.1 KB
  • kas 6.jpg
    kas 6.jpg
    109.6 KB
  • kas 7.jpg
    kas 7.jpg
    149.4 KB
  • kas 8.jpg
    kas 8.jpg
    69.9 KB
  • kas 9.jpg
    kas 9.jpg
    115.3 KB
  • kas 10.jpg
    kas 10.jpg
    120.8 KB
Mater moet asb nie spoed verloor nie, ek kannie wag vir die res nie - gooi  :laughing4: :thumleft:
 
Top