Ons RSA toer, of gedeelte daarvan.......2016

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Sjoe maar dis n baaie lekker trip wat julle hier aanpak, kan nie wag vir die res..................
Ek moet definitief tyd maak vir so n trip saam my vrou, dit kan net lekker wees :ricky:
 
Jammer dit vat so lank, maar post net in die aande by die huis.  Dankie dat julle dit saam met ons geniet.  Tot later.
 
Het ek nou luck gestrike vanaand:  Ek werk laat skof en gaan dus nie fotos kan post nie.  Jammer, nê!

Sommer so paar stats om die thread lewendig te hou:

Totale km gery in 16 dae: 4943km.  Neem in ag ons het 6 dae nie eintlik gery as deel van die toer nie, terwyl ons by Velddrif gekuier het.

Die XT1200Z 2011 model se boekie beperk die vrag (bestuurder, passasier en bagasie) op 209kg.  Ons was soos op die bike 204,6kg gewig.  Dit het ek eers geweeg die Sondag toe ons afpak by die huis.  Totale gewig dus 261kg (curb weight) plus die 204,6kg gee my 465,6kg.  Moer, dis swaar!

Brandstof verbruik het geweldig gewissel, afhangende van spoed en wind.  Swaarste gemiddeld was 12,6km/l en ligste was 19,3km/l.  Party plekke het ons 150km/h gehou, maar dan was die wind sterk van agter, ander kere 120km/h met 'n kopwind.  Ek kon feitlik elke keer 300km reikafstand haal, al moes ek reserve toe gaan.

Die bike was weereens vir my 'n baie lekker all-rounder op die trip.  Natuurlik word my gat seer, veral hier na die eerste 600km, en dan van die 7-8ste dag toe, sommer hier by 300km wil ek nie meer te lank sit nie.  Maar ek was baie tevrede.
 
Gelukkig is ek vanaand vroeg by die huis, so hier volg die res.

Ons het besluit om een van die karavane te vat om in te oornag, en Stoffies was nie baie beindruk met die toestand van die karavaantjie nie.  Maar binne was dit goed genoeg, met 2 dubbelbeddens in en 'n lekker braai plek buite.  Ons het rustig afgepak en ons gereed gemaak vir die aand, alhoewel dit nog baie vroeg was.

Ons het lekker lank in die restaurant saam met die vroutjie gekuier en besluit om na die inligting sentrum toe te ry om te sien waaroor die Hel eintlik gaan.  By die Gamka rivier wat redelik gevloei het, het ons gestop en nadat ek deurgeloop het en besluit het om nie deur te ry nie, het ek vir Stoffies deur die water ge-abba, sodat haar voetjies nie nat hoef te word nie.  Aan die kant waar ons ingeloop het, het die wrede spore van 'n bike se agterwiel geloop waar hy op die snotgladde uitgang sy gat verloor het en met diep krapmerke op die sement sy teenwoordigheid agter gelos het.
 

Attachments

  • DSCN4312.JPG
    DSCN4312.JPG
    202.2 KB
  • DSCN4314.JPG
    DSCN4314.JPG
    185.9 KB
  • DSCN4315.JPG
    DSCN4315.JPG
    177.6 KB
  • DSCN4319.JPG
    DSCN4319.JPG
    203.1 KB
  • DSCN4320.JPG
    DSCN4320.JPG
    269.5 KB
  • DSCN4313.JPG
    DSCN4313.JPG
    194.1 KB
Die geskiedenis is seker algemeen bekend, maar was intersant om te beleef.

Terug by die kamp het ons restaurant toe gestap en skaap tjops, brood, konfyt en paar biere gekoop vir aandete.  Die aand het soos 'n skim die daglig kom steel en ons het heerlik om die vuur gekuier.

Die wereld is eintlik so klein:  by die restaurant het ons 2 paartjies ontmoet met 'n bakkie wat van Potgietersrus af kom, ons buurdorp.  Daar was 2 manne met KTM's wat net vir die dag afgery het.  Chris van Boksburg en Robbie wat jare gelede in Naboom se hoërskool matrikuleer het, en vriende was met een van ons haarsalon tannies.

Daar was ook 2 manne van die Kaap af ook met KTM 1290, wat in die karavaan net langs ons oornag het.  Lekker saam met hulle gechat en baie bike goeters gesels.

Maar toe die hout op was, het ons daai dubbelbed gaan waardeer.
 

