VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
subie said:
Ek kan glad nie "adventure biking" trip doen saam met iemand wat ek voor lief is nie. Elke slegte stukkie pad
en my senuwees is klaar. Ek kyk so in die spieeltjie of hulle oraait is dat ekself amper val. Het dit n paar keer met my vrou en seun probeer
maar het dit glad nie geniet nie. Uitmergelende besigheid  :xxbah:

Waarheid subie, maar ek het maar geleer om dikvellig te wees.  :lol8:  Ek moet by se, hoe meer blootstelling sy kry hoe beter raak sy, so ek hoop en vertrou als sal goed gaan.  :patch:
 
DAG 6

Ons laaste dag, dan kan die knie rus vir ons laaste stuk terug na Kakemas.
Vandag ry ons deur Mariental, op die M29 vir so 75km dan links op die C18 tot by Gochas.  Dan op die C15 vir 130km tot die afdraai op die D503, nog ‘n 25km op die tweespoor duinepad dan is ons by ons vriendin se plaashuis. 

Ons is vroegoggend wakker, die knie het gepla deur die aand.  Ons pak vinning voor dit te warm raak.  Dit help nie veel nie, want toe ons wegtrek is ons in elk geval sopnat gesweet. 
Ons vorder goed op die grondpad, hy loop mooi ten spyte van die middelmannetjies wat die pad vol is.  Smaak my hier ry die karre nie in ‘n lyn nie, hulle ry die hele pad vol.  Ons kry hier en daar sulke poefgate, maar die spoed is hoog genoeg om deur te wees voor hy ons uitvang.  Vrou ry voor en ek waarsku haar om maar versigtig te wees vir daai lang poefgate. 

Ons stop later naby ‘n skaduboom.  Ek rook en ons drink maar die voggies.  Intussen blaas ek die bande nog so bietjie af, daar is op plekke lekker los sand.  Ons beur voort, penado is gesluk. 

So 80km verder stop ons weer onder die enigste behoorlike koelte bome reg langs ‘n plaashuis.  Ek haal my “bril” af om die helmet af te haal, nee, daars geen bril nie.  Foktog, ek het die bril by ons eerste stop afgehaal toe ek die bande afgeblaas het en nooit weer aangesit nie.  Dis nou te laat, omdraai sal tog nie help nie.  Ek het al voorheen ‘n bril so verloor en ons het omgedraai, maar geen sukses gehad nie.  So nou los ek hom, gaan nie 80km een rigting ry om te soek nie.  Ons neuk maar voort, ry later oor die duine, op en af soos ‘n sea-saw, te lekker.  Los sand is daar maar dit gaan goed.
 

Attachments

  • 1.jpg
    1.jpg
    216.3 KB
  • kaart.jpg
    kaart.jpg
    154.7 KB
  • 7.jpg
    7.jpg
    280.7 KB
  • 6.jpg
    6.jpg
    210 KB
  • 5.jpg
    5.jpg
    205.3 KB
  • 4.jpg
    4.jpg
    242.7 KB
  • 3.jpg
    3.jpg
    114.3 KB
  • 2.jpg
    2.jpg
    210.6 KB
Op Gochas tap ons petrol en sleep aan op die C15, rigting D503.  So halfpad stop ons vir ‘n brekkie, brochens met koue vleis.  Met die innerlike wat beter voel, en nog so paar penados voel ons goed, ten spyte van die drukkende hitte.  Ons stop nog een keer onder ‘n lekker kameeldoringboom, rus so bietjie en ry voort.

Uiteindelik, die afdraai op die D503.  Dis nou moer warm.  Ons vat die 1ste stuk dik sand en so paar meter verder verloor vroulief dit en sy dop net om.  Ek sien onmiddelik sy is pê, die warm pad en die paar dae op die nie so maklike paaie en ons onfikse liggame wil nie lekker saamwerk nie.  Ek moedig haar egter aan en sê ons moet net bo-op die duin kom, daar kan ons rus.  Sy trek weg maar ek sien haar kragte is nie met nie.  Sy vorder seker so 300meter toe slat sy weer neer.  Ek hoor die moedeloosheid in haar stem.  Ek sê nee wat, ons sal ons vriendin skakel en vra om ons te kom haal met die Cruiser. 

Ons kry gestop bo-op die duin en gaan wag onder ‘n skaduboom.  Ek moet bieg, die sand is die slegste wat ek hom nog gesien het. (Ons was al paar keer hier, al gery met dei S10 en sidekar) Daai tweespoor is baie lank laas geskraap gewees, en dit was op die warmste tyd van die dag, daai sand was moer sag en los, ek myself het gesukkel.  Dis gewoonlik beter van die duin waar ons gesit het, want jy kry makliker momentum vandaar en as jy eers op ‘n redelike spoed is gaan dit goed.  Maar daar was net nie meer energie oor gewees nie, beide van ons was pootuit en dan wou ons ook nie die kans vat met my knie nie. 

