What happens at the Breede, stays at the Breede...

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Thanks aan die organisers en almal betrokke - was regtig lekker om almal te ontmoet en die bekende gesigte weer te sien!

Geen foto's ongelukkig - het te lekker gery en skoon vergeet  :ricky:
 
chrisL said:
jimjim said:
Dit was nou 'n lekker uitstappie. Nice om weer met die dogs te chat. Thnx Operator - jy't goed ge-organize. Thnx aan die boere ook.
jimjim jy moet asb ophou om na die bashes te kom of kom met n ander bike...........want ek eye jou bike te veel!!! :imaposer:

he-he! Ja, dis 'n lekker skoetertjie daai. Hier's ons op die Jongensklip pad (anderkant Van Brakels afdraai) op pad na die bash.
 

Attachments

  • jimjim Jongensklip rd Overberg Dec 2011.jpg
    jimjim Jongensklip rd Overberg Dec 2011.jpg
    69.2 KB
Fenderbender said:
Maar waar is die foto's van die manne wat gaan sand ry het ?  :peepwall:

Blykbaar was die manne te moeg (TAU en Kie) en ek dink hulle het jou en Weskus hulle gemis!!
 
chrisL said:
Oempie Foe-rie vertel my Sondagoggend moes hy die blou hokkie aandurf. Dit was n saak vir die riete.
Hy sê toe hy binne is kon hy nie omdraai nie!!! En net toe hy sit da kantel die hokkie!!!
Da bekêk hy hom toe sommer van die skrik!!!! :imaposer: :imaposer: :imaposer:

Hey duusman ............... nou sit jy mos stukkie lieg by .....................  >:D Ek het my net amper beskyt toe die hokkie kantel ............... kon darem alles binne die balie hou en nie soos jy wat moes klere weggooi langs die pad nie  :imaposer: :imaposer:
 
fat b said:
chrisL said:
Hy sê toe hy binne is kon hy nie omdraai nie!!! En net toe hy sit da kantel die hokkie!!!
:imaposer: selle met my , gelukkig kon ek maar uithou TOT IN MOSSELBAAI  :eek7: Dit was darem frikken lekker om weer my eie troon te kan gebruik  ;)

Jirre ma jy het n groot koskas as jy kon uithou tot in Mosselbaai ....................... Toe was jy darem seker lekker vol k@rk toe jy daar op jou eie porselein skoeter klim ...................... :imaposer: :imaposer:
 
Oom Foe-rie said:
chrisL said:
Oempie Foe-rie vertel my Sondagoggend moes hy die blou hokkie aandurf. Dit was n saak vir die riete.
Hy sê toe hy binne is kon hy nie omdraai nie!!! En net toe hy sit da kantel die hokkie!!!
Da bekêk hy hom toe sommer van die skrik!!!! :imaposer: :imaposer: :imaposer:

Hey duusman ............... nou sit jy mos stukkie lieg by .....................  >:D Ek het my net amper beskyt toe die hokkie kantel ............... kon darem alles binne die balie hou en nie soos jy wat moes klere weggooi langs die pad nie  :imaposer: :imaposer:
Mar dis wat ek gemeen het. Die kantel het dinge net vinniger laat gebeur!!
 
ok....  so ons het toe nie so baie fotos geneem soos ek gedink het nie....  maar hier is n paar.


1 ) so paar van die George Honne wat by  die Engen Garage bymekaar gekom het.

2 ) Dusty besig om haar "pre-ride inspection" te doen.

3 ) die bikes wat saam gery het vanaf George...  

4 )Dr Dirt het ons in die fortuner kom afsien voor ons gery het.  ::)

5 ) Barn62, ons blykuierplek vir Vrydag aand  

6 ) groepfoto by barn62.
 

Attachments

  • 1.JPG
    1.JPG
    125.8 KB
  • 2.JPG
    2.JPG
    154.1 KB
  • 3.JPG
    3.JPG
    78.7 KB
  • 4.JPG
    4.JPG
    134.3 KB
  • 5.JPG
    5.JPG
    158 KB
  • 6.JPG
    6.JPG
    133 KB
nog so paar....


7 )  Fatb en Safron....  (net vir jou brian, jy het so mooi gevra  ::) )

8 )  Die boot trip wat gereel was.

9 )  Die Suid kaap kamp (wel...een van hulle) die volgende oggend.