Attachments

  • DSCN4316.JPG
    DSCN4316.JPG
    204.2 KB
  • DSCN4317.JPG
    DSCN4317.JPG
    197.6 KB
  • DSCN4329.JPG
    DSCN4329.JPG
    215.5 KB
  • DSCN4332.JPG
    DSCN4332.JPG
    223.5 KB
Nog n vraag. Is die winkel nou gestok met vleis en bier. Laas toe ons daar was het hulle so n paar stukke hoender en n stukkie wors bymekaar gekrap vir ons. Met n bottel uitjies het ons lekker gebraai.
Ons gaan na die EC Bash een aand daar oorslaap. Moet my vrou ook gaan wys hoe dit daar klink in die nag.
 
Ons mikpunt vir die volgende dag se slaap was Warmwaterberg Spa, net neffens Ronnie's Sex Shop.  Ons het dus nie te laat gelê nie, want die uittog uit die Hel het nog voorgelê.  ('n Vriend deel ons mee dis maklik om in die hel te beland, maar baie moeilik om daar uit te kom!) :imaposer:
Ons is toe so 7uur oppad, maar o wee, die sonnetjie skyn reg in my oë in en maak die ryery baie moeilik.  Om dit te vererger, kom daar 'n mannetjie met een van daai spinnekop karretjies afgery en maak soveel stof dat ek moes stop dat die stof net kon gaan lê.

Behalwe vir dit, was ons 8:30 by Kobus se Gat vir 'n heerlike ontbyt.
 

Attachments

  • DSCN4343.JPG
    DSCN4343.JPG
    185.5 KB
  • 20160323_092544.jpg
    20160323_092544.jpg
    274.6 KB
  • DSCN4345.JPG
    DSCN4345.JPG
    191.6 KB
  • DSCN4341.JPG
    DSCN4341.JPG
    178.5 KB
  • DSCN4340.JPG
    DSCN4340.JPG
    205.4 KB
  • DSCN4335.JPG
    DSCN4335.JPG
    207.3 KB
  • DSCN4334.JPG
    DSCN4334.JPG
    200 KB
woody1 said:
Nog n vraag. Is die winkel nou gestok met vleis en bier. Laas toe ons daar was het hulle so n paar stukke hoender en n stukkie wors bymekaar gekrap vir ons. Met n bottel uitjies het ons lekker gebraai.
Ons gaan na die EC Bash een aand daar oorslaap. Moet my vrou ook gaan wys hoe dit daar klink in die nag.
Ja Woody, hulle het, maar nie groot verskeidenheid nie.  Genoeg om ons tevrede te stel, want ons is met min goed in die lewe tevrede.  Sy bak ongelooflike lekker brood, en ek dink julle sal gemaklik daar regkom.

Ek dink julle sal dit daar geniet.  Onthou om jou eie lig saam te vat, dis redelik donker daar.
 
Van Kobus se Gat af, omtrent 1km? draai die teerpad na regs af na Matjiesrivier se kant toe.  Dit word later 'n grondpad en met een of 2 afdraaie kom jy in Calitzdorp uit, verby die Calitzdorp dam.  Dit is werklik 'n awesome roete om te ry, met die mooiste plase om te sien.  Ons het baie wild gesien en onsself in 'n moerse groot bul vasgery.  Waar gaan jy heen, vra ek die veewagter?  Hy vat die bul na die koeie toe, seg hy.  Ek dog so by myself, koeie, as julle weet wats goed vir julle, moet julle hol!!

So ent vorentoe, ry ons in die koeie vas, die hele pad vol  en daar is geen manier om by hulle verby te kom nie.  Ons het maar die bike afgesit en gewag tot hulle so 200m voor ons was, dan tot by hulle gery en weer gewag.  Na so 40min sien ek die bul agter my aankom, op 'n draffie, en ek sê vir Stoffies sy moet mooi sit, daai bul is op 'n mission! :imaposer:

Net op daai stadium swaai die koeie links in die pad af en ons draai daar regs, met 'n oop pad voor ons.  Daai bul is met 'n spoed tussen die koeie in en gelukkig het ons daai detail geskip.

In Calitzdorp gooi ek brandstof in en sien dat die linker pannier bracket gebreek het.  Na navraag hoor ons oom Pieter sal dit vir ons regmaak, hy kan enige iets regmaak.
 

