Wat doen n mens? Kort RR, baie fotos.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bliknêrs

Race Dog
Joined
Oct 7, 2008
Messages
4,177
Reaction score
1,341
Location
Swellendam
Bike
Honda XR650L
Wat maak n mens as jou dogter op moedverloor se vlakte is met haar finale jaar eksamens, jou vrou in die ICU n draai gaan maak - per helikopter nogal - sonder dat iemand weet wat fout was en jou seun die kar afskryf? En sommer dadelik die nuwe een ook stamp!? Is aanranding geregverdig? Natuurlik nie.
Maar dalk het jy bietjie tyd van alles af nodig. Bietjie wegkom lyk na die antwoord.
So vat ek Vrydag af en val 16 Junie jeugdag in die pad. 4 dae om bietjie weg te kom. Net buite Montagu in die Koo draai ek amper om. Die berge lê wit van die sneeu. Dis vrek koud! Ek moet hard met myself praat. Elke keer as ek beweeg of verskuif kry die yskoue wind n ander plek om in te waai.
CEDB9E25-E120-4285-978B-3D79267F39B3.jpeg
 
Last edited:
Ek byt maar vas.
In Touwsrivier stop en vir iets om te eet en n koffie. Ek sit lank binne die Steers voordat ek ophou bewe en week kans sien vir die koue.
Nou is dit Karoopoort toe. Dan is ek klaar met teerpad. Dis n vervelige stuk pad. Kort voor lank is ek op die R355. Ek stop net voor die padstal. Die Red Heart anti freeze kom uit. Ek voel dadelik beter.
3BEA8626-506A-4506-88F9-F4CADFBF8BAE.jpeg
B23256AA-52BE-4325-8CE9-45A16DBE7C4E.jpeg
 
Padstal. Sover ek kan onthou is dit die eerste maal way ek daar kom en die enigste bike is. Daar staan wel n plat Porsche wat net so uit sy plek lyk as die vlieënde piering en die 2 marsmannetjies.
Ek kry nog bietjie anti freeze. Ek sit nog n tydjie want ek beplan om eers 17h00 by Stonehenge te wees. Dis die natste wat ek nog die R355 gesien het. Groot plasse water en modder elke laagtetjie
1036F82F-952C-4E08-AAF0-EB2E074FA71E.jpeg
BDC53D74-7282-4FDF-8905-5E9428CF1EF0.jpeg
 
Last edited:
Voordat dit weer te koud word stoot ek maar aan. Die plaas se naam is Koffee Water. Koffie is verkeerd gespel hoe jy ookal daarna kyk Afrikaans of Engels. Water is darem reg gespel dis mos dieselfde in altwee tale so moeiliker om op te bogger.
C6F42BCF-294F-4D45-B7A6-93976D549AD1.jpeg
86D5B778-4053-4CA8-93E7-4DA76F9D40CA.jpeg
52CABD62-0D15-4352-B4AD-920143D425D4.jpeg
68D9737F-EA9D-4974-920F-38764EA4C853.jpeg
 
Last edited:
Ek word wakker met n hoofpyn. Dis natuurlik die anti freeze en min water drink want die kamp se water is toe bietjie brak en lê nie lekker op my palet nie.
Ek stap weer bietjie rond. Gaan eet daarna oggendete. Daar brand n lekker kaggeltjie wn ek kry n plekkie reg langsaan. Ek vra die opskepper om die eiers sommer op die roosterbrood te sit en toe ek weer is die eiers, spek en smoortjie alles op die brood opgehoop. Ek sê dankie. Hy lyk soos n Zimbabwier wat nie meer vrae vra oor vreemde versoeke nie.
Net na oggendete stoot ek aan Calvinia toe. Die veld is mooi, die pad is plek plek lekker nat. En die stootskraper sorg vir nog meer opwinding. Saam met die stootskraper sien ek 2 voertuie op die 100km
165D1EEA-0906-438B-A442-C149B1AF4687.jpeg
830E4035-6D1B-42EA-B35C-B937ECB63125.jpeg
F03C8491-5742-4B85-9D68-ECF9A044FD5D.jpeg
 
