Vroeg oggend quicky (en ander kort verhale)

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Ons maak klaar in Calitzdorp en vat weer die pad uit in die rigting wat ons gekom het.  Die keer swaai ons links van Rooiberg verby die Calitzdorp Spa.  Jare terug het ons daar oornag maar die plek is nie wat hy veronderstel is om te wees nie.

Toe was dit nog onder munisipale bestuur maar weet nie of dit nou nog so is nie. 

Nie lank nie en ‘n stukkie mooi vang my oog en ek gooi ankers en draai om.  In die dorre area lê daar sommer net so lappie groen gras waar daar duidelik kleinvee gevoer word.

Ons trek net so effens deur die oop hek om nie die eienaar hopelik te veel te ontstel nie. 

727e9876c8209c09830f48b39c17f00a.jpg


Ek bespreek met neef dat ons op ‘n stadium moet terug kom en die grond eienaar kom opsoek.  Ek sal graag een aand hier wil kom tentjie opslaan.

5cd28a530d1df7c2544aa566f5bd293d.jpg


dfa5ea897c5a0c1c44e5c40add508acb.jpg


b54fcad6ad3da6660770566a5fbf0113.jpg


Ons sien ook die ou lei vore en bespiegel wanneer laas dit in gebruik was.

44e39a94fba6d7e48f86d36fb2d3e7d1.jpg


fd35b05b8d908336f1ec5c855f7e1bac.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Ons grondpad sluit aan by die ou beton pad en ons travel teen so 95km/h gemaklik.  Die middelste 150mm tussen die panele is met asphalt herstel wat nie heeltemal suksesvol is nie.  Dit laat lang stroke met ‘n ‘voor’ en ek kan net dink dat jy of jou gat af gaan skrik of jou klits kwyt val as jou voorwiel onbepland daarin kom.

Dis mooi wêreld en te vinnig oor toe ons by die R62 aansluit.

Na ‘n kort entjie draai ons regs rigting Volmoed en ry teer pad.  By die interseksie wat Mosselbaai toe gaan stop ons gou en draai daarvandaan weer rigting Oudtshoorn om op die beplande grondpad te kom.

3e9f9a01c7f65a9bc2636f2b122b46c1.jpg


a21bd6828e4f0004f56f92ecaa5a2c0c.jpg


ef34a87ef67701a8dbbb9dc49f650c80.jpg


Weer op die grondpad en ons ry te lekker op een van die ‘less travelled’ paaie wat regtig ongelooflik mooi is.

ce8c7b8ee4752ba1469554e72b49202c.jpg


5db730e65f52d8133789dd8dc3e6da19.jpg


6db12542482ac2bb90f8d7368f987c66.jpg


01aef95c9629033a8ef373f26efa8c5d.jpg


d75c5e54775b02efe0a1722148ef712b.jpg


86cff712ae2cc6e64ff980af0dd9ffaf.jpg


Ons is albei teleurgesteld toe die pad eindig, maar skiet dadelik koers Herold toe om die dag af te sluit met die Outeniqua pas.

0f292ab1b6ea29bb36b9154653a52542.jpg


f3984433f922e31e4dcd0b0444c88a0e.jpg


Ons besef ons trippie vir die dag is oor toe ons vir oulaas by die ou tolhuis stil hou.

3ed652bab611857cb87b26e6b398ed12.jpg


fccb91bc5422df52d35974cd24c940ca.jpg


83b616ac5525df98b0dd7de4f4c7a98d.jpg


c558b01a5d195ef3c52f294701229a13.jpg


En so kom ‘n fantastiese dag, net so oor die 400km tot ‘n einde, maar net tot volgende keer.

8625394c43747249b8ab7c00c5641031.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
CRF250L vs CRF250L Rally

Brandstof verbruik:

CRF250L - 24.799km/l
CRF250 Rally - 25.706km/l

Die verskil skryf ek toe aan die wind beskerming wat die Rally bied teenoor die L wat niks het nie.

Bestuurder se gewig maak ‘n noemenswaardige verskil.  Ek is net so onder 100kg en neef is seker 10 - 15kg swaarder.  Ons het bikes geruil in Calitzdorp. 

Tot daar was die Rally ligter op brandstof maar dit het verander toe ek op die L was vir die laaste 153.7km.

153.7km is ook omtrent die totale veilige reik afstand op die L.  Die branstof liggie het begin flikker toe ons net voor George is.  Ons het nie die Rally se reik afstand getoets nie, maar ek skat dat jy maklik naby ‘n ekstra 80km kan kry.

Die gemiddelde brandstof koste tussen die fietse was 54 sent/km.

Ons albei het die Rally bo die L verkies.  Die Rally voel vinniger (weer eens agv die wind beskerming IMO).

Die Rally voel meer soos ‘n avontuur fiets agv die groter tenk en fairings.  Die sitplek hoogte maak ook ‘n verskil.

Die suspensie is merkwaardig beter agv die addisionele ‘travel’.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
En so kom ‘n vol naweek tot ‘n einde met die kinders wat hulle beurt kry vandag.

