Ons RSA toer, of gedeelte daarvan.......2016

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Van Worcester af het ons rigting Ceres gery tot by die Baines kloof pas afdraai.  Toe ons daar links draai voel ek die wind druk effens ongemaklik, maar ons stoot aan.  Bo-op die pas waai die wind ons dwars heen en weer oor die pad.  By 'n uitkykpunt, trek ek af om te kyk of dit beter gaan wees.  Stoffies kan nie afklim nie, dit wind wil haar omwaai.  Uiteindelik is sy af en gaan klou verbete aan 'n muurtjie vas.  Ek sit die side stand uit en klim af, om onmiddelik die bike te gryp voor hy omwaai.  Ek het nog nooit so iets beleef nie.  Stoffies het die kamera om haar nek, maar kan nie die muur los om 'n foto te neem nie.  Met groot gespook is ons weer op die fiets en toe die rukwind vir 'n oomblik bedaar, trek ek weg en vind dit makliker terwyl ons ry as om stil te staan.

Dit was rerig skrikwekkend.  Ek sal die angs in Stoffies se oë lank onthou.  Ek self was baie bang gewees.  Ons is nie gewoond aan sulke winde nie.

3uur die middag klok ons in by Fred en Elmarie en kuier die aand heerlik saam met die familie.  More ry ons Velddrif toe.
 
Plan was:  ry so 10uur se kant al langs die see op tot by Velddrif.  Nee, seg Fred, hulle vat ons gou vir sight seeing Kaap toe.  Hulle ry 'n GS, en jy stry mos nie met 'n ou wat 'n GS ry nie! :pot:

So gesê, so gedaan!  Die hele Kaap vol, brunch by 'n oulike plekkie in Noordhoek en 12:30 terug by die huis om te pak.  13:00 trek ons weg in Durbanville en met 'n kopwind van omtrent 1000km/h, stoot ek so hard ek kan Velddrif toe wat so 180km ver weg lê.  Dis waar ek die vrotste brandstof verbruik gekry het.

Dit was koud, winderig en het na motreen gelyk sover ons gery het, maar ons was so 15:00 veilig in Port Owen.
 

Attachments

  • DSCN4407.JPG
    DSCN4407.JPG
    153.8 KB
  • DSCN4411.JPG
    DSCN4411.JPG
    151.4 KB
  • DSCN4415.JPG
    DSCN4415.JPG
    182.8 KB
  • DSCN4420.JPG
    DSCN4420.JPG
    225.9 KB
  • DSCN4423.JPG
    DSCN4423.JPG
    158.4 KB
  • DSCN4424.JPG
    DSCN4424.JPG
    170.3 KB
  • DSCN4427.JPG
    DSCN4427.JPG
    196.6 KB
  • DSCN4428.JPG
    DSCN4428.JPG
    197.1 KB
  • DSCN4440.JPG
    DSCN4440.JPG
    111.8 KB
  • DSCN4441.JPG
    DSCN4441.JPG
    139.8 KB
Port Owen Marina was ons oornag plek vir die volgende 7 aande, voor ons 1 April sou moes terugry Limpopo toe in 3 dae.  Om 'n lang storie kort te maak, het die weer ons net 1 dag kans gegee om rerig die buitelug te geniet.  Die res van die tyd het ons laat geslaap, dan iewers heen gery vir ontbyt/brunch/middagete of om sommer bietjie rond te loop.

Ons kon darem een dag met die kanoe en een winderige middag met die trap bootjies op die lagoon rond vaar.  2x het ons gebraai, die 1ste keer omdat die weer dit toegelaat het, die 2de keer omdat ek nie omgegee het of die weer dit toelaat of nie.

Die belangrikste was dat ons kon rus en ontspan.  Was op Yzerfontein, Paternoster, St Helena Baai, Dwarskersbos en natuurlik Velddrif en Laaiplek.
 

Attachments

  • DSCN4455.JPG
    DSCN4455.JPG
    178.6 KB
  • DSCN4462.JPG
    DSCN4462.JPG
    181.9 KB
  • 20160325_154335.jpg
    20160325_154335.jpg
    72 KB
  • 20160326_075138.jpg
    20160326_075138.jpg
    106 KB
  • DSCN4459.JPG
    DSCN4459.JPG
    198.1 KB
  • DSCN4442.JPG
    DSCN4442.JPG
    185.7 KB
  • DSCN4444.JPG
    DSCN4444.JPG
    149.8 KB
  • DSCN4449.JPG
    DSCN4449.JPG
    191.9 KB
Nog fotos, nie in volgorde nie.  Die koffie en koeksisters was ontbyt in Dwarskersbos!!!
 

