Ons RSA toer, of gedeelte daarvan.......2016

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Duster

Race Dog
Joined
Apr 23, 2010
Messages
1,398
Reaction score
0
Location
Naboomspruit, Limpopo
Bike
Yamaha Super Tenere
Ons doen gewoonlik so elke 2 jaar n 2 weke toer met die fiets, en die laaste 2x was ons op in Afrika in, maar die jaar het ons besluit om ons toer met 'n week te verkort, maar saam met dit 'n week se vakansie saam in te werk.  Van julle het gesien dat ek 'n week te Port Owen wou verkoop omdat my werkies dalk kon beinvloed het, maar gelukkig het alles op die laaste Vrydag voor ons moes vertrek, uitgewerk en 10uur daai oggend van 18 Maart, bel ek vir Stoffies en sê ons kan maar ry!!

Gelukkig het ons in antisipasie van 'n moontlikheid, reeds meeste gepak, en toe die aand net die afronding gedoen, klaar die fiets gepak en al ons ryklere reggesit.

My plan was om 5uur Saterdag oggend te ry en die aand by Aventura Gariep te slaap.

4uur was ons op en 5:10 op 19 Maart rol ons uit Naboom uit.  Dis nog donker maar die lus vir ry is groot.  Snelweg al die pad tot in Kroonstad en toe Welkom oor Bloemfontein toe.  Daar iewers het ons by die Meerkat Valley padstal gestop vir iets te eet ens.

Gariep was in ons visier om 13:50 en 14:00 het ons ingeboek.  824km later.

Daar was nie baie fotos geneem nie, aangesien dit redelik vining gegaan het.
 

Attachments

  • 20160319_132650.jpg
    20160319_132650.jpg
    89.6 KB
  • DSCN4158.JPG
    DSCN4158.JPG
    205.5 KB
  • DSCN4161.JPG
    DSCN4161.JPG
    209 KB
  • 0.jpg
    0.jpg
    86.6 KB
Ons het besluit om bietjie meer van ons eie land te sien die jaar, en ons roete was rofweg so beplan per slaapplek:  Gariep, Oudtshoorn, Die Hel (Gamkaskloof), Warmwaterberg Spa, Durbanville, Melkbos, en dan 7 aande in Port Owen te Velddrif aan die Weskus.  Daarna  De Aar, via Carnarvon, Klerksdorp en weer Naboom.

Ons bespreek nêrens nie, behalwe Port Owen wat ons verlede jaar Oktober al bespreek en betaal het, met die gedagte dat ons ons planne enige dag kan verander.  Dit het nog altyd gewerk, en die keer was geen uitsondering nie.

Net bietjie agtergrond van ons aand by Gariep:  2 manne met KTM's stop ook daar en ons stap oor om te groet.  Hulle is ook oppad Hel toe en sou Sondag afry, en ons sou Maandag afry.  Toe hulle hoor ons gaan soontoe, wou hulle weet waarmee ons ry.  Ek sê XT1200, en ons pillion, wou hulle weet waste bande ek ophet.  Anakee 3, sê ek.  Reken die een ek gaan sukkel, hy was 4 jaar terug daar en dit was nie maklik nie. (Net dat julle nie dink ek praat snaaks van die manne nie, want ons het rerig heerlik gekuier, en hulle was nie groot praterig ens nie.  Hulle was genuine bekommerd.)

Daai aand in die tent spreek ek my kommer uit oor ons vermoë om Die Hel baas te raak.  Stoffies troos en sê, gelukkig kan ons omdraai as dinge te warm begin raak.

Heerlike rustige aand gehad en die volgende oggend 7 uur op, koffie en pappies, 8uur op die pad na Oudtshoorn toe.  Colesberg af op die N9 via Graaf Reinet.  So 50km voor Graaf Reinet ry ek by die Nieu Bethesda afrit verby.  "Die Uilhuis" skree Stoffies in my ore!  Ek stop en ons beraadslaag.....  Geen idee hoe vêr dit is nie, brandstof bietjie laag, nee seg ek, ander jaar, nie die keer nie.

