Ons doen nooit wat on se ons gaan nie

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Dag 2 Martin's Drift na Elephant Sands,

Ek is vroeg op en ek voel goed, start my spiritus stofie en maak koffie.  Ek begin somme maak in my kop almal waarsku teen die streng owerhede en reels en dus besluit ek om nie die hoof roete te volg nie.  Ek bekyk die kaart en besluit om by Lerala regs te daai, noem dit die alternatiewe roete Fancistown toe. 

Ek slaan my tent op en saal my hings op!  Wraggies waar daar gebeur dit weer my Giant loop het gekrimp, na 'n morsige stoei sessies kom die ritssluiters bymekaar.  Ons is 7uur op die pad so entjie noord en toe rigting verander Oos waarts na Selebi Phikwe. Die pad is mooi en behoort net aan ons nie een motor of vragmotor op die pad nie dit is immers Sondag.  Ek kyk uit vir alternatiewe stofpaaie maar herhinder myself weer aan Les 2 en dat ek nog ver het om te ry!

Heelpad sien ek niks anders as beeste nie en net voor Selebi Phikwe sien ek die eerste groot Baobab ek wou nog stop vir 'n foto maar ek ry te lekker! Paar kilos verder kom daar n bike van voor af ek groet maar die man lyk benoud hy probeer wel kop knik!  Net voor die dorp sien ek 'n groot spur bord en glimlag ek is bly die een is nie geBoikot nie want ek is honger.  Ek bederf myself met 'n lekker koffie en ontbyt en beplan my roete verder.  Oomblikke later trek die selfde bike weer in nat nuwe CRF250 Rally,  Craig stel homself voor en ons gesels lekker,  hy het sopas sy fiets gekry en ry nog op leerling plate verduidellik hy.  Hy gee my roete advies en ek is dankbaar, want hy praat van grondpad en 'n nuwe dam.  Ek groet vir Craig en laat spat net na Mmadinare  is ek op die stofpad so gemaklik dit voel soos my eie land.  Die mense is vriendellik en alles verloop seepglad.  Daar is baie lekker ryplek maar ek fight vir Chris om maar op roete te bly!

Vir een of ander rede het ek die dam gemis maar wel gestop by sy keerwal,  ek moes die naam Google al wat ek onhou is dat die naam soorvan n kombinasie naam is tussen Afrikaans en Chinees.  Ek was reg sy naam "Dikgatlhong". foto van die wal aangeheg.  Kan nie help om te dink dat die Fransmanne darm regtig probeer afshow het met Katse se wal nie! 

Die grond pad is mooi en geen tekens van die sand waarvan almal so praat nie ek moet myself inhou.  Ry mooi jy ry alleen....

Rukkie later ry ek deur Matsiloje en van daar is dit Francistown.  Hier rek ek bene en eet n water roomys Nata le nog wyd en dit lyk na reen.  Ek trek weg en die mooi sonskyn dag lyk al hoe meer bewolk.  Voor Nata sien ek n Puma vulstasie ek trek af koop n redbull en en luister hoe die wolke kraak en toe nie lank daarna maak die hemele oop. Ek is nie die enigste een wat skuiling soek hier nie en toe die 2de dronk ou met my kom geselsie aanknoop besluit ek eder om my reenjas aan tetrek en te ry.  (jammer dit klink dalk kras maar dit is glad nie dat ek nie van n dronk ou hou nie, ek was meer Jaloers as die moer in)

Ek ry heel gemaklik in die reen en my baster reen pakkie hou die water goed uit ( Scott reenjas en Harley reenbroek) dit alles met n KTM rypak op n Suzuki.  No bewyse dat ek gladnie diskrimeneer nie!

Ek stop gou weer in Nata en maak my tenk vol, ek raak nou haastig en my boude is algister seer gewees!  Met die wind en fyn sand van die panne het Nate my baie laat dink aand Stilbaai,  naaste wat ek aan die see is in meer as n jaar. 

Na plus minus 550km sien ek die bord net Betyds vir my en die Saint se afspraak.....

Maar voor dit tel ek weereens my Seeninge

 