22c0a5f2cb67fd1b0f8c440eed04868f.jpg


60dc2040498923e0eb39ed2b4221e00b.jpg


54d89437c9b12e2f83a6632e987a1cbd.jpg


Ons sal moet ‘n plan maak met die plek want daar was heelwat mense vandag en die onderhoud laat ongelukkig veel te wense oor.  Vandag gedink om die in die komende week die eienaar te gaan sien en bietjie gesels.  Die belangstelling in die enigste baan in die omgewing van al die dealers is om die minste te sê teleurstellend.

e9bde0c6f2525ca3f7cd3c85eed76113.jpg


f9681248e2a655bbc2746ac7c7a548e9.jpg


a604287eae36d068d50acac25dd21cbe.jpg


‘n Amper oepsie

99ccfbf8c8f37d7c67923f6f2bcd0b6a.jpg


En so kom nog ‘n dag tot ‘n lekker einde.

2602c5f4d0de0e3e8712680c8b686dc6.jpg


0188ba62d1162c943d65692ce0e09b56.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Dankie vir die deel, Kobus. Ek hou baie van julle fietse

So gepraat oor Smitswinkel, daar is n Smitswinkel lite so entjie buite Calitzdorp ook wat, laas toe ek daar was, nie karre en dinge daar gehad het nie maar het nogsteeds lekker ontbyt geeet tussen die hoenders. Daar was selfs n kat wat saam met die hoenders mielies geeet het  :lol8:
 
ktmkobus said:
skydiver said:
Baie mooi fotos Kobus. Ek het nie besef jy ry 'n Africa Single ook nie?  :thumleft: :thumleft:


Dankie skydiver.  Die single(s) is deel van ‘n projekkie maar ek sal julle later daarvan vertel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit klink interessant. Vertel meer asb.
 
Ek is sommer groen van jaloesie Kobus, dit is darem die lekkerste paaie om te ry daar in jou omgewing!
 
skydiver said:
ktmkobus said:
skydiver said:
Baie mooi fotos Kobus. Ek het nie besef jy ry 'n Africa Single ook nie?  :thumleft: :thumleft:


Dankie skydiver.  Die single(s) is deel van ‘n projekkie maar ek sal julle later daarvan vertel.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit klink interessant. Vertel meer asb.

Nog te vroeg om iets sê, maar dit kom .........
 
BikerJan said:
Ek is sommer groen van jaloesie Kobus, dit is darem die lekkerste paaie om te ry daar in jou omgewing!

Feit Jan.  :thumleft:

Byt vas, ek is besig om iets te beplan.  Jy moet net ‘n tydjie afknyp en kom as ons reg is.
 
Baie mooi omgewing daardie! Julle is bevoorreg om daar te kan bly! Hoe lank bly jul al in George?
 
ktmkobus said:
BikerJan said:
Ek is sommer groen van jaloesie Kobus, dit is darem die lekkerste paaie om te ry daar in jou omgewing!

Feit Jan.  :thumleft:

Byt vas, ek is besig om iets te beplan.  Jy moet net ‘n tydjie afknyp en kom as ons reg is.

Laat my weet asb, as ek kan sal ek graag saamry!
 
w@nted said:
Baie mooi omgewing daardie! Julle is bevoorreg om daar te kan bly! Hoe lank bly jul al in George?

Ons was hier 1996/7 - 2000, toe weer 2003 - 2006/7 en nou weer vanaf Desember w@nted.
 
lekker draad die.
ek volg, kom ook redelik gereeld in George so dit lekker om te sien wat ek al gery het en graag nog wil ry
 
Vroeg oggend word ek wakker en probeer in die donker sien of dit gisteraand gereën het.

Ek weet daar is ‘n man of twee wat vanoggend gaan ry maar my onfiks lyf en modder weet ek sommer is nie ‘n wen resep nie.

Nietemin, die dag breek en dit lyk vir my die kans werd.  Ek maak gou seker waar ons ontmoet en gaan haal die fiets.

Ek is vroeg maar nie eerste nie.  Bestel gou ‘n koffie terwyl ons vir die derde man wag.  Voor my koffie klaar is, is ons voltallig.

Net in die week het ek die laaste petrol pypies vervang op die Honda na hy vir ‘n jaar gestaan het.  Ek weet ek moes eintlik die vergasser afgehaal het en skoon gemaak het, maar vat die kans dat ek hom sommer gaan skoon ry.

En so begin ek my malle mielie af skop.  Ons maak beurte en kort voor lank kry ek hom brand geskop.  Die laaste ding wat ons wou hê aangesien die verkeers dames nog sit en koffie drink hier langs ons en ons moet nog ‘n stukkie deur die dorp ry.

Nietemin trek ons weg, wetend dat as ons eers aan die gang is dit maar sal neuk vir hulle om ons te vang.

Ons kom deur Blanco en Don ry omtrent die hele dorp deur op sy agter wiel.  Hy sit hom egter vinnig neer toe ons weer verkeers manne in die pad sien staan.  Gelukkig vir ons is hulle besig met ‘n ander man wat nonsens aan gejaag het!

Ons sleep verby en is kort daarna op die grondpad.