Stoffies se lippie hang eers en toe blaas hy op, maar voor sy iets ernstig my kan aandoen, ry ek verder.  Maar my brein werk oortyd, want ek wil my pop gelukkig sien.  Toe ek in Graaf Reinet stop vir brandstof, stel ek voor ons soek slaapplek, pak bagasie af en ry terug Uilhuis toe.  Dan spandeer ons die middag daar en slaap oor in GReinet.  Ons kan ons planne Kaap se kant toe bietjie aanpas.  Sy was so opgewonde en ek was 'n happy chappie.

Slaapplek by Profcon gekry, nadat ons onsself by Urquartpark verbied het.  Tent maak staan en Uilhuis toe gesleep.  
 

Attachments

  • DSCN4164.JPG
    DSCN4164.JPG
    106.3 KB
  • DSCN4169.JPG
    DSCN4169.JPG
    169.4 KB
  • DSCN4173.JPG
    DSCN4173.JPG
    173.2 KB
  • DSCN4174.JPG
    DSCN4174.JPG
    229.6 KB
  • DSCN4176a.JPG
    DSCN4176a.JPG
    211.6 KB
  • DSCN4179.JPG
    DSCN4179.JPG
    201.7 KB
Nog fotos
 

Attachments

  • DSCN4180a.JPG
    DSCN4180a.JPG
    171.5 KB
  • DSCN4187.JPG
    DSCN4187.JPG
    228.9 KB
  • DSCN4186.JPG
    DSCN4186.JPG
    228.6 KB
  • DSCN4185.JPG
    DSCN4185.JPG
    164.5 KB
  • DSCN4183.JPG
    DSCN4183.JPG
    193 KB
  • DSCN4182.JPG
    DSCN4182.JPG
    155 KB
  • DSCN4181.JPG
    DSCN4181.JPG
    165.3 KB
Kyk hoe loop Dorsland se bokke daar in die kerkyards op Nieu-Bethesda?!! :eek7: ;)
 
Mooi Duster...kannie wag vir die res nie.  :thumleft:
 
Nou net lekker agter oor gesit en begin lekker lees,  :ricky: :ricky:

Waneer ry ons nou weer verder ?  :deal: :biggrin:
 
En so kuier ons toe by die Uilhuis.
 

Attachments

  • DSCN4189.JPG
    DSCN4189.JPG
    213.8 KB
  • DSCN4199.JPG
    DSCN4199.JPG
    178.8 KB
  • 20160320_134347.jpg
    20160320_134347.jpg
    129.8 KB
  • DSCN4197.JPG
    DSCN4197.JPG
    169.8 KB
  • DSCN4195.JPG
    DSCN4195.JPG
    211.1 KB
  • DSCN4191.JPG
    DSCN4191.JPG
    168.3 KB
Die geskiedenis van die plekkie is eintlik baie tragies.  Baie geheimenisse in haar (Helen Maartins) lewe saam met haar gevat toe sy haar eie lewe geneem het.
Foto 4209 is bv die slang met die vrug wat vir Eva verlei het en 4226 is die woorde op die trappe van haar pa se kamer waar hy gebly het, "The Lions Den".  Dit spreek vanself.

Laat middag is ons terug tent toe en Stoffies het 'n welverdiende ruskans benut.
 

Attachments

  • DSCN4200.JPG
    DSCN4200.JPG
    209.1 KB
  • DSCN4202.JPG
    DSCN4202.JPG
    225.3 KB
  • DSCN4209.JPG
    DSCN4209.JPG
    187.7 KB
  • DSCN4210.JPG
    DSCN4210.JPG
    236.1 KB
  • DSCN4225.JPG
    DSCN4225.JPG
    131.4 KB
  • DSCN4226.JPG
    DSCN4226.JPG
    168.9 KB
  • DSCN4229.JPG
    DSCN4229.JPG
    178.1 KB
  • DSCN4236.JPG
    DSCN4236.JPG
    189.5 KB
Sondag oggend het vinnig aangebreek en ons het n nat gedoude tent opgerol en ingepak.  Op die N9 gebly tot in Willowmore waar ons by Sophies Choice ge "Appeltert en Room" het.  Ons het redelik nat daar aangekom, gelukkig met reenpakke aan, en ek wou graag van  daar af die grondpad Klaarstroom toe gevat het sodat ons deur Meiringspoort in De Rust kon aankom.