Ons het nie te lank gewag nie toe is ons vriendin daar, Cruiser en al.  Ons het gou die twee bikes gelaai en kort voor lank toe sit ons rustig onder die afdak op haar stoep en kuier land en sand. 


 

Attachments

  • 20.jpg
    20.jpg
    159.9 KB
  • 19.jpg
    19.jpg
    157.1 KB
  • 18.jpg
    18.jpg
    131 KB
  • 17.jpg
    17.jpg
    138.8 KB
  • 16.jpg
    16.jpg
    190.9 KB
  • 14.jpg
    14.jpg
    249.8 KB
  • 13.jpg
    13.jpg
    213.8 KB
  • 12.jpg
    12.jpg
    117.4 KB
  • 12 (2).jpg
    12 (2).jpg
    169.5 KB
  • 15.jpg
    15.jpg
    185.2 KB
Daai aand het ons gesmul aan ‘n lekker vet skaapboud, dorper nogal, en lekker geslaap buite op die stoep.  Dis darem ‘n lekker lewe op die plaas. 

So paar fotos van die plaas. 
 

Attachments

  • 25.jpg
    25.jpg
    168.7 KB
  • 29.jpg
    29.jpg
    82.4 KB
  • 28.jpg
    28.jpg
    147.7 KB
  • 27.jpg
    27.jpg
    188.8 KB
  • 26.jpg
    26.jpg
    125.3 KB
  • 24.jpg
    24.jpg
    172 KB
  • 23.jpg
    23.jpg
    157 KB
  • 22.jpg
    22.jpg
    139.1 KB
  • 21.jpg
    21.jpg
    253.6 KB
Ons het drie dae gebly op die plaas, lekker gekuier, geeët, bietjie vee poste gaan besoek en die knie ‘n goeie ruskans gegee.  Met die rus van die knie het die wond gesonder geraak, maar ek het geweet daars iets anders fout daar binne.  Ons was nie werklik reg om te gaan nie, maar ons het ‘n huis en ek moes in elk geval maar eerder by ‘n dokter kom om te kyk wat aangaan met die knie.  Intussen besluit ons vriendin sy moet ook Upington toe gaan om sekere voorraad aan te koop en sy sal saamgaan met die bakke.  Ons besluit toe om maar die bikes op die bakkie te laai tot in Upinton, sy gaan in elk geval.  So besluit en so gemaak.  Ons is saam Upinton toe, bikes op die bakkie, daar die bikes afgelaai en gou deurgeskiet Kakemas toe om ons kar en trailer op te tel, en weer terug Upinton toe.  Hier het ons nog ‘n dag gebly terwyl ons voorraad aangekoop saam met ons vriendin. 

 

Attachments

  • 33.jpg
    33.jpg
    113.3 KB
Die volgende dag toe is ek en vroulief op die pad, terug huis toe, in ons kar met die trailer en bikes agterna.  Intussen het ons op die plaas ‘n lekker air cooler gesien wat ons vriendin gebruik teen die verskriklike hitte.  Die ding het ons beindruk en toe ons terug is in Upington, bel ek vir die Hoof Krokkodil van Prieska, toe ek laas by hom gestop en koffie gedrink het, het ek een op sy vloer gesien.  Ek soek twee, hy se ja, hy het.  Ek wil betaal maar hy se ek moet eers kom optel en kyk of ek happy is.  So ry ons toe tot op Prieska, stop by Ets se huis, daar staan die twee bokse.  Flip, hulle is groter as wat ek gedink het.  Al genade, hulle moet dak toe.  Ek laai gou.  Klaar gelaai wil ek betaal, nee se Ets, hy sal later die invoice stuur.  Ons moet eers brekkie eet.  Vyfster brekkie word voorgesit, ons eet soos konings en gesels weer te lekker.  Voor ons weet is meer as ‘n uur verby en ons het nog so amper 800km oor voor ons by die huis is.  Ons groet weereens met swaar harte en ons is op die pad.  Als loop mooi en ons stop by die huis net so voor donker, lekker pootuit. 

Ons het baie drama op die trip gehad, maar dit was nogsteeds ‘n lekker ervaring en heerlike trip gewees.  Dis atyd ‘n jammer dat dit so gou verby gaan.  Ons beplan reeds ‘n ander trip daai kant toe, maar vir eers moet die knie uitgesorteer word.