Attachments

  • 20180128_120020.jpg
    20180128_120020.jpg
    137.7 KB
  • 20180128_120044.jpg
    20180128_120044.jpg
    134.6 KB
  • 20180128_175914.jpg
    20180128_175914.jpg
    130.5 KB
  • 20180128_120014.jpg
    20180128_120014.jpg
    175.5 KB
Op die tweespoor paaidjie word ek gegroet deur Kameelperde end Zebra's en 'n groot trop grootvoete by die lodge self. Soos ek by ontvangs stap stap daar n man uit om my te verwelkom ons praat sommer dadelik bikes en dit is vir my lekker om bietjie te spog en bikes te chat.  Faffa is die man se naam hy is al 3 dae gestrand by die lodge na sy F800 se ketting die gees gegee het iewers naby Kasane. Die lekker mens wat hy is kom gesels hy weer toe ek tent opslaan en bring toe sommer n bier saam.  Ons kuier die aand eers lekker en raak bevried met twee toer gidse wat nes gifsmouse moese lekker stories kan vertel en ons lag tot ounag toe.  Ek besef vining dat die manne entertain vir 'n lewe teen die tempo wat die drinks aankom.  Hulle draai my en Faffa se arms om hulle die volgende dag weer te ontmoet by Thebe river lodge by Kasene.  Faffa se dit sal lekker wees maar hy het ongelukkig nie wiele nie aangesien hy nog wag vir sy parte.  Geen probleem se Arthur (Duidelik al jarre hoof van die fees kommitee)  Sy rug is al seer om die trappie vir die senior burgers die afgelope 20 dae voor die bus se deur te sit.  Na 'n vinnige onderhoud het Faffa die Job en hy ry links voor in die bus die volgende more.


Al was die trip aanvanklik beplan as 'n "Soft" trip is ek bly ek het my tent gelaai!  Later besef ek eers hoe gelukkig was ek en chris, nie gehinder is deur die Olifante nie.

Ek is bly ek het na almal se raad geluister en die aand hier spandeer! Julle moet ook so maak sou jul hier verby kom!
 

Attachments

  • 20180128_183903.jpg
    20180128_183903.jpg
    91.8 KB
  • 20180128_183910.jpg
    20180128_183910.jpg
    106.1 KB
  • 20180129_063928.jpg
    20180129_063928.jpg
    135.8 KB
  • 20180129_064612.jpg
    20180129_064612.jpg
    62.1 KB
wat nes gifsmouse moese lekker stories kan vertel

:laughing4: :laughing4: :lol8: :lol8:

Dis nogal waar, meeste van hulle kan. :deal:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
wat nes gifsmouse moese lekker stories kan vertel

:laughing4: :laughing4: :lol8: :lol8:

Dis nogal waar, meeste van hulle kan. :deal:

Chris daar is in julle wereld of dalk bietjie Suid 'n gifsmous wat nie sulke lekker stories vertel nie. Die man se bynaam is Klaar Gelag!! Jy sien hom nooit glimlag of lag nie!!  :ricky:
 
Scalpel said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
wat nes gifsmouse moese lekker stories kan vertel

:laughing4: :laughing4: :lol8: :lol8:

Dis nogal waar, meeste van hulle kan. :deal:

Chris daar is in julle wereld of dalk bietjie Suid 'n gifsmous wat nie sulke lekker stories vertel nie. Die man se bynaam is Klaar Gelag!! Jy sien hom nooit glimlag of lag nie!!  :ricky:
Wonder wies dit?
 
Dag 3 Die Beste Dag - Kasane toe

Ek word wakker geraas deur die overlander wat hulle trok pak.  Ek loer by my tent uit en sien daar het 'n lekker bui reen geval... Daai groen bottle met die Takbokkop het my lekker diep laat slaap. Ek stap na die onthaal area toe vir n koppie koffie en om vir oulaas die olifante te bewonder. Die plek is special.

Ek krap op google maps rond en het toe die volgende gesprek met myself:

"' Ruan jy was n goeie seun sover en het mooi na die mense geluister wat gese het kom slaap by Elephant sands,  dink jy nie dit sal Okay wees as jy NIE vir die mense luister wat gese het jy moet liefs Nie die Hunters road gebruik nie...." Ek besluit toe dat dit wel okay sal wees ek moet die sand kry waarvan almal praat...

Ek reken ek het goenoeg tyd aangesien my busry vriend nou eers gaan brekvis en gereeld stop dat ons min of meer ogeveer saam daar sal aankom... min wetend wat op my wag.

Ek gaan borsel my gebit en pak my wa... Groet gou my nuwe busry vriende voor ek die bivouac verlaat vir die liaison seksie na Pandamatenga waar die special begin.

Nie lank nie en ek stop by die Panda grenspos vir n smoke break en iets om aan te kou voor ek die Jagses se pad aandurf...

Die vlag val en ek maak stof die pad is mooi en daar is gelukkig tekens dat daar onlangs ander voertuie op die pad was ek is meer gerus die pad is mooi en wyd oopgekap.  Nie ver nie en met die wat daar n bord van n lodge aan my linker kant verskyn verdwyn al die tekens van spore op die pad.  Die pad deur die bos is mooi maar daar waar die panne is is die gras lank en minder pret om te ry.  Geen meer kans vir omdraai nie ons gaan Noord.  Na die 2 panne raak die tweespoor weer mooi met so paar kolle sand ek raak mak klim later sommer af om fotos te neem (ek stop darm eers)! ek dink terug aan my 990 op n karoo highway oppad buff toe in 2016 dejavu....