Attachments

  • DSCN4451.JPG
    DSCN4451.JPG
    208 KB
  • DSCN4452.JPG
    DSCN4452.JPG
    142.1 KB
  • DSCN4460.JPG
    DSCN4460.JPG
    167.3 KB
  • DSCN4461.JPG
    DSCN4461.JPG
    168.9 KB
  • DSCN4463.JPG
    DSCN4463.JPG
    253.3 KB
  • DSCN4467.JPG
    DSCN4467.JPG
    223.4 KB
  • DSCN4468.JPG
    DSCN4468.JPG
    267.7 KB
  • DSCN4470.JPG
    DSCN4470.JPG
    162.8 KB
Nog.
 

Attachments

  • DSCN4472.JPG
    DSCN4472.JPG
    173.7 KB
  • DSCN4473.JPG
    DSCN4473.JPG
    191 KB
  • DSCN4474.JPG
    DSCN4474.JPG
    157.9 KB
  • DSCN4476.JPG
    DSCN4476.JPG
    240.2 KB
  • DSCN4479.JPG
    DSCN4479.JPG
    208.7 KB
  • DSCN4482.JPG
    DSCN4482.JPG
    176.1 KB
  • DSCN4483.JPG
    DSCN4483.JPG
    197.5 KB
  • DSCN4488.JPG
    DSCN4488.JPG
    218.6 KB
  • DSCN4491.JPG
    DSCN4491.JPG
    188 KB
Die sonsondergange vanuit ons woonstel se voordeur en nog fotos van die plekke wat ons deur die week besoek het..
 

Attachments

  • DSCN4495.JPG
    DSCN4495.JPG
    149.5 KB
  • DSCN4498.JPG
    DSCN4498.JPG
    165.8 KB
  • DSCN4499.JPG
    DSCN4499.JPG
    175 KB
  • DSCN4501.JPG
    DSCN4501.JPG
    142.5 KB
  • DSCN4502.JPG
    DSCN4502.JPG
    174.1 KB
  • DSCN4503.JPG
    DSCN4503.JPG
    159.7 KB
  • DSCN4505.JPG
    DSCN4505.JPG
    192.3 KB
  • DSCN4509.JPG
    DSCN4509.JPG
    141.6 KB
Paternoster en hotel.
 

Attachments

  • DSCN4511.JPG
    DSCN4511.JPG
    201.3 KB
  • DSCN4512.JPG
    DSCN4512.JPG
    196.7 KB
  • DSCN4514.JPG
    DSCN4514.JPG
    170 KB
  • DSCN4518.JPG
    DSCN4518.JPG
    262.4 KB
  • DSCN4521.JPG
    DSCN4521.JPG
    259.7 KB
Ontspanning tyd!
 

Attachments

  • DSCN4526.JPG
    DSCN4526.JPG
    217.6 KB
  • DSCN4529.JPG
    DSCN4529.JPG
    192.1 KB
  • DSCN4530.JPG
    DSCN4530.JPG
    199.9 KB
  • DSCN4531.JPG
    DSCN4531.JPG
    179.7 KB
  • DSCN4532.JPG
    DSCN4532.JPG
    202.4 KB
  • DSCN4534.JPG
    DSCN4534.JPG
    190.1 KB
  • DSCN4536.JPG
    DSCN4536.JPG
    217.9 KB
  • DSCN4537.JPG
    DSCN4537.JPG
    197.7 KB
  • DSCN4541.JPG
    DSCN4541.JPG
    248.4 KB
  • DSCN4543.JPG
    DSCN4543.JPG
    237.2 KB
Woensdag oggend toe lyk dit so! en met skemer so!  Toe sê Stoffies:  "Dis tyd om te ry!"

Nou ja, ek laat my nie weer nooi nie en begin Woensdag aand die tasse pak.  Ons moes eintlik Vry oggend eers ry, maar besluit toe om sommer die Donderdag oggend al te ry.
 

Attachments

  • DSCN4545.JPG
    DSCN4545.JPG
    172.3 KB
  • DSCN4546.JPG
    DSCN4546.JPG
    137.3 KB
  • DSCN4550.JPG
    DSCN4550.JPG
    160.3 KB
  • DSCN4553.JPG
    DSCN4553.JPG
    156.3 KB
  • DSCN4555.JPG
    DSCN4555.JPG
    148.5 KB
En daar verander ons ons planne vir die 3de keer.  Heerlik om nie te worry oor wat en waar more gaan wees nie.