10)  random bmw pic

11) Ete by dros nog voor ons bash toe gegaan het.

12) Sonder CassieBotha wat ons weer kon vermaak op die springkasteel, moes ons ons self maar vermaak op die swings.  :imaposer:

 

Attachments

  • 7.JPG
    7.JPG
    75 KB
  • 8.JPG
    8.JPG
    95.8 KB
  • 9.JPG
    9.JPG
    200.3 KB
  • 10.JPG
    10.JPG
    168.4 KB
  • 11.JPG
    11.JPG
    157.7 KB
  • 12.JPG
    12.JPG
    109.8 KB
Ek het 'n boodskap vanaf Die Breede Otter se base, Dawie en Ronel van Niekerk.

Graag wil hulle net die Wild Dogs bedank. Dis die vriendelikste, goedgemanierde klom D/S motorfiets ryers wat hulle nog ontmoed het.

Dawie en Ronel se seun het Saterdag die 10de getrou, die laaste van 4 kinders. Dawie se eerste woorde was dat hy nou gaan begin spaar vir 'n bike, so een soos die manne wat by die rivier was. Ronel se woorde was, " dan sal ons eers moet vra of ons ook mag lid word van daai ordentlike mense."
Hulle wil graag alle Wild Dogs uitnooi om weer te kom kuier. Hy het ook aan my bevestig dat hulle die kampeer area gaan verdrie dubbel, storte en toilette gaan gebou word. Daar gaan oral gras geplant word. Hy verwag so net onder die 2000 mense in Maart 2012 vir die "Harvest of Joy" wat by hulle gehou word.

Van my kant af wil ek ook net baie dankie sê vir Dewald wat my gehelp het, die ou skryf beter Ingils as ek en lyk my mense vertrou hom meer, geld word makliker in sy rekening in betaal :biggrin:
Piet Coke, baie dankie aan jou ook, sonder skaduwee en ys kan geen kuier lekker wees nie.
Dawie en Ronel het ek klaar bedank.
Aan alle Wild Dogs en hul vriende wat saam kom kuier het, baie baie dankie. Vir die wat van ver af gekom het, die wat ons kom leër skaapkop eet het, vir die wat heelpad teerpad gery het, die wat Vrydag al deur gekom het, vir die wat ons wyn en bier 'n moerse knou gegee het, vir die wat ons koffie geniet het, vir die wat hulself kom voorstel het, die locals wat my ook elke jaar ondersteun, vir die wat met bakkies kom kuier het, groot pad bikes kom kuier het, een ou het tot moeite gedoen en sonder sy trailer opgedaag, aan die wat kom lappies-smous het, 'n groot dankie aan almal.
Ek het tussen die mense groot geword en dis altyd vir my lekker as ek Wild Dogs aan hul voorstel en na die tyd hoor dat hulle so verbaas was oor die "bikers " se goeie maniere.
Baie dankie, ons sien mekaar volgende jaar weer.
Geseënde Kersfees, veilig ry en raas maar as jy hier verby ry. Onthou, ek het ook so 'n bike. :biggrin: :biggrin:

Ektoknbike
Hein
 
:thumleft: :thumleft:
 
Ek wonder wie is daai MAK MOER wat opgedaag het sonder 'n trailer? :peepwall: :peepwall: :biggrin:
 
My daughter  and I nearly went past the Calabash as we did not see Stoeties trailer in the car park and thought we were at the wrong venue. >:D
 
DRAZIL said:
My daughter  and I nearly went past the Calabash as we did not see Stoeties trailer in the car park and thought we were at the wrong venue. >:D
:laughing4: :bootyshake: :bootyshake:
 
Ek wonder oor die ding. Stoetie het vars en vrolik in gery gekom en net na dit het 'n leë trailor ingery gekom...

Wie sleep nou 'n leë trailor?
 
Trailrider said:
Ek wonder oor die ding. Stoetie het vars en vrolik in gery gekom en net na dit het 'n leë trailor ingery gekom...

Wie sleep nou 'n leë trailor?
Die manne van PE bra!
 
Stoetbul said:
Trailrider said:
Ek wonder oor die ding. Stoetie het vars en vrolik in gery gekom en net na dit het 'n leë trailor ingery gekom...

Wie sleep nou 'n leë trailor?
Die manne van PE bra!

Gooi sy naam. Dit verander vandag na Stoetlikkewaan!
 
Top