Op kilometer 55 verander dinge egter en ek beleef my eerste noue ontkoming uit n draai met diksand ek hou kop en kry die ou weer min of meer in 'n reguit lyn.  Ek stop gou om my doek te ruil en notas te maak van waar die diksand waarvan almal praat nou eintlik begin....  kan nie help om te wonder of die leeus my al gesien het nie, want ek het hulle nog nerens gewaar nie.  Ek klim op en laat spat dit raak nie beter ek stoei voort draai die oor en gewig ver terug soos die ouens wat kan altyd beduie.... Ek doen goed maar so 7 km verder verloor ek vir n oomblik composure en vlieg soos n vrot vel deur die lug nadat chris soos n gesope linedanser oor die middle man begin sping.  60km/h plus tot geplant inni sand in split sekondes.  Ek sping gou op al het ek my val gebreuk met my kop doen ek n paar strekke en alles is darm nog waar dit moet wees.  Jy kan bly wees se ek vir myself en wonder nou meer as ooit of die n goeie idee was.  Daai fyn sand gaan oral in en plak lekker aan my natgesweete lyf.... Dit is nooit goed vir n ou se ego as jy n plaas koop nie maak nie saak of iemand dit sien of nie!  Ek start die fiets en al is ek die keer meer versigtig kom ek gou agter dat dit baie meer energie gebruik en neem my ou posisie in.  Daar was nog so 4 of 5 valle na daai een. Note to self jy val net so hard inni sand soos in die klippe...

Ek ry by 'n padverby wat my kan teerpad toe vat maar hou verby ek draai nie om nie ek is so 70 km in en al trek ek swaar gaan ek nie Mofstaat gebruik nie.... Ek sien die heelpad geen spesie wat n vuur kan maak nie tot na die 70 odd Km merk nie... Ewe skielik spring daar twee army manne met lang gunne voor my in die pad  ek is verlig want ou het ek backup hoef nie meer in n boom te klim om asem te skep nie, maar hul is glad nie vol van die lag nie want ek het hulle vir kilometers deur die bos laat hardloop verduidellik hulle, die een reken my toe ook dat die pad nie oop is vir die publiek nie en dat ek n permit benodig... Bliksemse Boss spietkops hulle maak my omdraai en ek wou nie ek is minder as 30km van die einde af maar wil nie moeilik raak nie, als gebeur tog met n rede.  Ek gee vir hulle elkeen n suurwurm en draai toe maar stert tussen die bene om...

Nie ver van hulle af weg nie kom daai Tolla grappie by my op "Rondtes of petrone juffrou, 'n hond het koeels" ek lag so lekker ek val sommer nog twee keer... Ek moes toe 8km terug ry na Mofstraat toe... al was dit nie lekker nie het ek die konstante wind waardeer!

My bus mense het 5 minute voor my by die lodge gestop ek kry vir Faffa nog by ontvangs en kry staanplek nommer een die beste een volgens iOverlander toep.  Ek is betyds vir my en die saint se boat cruise op die Chobe...

All in All a good day
Blessed

 

Attachments

  • 20180129_180827.jpg
    20180129_180827.jpg
    169.2 KB
  • 20180129_160254.jpg
    20180129_160254.jpg
    81.4 KB
  • 20180129_132911.jpg
    20180129_132911.jpg
    189.4 KB
  • 20180129_122630.jpg
    20180129_122630.jpg
    193.5 KB
  • 20180129_122520.jpg
    20180129_122520.jpg
    210.8 KB
  • 20180129_115841.jpg
    20180129_115841.jpg
    213.4 KB
  • 20180129_113353.jpg
    20180129_113353.jpg
    117.9 KB
  • 20180129_113330.jpg
    20180129_113330.jpg
    67.7 KB
  • 20180129_093251.jpg
    20180129_093251.jpg
    123.2 KB
  Mooi man, ek geniet jou trip.
 
Nooit besef DRK is relatief so naby nie
 
"doek te ruil"... ek het nou so lekker gelag!! Ek kan vir dood nog nie in sand draai nie.

Blykbaar hanteer motorfietse bietjie beter in sand met 'n stywer agterskok, en standaard is DRs mos maar aan die sagte kant. Of is Chris se agterskok bietjie verstel?
 
Lekker Ruan....next episode  ;)
 
Ri said:
"doek te ruil"... ek het nou so lekker gelag!! Ek kan vir dood nog nie in sand draai nie.

Blykbaar hanteer motorfietse bietjie beter in sand met 'n stywer agterskok, en standaard is DRs mos maar aan die sagte kant. Of is Chris se agterskok bietjie verstel?

Hi Ri, Jap hy het die wilbers mod op hom. maak n groot verskil.
 
:sip: Dankie, Ek was op Kazangula en Pandamatenga in 1972 tydens die Bos-oorlog ek  weet van daai sand.  :bueller:
 

Latest posts

Top