Die reen het my afgeskrik met die swaar vrag wat ons gedra het en teerpad geslaan tot in De Rust.
 

Attachments

  • DSCN4244.JPG
    DSCN4244.JPG
    220.8 KB
  • 20160321_101639.jpg
    20160321_101639.jpg
    100.7 KB
  • 20160321_101431.jpg
    20160321_101431.jpg
    100.6 KB
  • DSCN4242.JPG
    DSCN4242.JPG
    198 KB
  • DSCN4241.JPG
    DSCN4241.JPG
    193.9 KB
  • DSCN4243.JPG
    DSCN4243.JPG
    211.9 KB
Ek het baie bikers gekry wat van die rally in Mosselbaai af oppad huistoe was.  Hulle het seker gedink ons was laat vir die rally.  Onder andere die man en vrou op hul sidekar wat van Bloem af kom.

Ons het reenpakke aangehou, was nie lus vir natreen nie, maar het nie weer reen gekry nie.  Die pienk olifantjie op De Rust is te oulik.  Te vinnig was ons in Oudtshoorn.  Daar volgemaak en in die rigting van Swartberg pas by Oppie Wal Dam ingeboek.
 

Attachments

  • DSCN4245.JPG
    DSCN4245.JPG
    196 KB
  • DSCN4247.JPG
    DSCN4247.JPG
    148.9 KB
  • DSCN4249.JPG
    DSCN4249.JPG
    171.5 KB
  • DSCN4252.JPG
    DSCN4252.JPG
    229.1 KB
  • DSCN4253.JPG
    DSCN4253.JPG
    188.5 KB
  • DSCN4257.JPG
    DSCN4257.JPG
    214.8 KB
Oppie Wal Dam is so 15km buite Oudtshoorn.  'n Baie lekker plekkie om by te oornag.  Netjies met eie badkamer en wasbakke, ideaal vir ons wat self versorgend is.

Ons het afgepak en tent opgeslaan en dorp toe gery om bietjie die plek te verken.  Baie strate was toegemaak agv die voorbereidings vir KK&K.  Ons het proviant gekoop en iets te drink en terug tent toe.  Laat middagete is by die Old Mill geniet en voor dit donker word het Stoffies eers haar elke middag roetine oefeninge gedoen.  (Kyk, so vir toewyding het ek nog min gesien!  Sy het elke middag haar oefeninge gedoen, behalwe vir 2 aande wat die plek nie dit toegelaat het nie.)
 

Attachments

  • DSCN4259.JPG
    DSCN4259.JPG
    166.7 KB
  • DSCN4261.JPG
    DSCN4261.JPG
    213.8 KB
  • DSCN4268.JPG
    DSCN4268.JPG
    217.8 KB
  • DSCN4270.JPG
    DSCN4270.JPG
    258.9 KB
  • DSCN4272.JPG
    DSCN4272.JPG
    227.6 KB
Die aand was lekker koel, eintlik kouerig, want Stoffies het haar ligte baadjie en haar reenbaadjie aangehad, maar die slaapsakke was meer as genoeg.  Daai aand, toe ek so knus teen haar rug lê, bespreek ons die volgende oggend se Hel ryery.  My senuwees was so half aan die op kant, want behalwe dat ek nie ons bike wil beskadig met 'n side stand incident nie, dra ek mos 'n baie kosbare vraggie agter op.

Stoffies was rerig 'n staatmaker en het net heeltyd gepaai.  Man moenie worry nie, dit sal fine wees, seg sy, maar my gemoed is aan die swaar kant.