Ons sou van Velddrif op ry Citrusdal toe en van daar oor Calvinia, Carnarvon, De Aar, Kimberley huistoe.  Nou ry ons al langs die kus op in baie digte mis tot by Elandsbaai, Citrusdal, noord tot in Springbok en dan oos deur Pofadder en slaap die aand by die Augrabies Watervalle.

Die mense van daai wereld is so oulik.  Dis lekker om na hulle te luister.  Op Pofadder vra Stoffies die petroljoggie of daar baie slange is?  Pofadders, vra die joggie?  Ja sê Stoffies.  Nee, nie eintlik nie, antwoord sy! :imaposer:
 

Attachments

  • DSCN4562.JPG
    DSCN4562.JPG
    190.1 KB
  • DSCN4565.JPG
    DSCN4565.JPG
    179.8 KB
  • DSCN4566.JPG
    DSCN4566.JPG
    180.1 KB
  • DSCN4567.JPG
    DSCN4567.JPG
    149.2 KB
  • DSCN4571.JPG
    DSCN4571.JPG
    203.8 KB
  • DSCN4577.JPG
    DSCN4577.JPG
    181 KB
  • DSCN4581.JPG
    DSCN4581.JPG
    177.2 KB
  • DSCN4584.JPG
    DSCN4584.JPG
    183.5 KB
  • DSCN4588.JPG
    DSCN4588.JPG
    223.9 KB
  • DSCN4593.JPG
    DSCN4593.JPG
    183.2 KB
Ons wou in 'n chalet slap die aand, maar vir R900,00 vir 'n 2 enkelbed kamer, het ons die tent in record tyd opgeslaan.  Toe verken ons die valle, wat vir die tyd van die jaar darem nog redelik water gehad het.
 

Attachments

  • DSCN4598.JPG
    DSCN4598.JPG
    225.6 KB
  • DSCN4599.JPG
    DSCN4599.JPG
    163.3 KB
  • DSCN4602.JPG
    DSCN4602.JPG
    219.7 KB
  • DSCN4605.JPG
    DSCN4605.JPG
    182.9 KB
  • DSCN4607.JPG
    DSCN4607.JPG
    204.3 KB
  • DSCN4607.JPG
    DSCN4607.JPG
    204.3 KB
  • DSCN4610.JPG
    DSCN4610.JPG
    215.7 KB
  • DSCN4611.JPG
    DSCN4611.JPG
    198.8 KB
  • DSCN4613.JPG
    DSCN4613.JPG
    186 KB
  • DSCN4614.JPG
    DSCN4614.JPG
    235.5 KB
Vrydag oggend rustig opgestaan en eers in Kakamas by die Pienk Padstal gestop vir ontbyt.
 

Attachments

  • DSCN4623.JPG
    DSCN4623.JPG
    251.5 KB
  • DSCN4624.JPG
    DSCN4624.JPG
    197.7 KB
  • DSCN4625.JPG
    DSCN4625.JPG
    211.8 KB
  • DSCN4626.JPG
    DSCN4626.JPG
    190.7 KB
  • DSCN4630.JPG
    DSCN4630.JPG
    211.9 KB
  • DSCN4632.JPG
    DSCN4632.JPG
    261.7 KB
  • DSCN4633.JPG
    DSCN4633.JPG
    235.3 KB
  • DSCN4634.JPG
    DSCN4634.JPG
    223.8 KB
Nog Pienk Padstal voor ons die pad verder oos gevat het oppad na Kuruman toe.  Ons was mog nooit in die geweste nie en wou sommer daar ook oorslaap.
 

Attachments

  • DSCN4635.JPG
    DSCN4635.JPG
    235.7 KB
  • DSCN4638.JPG
    DSCN4638.JPG
    224.4 KB
  • DSCN4639.JPG
    DSCN4639.JPG
    229 KB
  • DSCN4642.JPG
    DSCN4642.JPG
    240.5 KB
  • DSCN4644.JPG
    DSCN4644.JPG
    217.1 KB
  • DSCN4646.JPG
    DSCN4646.JPG
    221.6 KB
  • DSCN4647.JPG
    DSCN4647.JPG
    191.2 KB
  • DSCN4648.JPG
    DSCN4648.JPG
    221.7 KB
Oppad Kuruman toe het die pad noemenswaardig besiger geraak en ek het dit nie baie geniet nie.  Ons hou van die stiller eenkant paaie, maar dan kan jy nie altyd iewers uitkom nie.