Dit het in die berg gereën maar darem nie te ernstig nie.  Die grondpad vloei lekker en ek raak weer die 450 gewoond.

Daar word ankers aangeslaan hier voor my en ek moet hande vol brieke bymekaar maak om nie in die man voor my in te ry nie.

Rigting word verander en ons is berg op.  Dit raak vinnig meer tegnies en ook natter.

Voor ek my kon kry raak my talent op en ek koop vir my ‘n stuk grond wat ek nie andersins kan bekostig nie.  Voel eers of alles nog heel is en tel die fiets op uit die bosse.

Nou start hy sommer maklik en ek kan nie help om te dink ek moes lankal geploeg het nie.  Ek moet egter 100m verder stop om gou die stuur reg te buig.  Don is terug om gou te help.

Ons is vinnig bo en ek verkyk my eers aan die uitsig.

42419275b0ff562348f1335358ae131c.jpg


65d532fd606b5314e66d639c4f5bffe3.jpg


747afceb4c0484729b203b4d07c7937f.jpg


Van waar ons staan kan ‘n mens die einde van die pad sien en ons besluit om tot daar te ry.  Daar is ‘n paadjie wat van daar berg afgaan en Donovan besluit om te gaan kyk of dit moontlik is.

4b4cf8a4055a7063673c95729f222146.jpg


Terug en daar word besluit dat dit moet gedoen word.

Die begin van die einde:

65b3e38a558c9cca3f6be67fea8ef6c8.jpg


Ek ry in die middel en toe die paadjie regs swaai stop ek en wonder of die man nou ernstig is?

Die man is egter al aan die afgaan en ek toets eers om te sien dat al wat brieke is werk.

En toe word daar gesak teen die berg af daar wat ‘n bobbejaan met ‘n kierie sal sukkel.  Dis gly gly op die remme en teen die toere.

cbad02f25fb16dc23b166436b52e6819.jpg


Ek sien ons laaste lid is ongemaklik teen die skuinste en sy fiets is op die grond.  As jy op die foto in zoom kan jy hom dalk sien.

606d0a9373c1f81ed3585530ccf50c80.jpg


Dit raak stil en ek hoor nie die KTM weer swaai nie.  Ek maak my fiets staan en begin die pad op stap.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Die pad op is wragtag nie maklik nie en ek blaas soos ‘n kwaad pofadder.

d9b720b08d6b7b109175ca75f0f561d8.jpg


Net voor ek bo is sien ek E kom baie ongemaklik af gestap.

“My enkel is af, die goed is los hier binne.  Sal jy my bike vir my bring asb.”

90a262d7428325d71776d8451d1747fe.jpg


Nou ja, daar waar ons is moet jy maar op jou tande kners en af want daar kom niks jou haal nie.

E sukkel af en ek vat die KTM tot by my fiets vanwaar D hom verder vat.  Ek let weer op hoe mooi dit is, ten spyte van ons ongelukkie.

651d41174bf3b75dff70013317660dac.jpg


9879491e97c4d351b7d8d7f8f182c253.jpg


7ff53da5d981ab2e0f089d3d6e7d5e9a.jpg


64dd22bcf215fe15377202c3444a75fd.jpg


Gelukkig is dit nie die voet wat ratte wissel nie en ons kan terug ry.

En nou wag ons vir die nuus oor hoe erg die enkel seergekry het ...............


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Daai Don is die duiwel vanself op twee wiele. Kannie gery word nie bestaan nie in sy woordeskat :eek7: :deal:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Daai Don is die duiwel vanself op twee wiele. Kannie gery word nie bestaan nie in sy woordeskat :eek7: :deal:

Feite Chris!  Ek sal meer op my hoede moet wees volgende keer. [emoji16][emoji16]


Ons riding buddy se fibula is toe af, so dis bietjie rus tyd vir ‘n paar weke vir hom.


Met so mooi dag gaan ons toe sommer weer vir ‘n draai ry, net op ‘n ander weergawe van 2 wiele.

fd064d821c3e1e89c4b179a3e0a9c426.jpg


88d5fa1f016af1ab210d4162ab6123f6.jpg


61f1467cfd6b86258485a44902a31345.jpg


Lekker met die seuns wat nou op ‘n ouderdom is dat mens soveel dinge kan saam doen as familie. [emoji1306]

1225b5a9b96f1c203b5c38c407e65f94.jpg



Sent from my iPhone using Tapatalk
 
  Jis Kobus, lyk my n gewone dag het te min ure vir jou en jou span.Dis mooi om te sien! :thumleft:
 
Persoonlik sou ek of motorfiets of baiesukkel ry in een dag, maar jy wys ons sommer hoe dit gedoen moet word en nog tyd vir die gesin ook te maak  :thumleft:
 
Namakwalander said:
Persoonlik sou ek of motorfiets of baiesukkel ry in een dag, maar jy wys ons sommer hoe dit gedoen moet word en nog tyd vir die gesin ook te maak  :thumleft:

Met twee laaities is daar maar min tyd vir stil sit.  Maar verkies dit so, hou ‘n man aan die gang. [emoji1303][emoji1303]


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top