Dinsdag oggend het ons klein bietjie later gelê, want ek wou die tent kans gee om uit te droog, want die plan was om in 'n karavaantjie te slaap doer onner in die Hel.  Na pap en koffie, vat ons die pad Swartberg se kant toe.  By die grondpad blaas ek die bande af, 1.9 agter en1.7 voor.  Gewoonlik gaan ek bietjie laer, maar ek was bang vir klippe en was ook swaar gelaai.
 

Attachments

  • DSCN4281.JPG
    DSCN4281.JPG
    173.3 KB
  • DSCN4279.JPG
    DSCN4279.JPG
    190.9 KB
  • DSCN4277.JPG
    DSCN4277.JPG
    161.3 KB
  • DSCN4274.JPG
    DSCN4274.JPG
    173.6 KB
  • DSCN4278.JPG
    DSCN4278.JPG
    183.8 KB
Die pas is baie mooi onderhou en ek kan heeldag op so oppervlak ry.  Dit was steil, maar niks wat ons nog nie tevore aangepak het nie.  Die wind was sterk teenwoordig (nie dat ek hom genooi het nie), maar was verdraagsaam.  En natuurlik was die uitsigte fantasties.  Bo-op die pas kan jy ver anderkant toe uitkyk, en die pad wat voor jou uitgestrek lê, het my laat dink aan mens se lewe, jy sien die rigting, maar weet nie wat vir jou wag nie.
 

Attachments

  • DSCN4282.JPG
    DSCN4282.JPG
    171.3 KB
  • DSCN4283.JPG
    DSCN4283.JPG
    181.6 KB
  • DSCN4288.JPG
    DSCN4288.JPG
    209.4 KB
  • DSCN4290.JPG
    DSCN4290.JPG
    173 KB
  • DSCN4291.JPG
    DSCN4291.JPG
    188.7 KB
En dan soos julle weet, net daarna, kry ons die bangmaak bordjie wat die pad aandui na Gamkaskloof toe.  37km daarvan.  Of is dit nou 48km?  Of is dit dalk 52km?  Hang seker af tot waar jy wil ry?!

Voor die afdraai stop ons, en ek vra vir Stoffies of sy gereed is, en of ek maar kan "Call a friend"!  Ry, sê sy.  Ons het nog dinge om te doen vandag!  :eek7: :imaposer:

Die eerste 10km of so is vol los klippetjies wat nie moeilik is om te ry nie, maar voel of jy op albasters ry.  Ek voel-voel die fiets se geite en gou-gou loop ons soos stroop.  Die pad was nie so baie sleg soos ek verneem het nie, wel baie styl daai laaste 3 of so kms tot onder.  By daai eerste stylte sê ek Stoffies moet net mooi stil sit, en toe vergeet sy om fotos te neem van die stylste afdraendes! :imaposer:

Sy is baie gehoorsaam. :pot:

Onder stop ons vir 'n breather, 'n tjokkie en iets te drink.
 

Attachments

  • DSCN4296.JPG
    DSCN4296.JPG
    175.5 KB
  • DSCN4304.JPG
    DSCN4304.JPG
    186.5 KB
  • DSCN4303.JPG
    DSCN4303.JPG
    212.7 KB
  • DSCN4302.JPG
    DSCN4302.JPG
    236.2 KB
  • DSCN4300.JPG
    DSCN4300.JPG
    212.3 KB
  • DSCN4297.JPG
    DSCN4297.JPG
    191.5 KB
  • DSCN4295.JPG
    DSCN4295.JPG
    196 KB
  • DSCN4294.JPG
    DSCN4294.JPG
    201.2 KB
Na verversings, (klink asof ons 'n seminar bygewoon het) vat ons die pad tot waar?  Eintlik weet ons nie tot waar nie, ons ry toe maar tot by Ouma Sannie se plek, want dis die 1ste plek in die pad.
 

Attachments

  • DSCN4306.JPG
    DSCN4306.JPG
    204.5 KB
  • DSCN4309.JPG
    DSCN4309.JPG
    205.3 KB
  • DSCN4310.JPG
    DSCN4310.JPG
    226.9 KB
  • DSCN4311.JPG
    DSCN4311.JPG
    218.9 KB

Latest posts

Top