Attachments

  • DSCN4347.JPG
    DSCN4347.JPG
    223.4 KB
  • DSCN4349.JPG
    DSCN4349.JPG
    224.8 KB
  • DSCN4351.JPG
    DSCN4351.JPG
    226.8 KB
  • DSCN4352.JPG
    DSCN4352.JPG
    207.4 KB
  • DSCN4353.JPG
    DSCN4353.JPG
    186.3 KB
  • 20160323_115051.jpg
    20160323_115051.jpg
    114.4 KB
  • 20160323_114321.jpg
    20160323_114321.jpg
    110.1 KB
Na omtrent 'n uur vat ons die teerpad op Route 62, rigting Ladismith.  Pannier bracket gebraze en reg vir nog!!
 

Attachments

  • DSCN4360.JPG
    DSCN4360.JPG
    225 KB
  • DSCN4365.JPG
    DSCN4365.JPG
    174.4 KB
  • DSCN4363.JPG
    DSCN4363.JPG
    246.6 KB
  • DSCN4364.JPG
    DSCN4364.JPG
    185.3 KB
  • DSCN4359.JPG
    DSCN4359.JPG
    192.2 KB
  • DSCN4356.JPG
    DSCN4356.JPG
    205.8 KB
  • DSCN4361.JPG
    DSCN4361.JPG
    200.7 KB
Van Ladismith se kant af draai ons regs af na die Spa toe, net voor jy Ronnie se Shop kry.  Ons besluit om eers more oggend as ons ry, by Ronnie te stop, en nou eers die stof van die dag te gaan afspoel in die warmwater baddens.

Die staanplek was redelik skeef en ek het gedink ons gaan lekker op mekaar slaap vanaand! :pot:

Die restaurant is op standaard en aandete was daar genuttig saam met ander vloeibare versnapperinge.  Ons het heerlik geswem en toe 'n redelike rustige aand daar deurgebring.

Ek het die tyd gebruik om bietjie met die kamera te speel.
 

Attachments

  • DSCN4367.JPG
    DSCN4367.JPG
    202.2 KB
  • DSCN4368.JPG
    DSCN4368.JPG
    201.5 KB
  • DSCN4371.JPG
    DSCN4371.JPG
    238 KB
  • DSCN4373.JPG
    DSCN4373.JPG
    211.1 KB
  • DSCN4374.JPG
    DSCN4374.JPG
    182.2 KB
  • DSCN4376.JPG
    DSCN4376.JPG
    227.5 KB
Dit was nou al Donderdag, ons 6de dag van ons toer.  Vanaand slaap ons in 'n ordentlike bed by my niggie in Durbanville.  Ons sien mekaar so min, dat as ons die geleentheid het, dan kuier ons mekaar raak.

Ja, Ronnie's was natuurlik teen 8uur nog toe, maar die verpligte fotos is geneem en toe stoot ons maar aan, Barrydale, (ek sal graag 'n dag daar wil deurbring), Montagu, Ashton, Robertson (op die grootste rooi stoel in Afrika), tot in Worcester.

In Robertson (ek het 'n vriend wat volgende week soontoe trek van Randburg af) stop ons by Louretta se Koekboetiek vir koffie en skons.  Net buite Robertson stop ons by Rooiberg Wynkelder en eet wraggies weer iets daar!
 

Attachments

  • DSCN4380.JPG
    DSCN4380.JPG
    168 KB
  • DSCN4390.JPG
    DSCN4390.JPG
    181.1 KB
  • 20160324_105229.jpg
    20160324_105229.jpg
    108.6 KB
  • DSCN4389.JPG
    DSCN4389.JPG
    165.8 KB
  • DSCN4387.JPG
    DSCN4387.JPG
    152.6 KB
  • DSCN4385.JPG
    DSCN4385.JPG
    149.9 KB
  • DSCN4379.JPG
    DSCN4379.JPG
    195.6 KB
  • DSCN4378.JPG
    DSCN4378.JPG
    192 KB
  • DSCN4377.JPG
    DSCN4377.JPG
    196.6 KB
Rooiberg se Rooi stoel
 

Attachments

  • DSCN4395.JPG
    DSCN4395.JPG
    188.6 KB
  • DSCN4397.JPG
    DSCN4397.JPG
    192.7 KB
  • DSCN4398.JPG
    DSCN4398.JPG
    204.9 KB
  • DSCN4401.JPG
    DSCN4401.JPG
    224.3 KB
  • DSCN4402.JPG
    DSCN4402.JPG
    191 KB
  • DSCN4405.JPG
    DSCN4405.JPG
    238.2 KB

Latest posts

Top