Ja, ek was toe by die dr.  Na Xtrale en ‘n later besoek by die spesialis is die diagnose dat die knie in sy kanon in is.  Al vier ligamente is geskeur, die voorste en agterste kruis ligamente, die linkerkant se ligemant aan die buitekant van die gewrig ook af met die ligament aan die regter kant wat nog so effe vasbyt.  Om als te kroon is daar rumatiek in die knie en dan natuurlik inflamasie ook.  Op die oomblik moet ek met ‘n brace loop wat verhoed dat die knie agtertoe buig.  Die brace help ook dat die twee buitekantse ligamente weer kan aangroei wat benodig word vir die totale knievervangings operasie wat voorlê.  Ek sal nog later hoor en besluit wanneer daai operasie gaan plaasvind.  Vir nou is daar eers ander goed in die pyplyn. 

Dankie vir almal wat gelees het.  Tot volgende keer. 
 
Nou lekker saam gery, ek hoop daardie knie is darem al beter!
Ek sal maar moet kom kyk vir myselwers :ricky: :peepwall:
 
Oubones said:
Nou lekker saam gery, ek hoop daardie knie is darem al beter!
Ek sal maar moet kom kyk vir myselwers :ricky: :peepwall:

Dankie Hennie, die pyn is onder beheer, maar loop met 'n stut en ry met 'n brace.

Ons wag vir jou kuier.  :thumleft: :biggrin:
 
En 'n trekker vir Chris.

Magtag wat maak vriendin met daai bul in daai wêreld? Skraap pad?
Haar veld lyk asof n paar skaap darem nog iets te knibbel sal kry? :(

Pas daai knie op VA. :deal: :thumleft:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
En 'n trekker vir Chris.

Magtag wat maak vriendin met daai bul in daai wêreld? Skraap pad?
Haar veld lyk asof n paar skaap darem nog iets te knibbel sal kry? :(

Pas daai knie op VA. :deal: :thumleft:

Chris, haar man het inderdaad vir 'n ruk die kontrak gehad om die paaie te skraap (of moet ek sê " die duine te sleep"?)  Dit is 'n moewiese groot trekker daai.  Sy gebruik die trekker nou om haar eie paaie te skraap. 

Sy het ook sterftes onder haar diere gehad, maar hoofsaaklik ou ooie.  Die res van haar diere lyk ok-erig. 
 
Dit sal interessant wees om te weet waar daai ou trekker vanslewe was. Dis n 180 perdekrag trekker en seker oordadig sterk vir duinepad sleep.
Ek dink ek moet myself nooi om daar te gaan kuier, ek het lanklaas n bed gedeel met n bondel honde!! :thumleft: :thumleft:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Dit sal interessant wees om te weet waar daai ou trekker vanslewe was. Dis n 180 perdekrag trekker en seker oordadig sterk vir duinepad sleep.
Ek dink ek moet myself nooi om daar te gaan kuier, ek het lanklaas n bed gedeel met n bondel honde!! :thumleft: :thumleft:

Daai trekker het voorheen gelewe op die plotte by Hardam, langs die kanale, so werk het hy al gewerk. 

Daar is maar paar rowwe duine op daai pad, maar ja, dis kinderspeletjie vir daai ding.  Dan gebruik hulle hom om ook om hulle eie paaie in die kampe op die plaas in stand te hou.  Toe daai man nog gelewe het was hy darem goed omgekrap as hy op 'n sinkplaat op sy eie plaas moet ry.     
 
Vis Arend said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Dit sal interessant wees om te weet waar daai ou trekker vanslewe was. Dis n 180 perdekrag trekker en seker oordadig sterk vir duinepad sleep.
Ek dink ek moet myself nooi om daar te gaan kuier, ek het lanklaas n bed gedeel met n bondel honde!! :thumleft: :thumleft:

Daai trekker het voorheen gelewe op die plotte by Hardam, langs die kanale, so werk het hy al gewerk. 

Daar is maar paar rowwe duine op daai pad, maar ja, dis kinderspeletjie vir daai ding.  Dan gebruik hulle hom om ook om hulle eie paaie in die kampe op die plaas in stand te hou.  Toe daai man nog gelewe het was hy darem goed omgekrap as hy op 'n sinkplaat op sy eie plaas moet ry.   
Ek gaan kuier by n oom buite Outjo wat so n 600 ha plekkie het met n klompie bees. Later die dag gaan oornag ek by n vriend nader aan Otjiwarongo. Hy vra wa bly die oom, ek verduidelik hom. Oh sê een van daai plotte!!! :lol8: :lol8:
Daar is glo n paar plasies tussen 500 en n 1000 ha wat plotte genoem word rondom Outjo.
 
  Lekker saamgetoer.Dit moet hel wees om met n afknie aan te sukkel.Ek hoop nie ou Spike is al afgetree nie,anders gaan die loopvlakke verskil.
 
Vis Arende - dankie vir die deel van julle trippie.  Lekker dat julle dit saam kan geniet.

Baie sterkte met die herstel van die oom se knie. Dit is maar 'n lastigheid, veral as mens woelige mense van natuur is.
 

Latest posts

Top