In Kuruman het ons spitsverkeer in die stad ervaar toe ons proviant gaan koop het, amper erger as Jhn.  Ons slaapplek was gerieflik en ons het weereens soos koning/koningin geslaap.
 

Attachments

  • DSCN4652.JPG
    DSCN4652.JPG
    139.4 KB
  • DSCN4658.JPG
    DSCN4658.JPG
    155.7 KB
  • DSCN4659.JPG
    DSCN4659.JPG
    205.4 KB
  • DSCN4660.JPG
    DSCN4660.JPG
    205.8 KB
  • DSCN4661.JPG
    DSCN4661.JPG
    187 KB
  • DSCN4662.JPG
    DSCN4662.JPG
    171.1 KB
  • DSCN4665.JPG
    DSCN4665.JPG
    148 KB
  • DSCN4670.JPG
    DSCN4670.JPG
    235.9 KB
  • DSCN4672.JPG
    DSCN4672.JPG
    203.8 KB
  • DSCN4674.JPG
    DSCN4674.JPG
    205.8 KB
Saterdag oggend het ons later gelê as wat ons wou, maar dit was die laaste dag in ongekende land.  More sou ons van Klerksdorp terug ry huistoe, ou bekende vervelige paaie.

Roete vandag is Vryburg, Delareyville, Klerksdorp waar ons by Stoffies se sussie sou oorslaap vir bietjie familie tyd.  In Delareyville het ons by die Boeretroos restaurant gebrunch.  Dit was die ou Wimpy wat hulle oorgekoop het en nou weer as restaurant bedryf.  Baie oulik en as julle ooit daar deur ry, stop gerus daar vir iets lekkers.

Die aand het ek vir ons 'n lekker beespot gebou en ons het ons trommeldik geëet aan heerlike kos.

Sondag oggend het ons die kortste pad gekies huistoe, maar eers vir 'n goeie vriend in Unitas gaan hallo sê wat met sy hart sukkel en die volgende Dinsdag 'n angiogram moes kry.  Na 'n lang, heerlike 2 weke van ontspanning en bike ry en kuier, was ons die middag 16:00 by die huis.

Tevrede, dankbaar en met vrede in ons harte.

Weereens, Stoffies, my yster van 'n vrou, baie dankie dat jy die goed saam met my doen!  Jy is my alles in die lewe en ek weet dat ek dit nie so sou geniet het alleen nie.  Eks lief vir jou! ;)
 

Attachments

  • DSCN4676.JPG
    DSCN4676.JPG
    155.6 KB
  • DSCN4679.JPG
    DSCN4679.JPG
    159.2 KB
  • DSCN4680.JPG
    DSCN4680.JPG
    243.5 KB
  • DSCN4681.JPG
    DSCN4681.JPG
    237.5 KB
  • DSCN4683.JPG
    DSCN4683.JPG
    234.2 KB
  • DSC_0005.JPG
    DSC_0005.JPG
    87.4 KB
Laaste paar fotos wat vir my spesiaal is.

Die laaste foto is van 'n nommerplaat wat my seun by die Pienk Padstal vasgeslaan het omtrent 8-10jaar gelede wat ons nou eers sien.

Arrie warrie, ons storie is nou klaar.  Lekker slaap.
 

Attachments

  • 20160322_183450.jpg
    20160322_183450.jpg
    193.9 KB
  • 20160322_183511.jpg
    20160322_183511.jpg
    105.8 KB
  • 20160328_103333.jpg
    20160328_103333.jpg
    76.7 KB
  • 20160328_110745.jpg
    20160328_110745.jpg
    84.3 KB
  • 20160328_114232.jpg
    20160328_114232.jpg
    91.1 KB
  • 20160330_184247.jpg
    20160330_184247.jpg
    146.8 KB
  • 20160331_164531.jpg
    20160331_164531.jpg
    99.1 KB
  • 20160401_092324.jpg
    20160401_092324.jpg
    137 KB
  • 20160401_093654.jpg
    20160401_093654.jpg
    160.5 KB
Dis nou hoe n man en vrou LEKKER wegbreek.
Wel gedaan julle.
Mei is dit ons beurt. Ongelukkig net so 9 dae.
 

Latest posts

Top