Last edited:
Net voor Bloukrans pas stop ek om koffie te maak. Die wind waai my gasstofie se flammetjie heeltyd dood. Ek prakseer n windskuiling vir hom van my desert fox petrol sak en my rugsak. Voordat ek myself aan die brand kan steek raak die gas op. Gelukkig het ek kog anti freeze en die boeing is darem al oor. Gister al.
0E307FE7-71D7-4310-894E-109F47424482.jpeg
D2599895-0467-42E2-B887-90DA66EA5DD5.jpeg
7AAF0827-2819-4A30-BCE1-F7063BE52C34.jpeg
 
Dan durf ek die 120km teerpad Brandvlei toe aan. Dis sieldodend. Ek stop 4 keer. Eet lunch bars. Eet biltong. Eet salticrax. Ek is skaars weer op die bike of ek wil alweer stop. My gedagtes dwaal soos net die dreun van n enjin en die lang pad hom kan laat dwaal. Ek sing Bob Seger in my helmet. Ek oordink alles. Kry oplossings. Handel dinge af wat my gepla het, vergeet ander. Sê te hel met die res. Ek weet Verneukpan is seker nog toe. Dis orals nog baie nat. Maar gaan maar more uitry soontoe en kyk.
562AA10A-CFCA-49CF-A8CD-C6398AB8184D.jpeg
1089569D-A124-4207-A48B-FF72A1B21F35.jpeg
 
Ek wil vir n kennis op Tontelbos gaan groet. Ek vat die verkeerde pad en beland in n klomp sand. Ek sukkel deur net om voor n geslote hek te staan te kom.
Brom brom draai ek maar weer om. Sukkel weer deur die sand.
3 km af op die teerpad sien ek die regte pad.
Ek ry verby.
In Brandvlei stop ek by die Koop om n tandeborsel te koop. Myne vergeet.
Daar staan n local en sy seun en lippe klap met die Koop se mense. Daar word gesels vir n vale. Die ry staan stil want die mense agter die till is te bang om hom aan te sê om aan te skuiwe. Seker n gesiene boer en gewaarderde lid.
Ek staan maar. Byt op my tong. Ek is op n kop skoonmaak trip.
Later kan ek dit nie meer vat nie en stap nader, druk hom uit die pad uit sodat ek by die till kan kom.
Betaal.
Ek soek my dood na die AirBnB maar kry dit.
Ek het n baie lekker kamer en gawe host!
Die boer en sy seun wat in die Koop so onbedagsaam was kom later ook hier aan. Klein dorpie en lyk my hierdie is maar die kuierplek.
Ons kuier lekker saam.
My maag is omgekrap van al die gemors wat wk ge eet het.!
 
Last edited:
My tentjie in die Tankwa Tented Camp. Dankie Vader vir elektriese kombersie.
Ek maak toe mos die fout met die aankomslag om sommer langs die tent in te ry. Daar kan ek nie af nie want die sidestand sak in die modder weg en ek is te hoog gepak agter om my been oor te swaai. Na n groot gesukkel kry ek die bike weer uit. Klouter af en reverse hom in met die stand op n lei klip. Ek dink die werkers het vanoggend lank en diep gevloek toe hulle sien hoe baie modder ek ingetrap het!
511857DF-03EC-4A5A-96B7-BE7FC81A8DA5.jpeg
 
More is my opsies nog oop. Ek moet begin omdraai. Williston toe? Daarna Sutherland toe? Dalk Saterdagaand op Oasis?
Of deur Loxton toe en dan Beaufort Wes om terug huis toe? Dan kan ek dalk op Abramskraal naby Prins Albert my laaste nag oorslaap?
 
Top