Koës Rally and biehond.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Vrydagoggend staan ons rustig op, nie ver Koës toe van hier af. So 360 of so kilos. Was n gawe kampplek en ek sal hom weer besoek as ek diekant toe kom.

IMG_2712_zpsdt0mwzmk.jpg


Ek weet nie wat dit is met die Onseepkans grenspos maar hulle deursoek my goed alweer!!! Nog nooit het hulle my deursoek by ander grensposte, net by Onseepkans. Moes selfs my drybag ook los en oopmaak. Die ander twee moes ook hul bagasie oopmaak en toe Weskus se een pannier oop is sien die geregsdienaar dadelik sy ekstra Sub A tassie!! ;)

weskus%20koes%2045_zpsqjkbqswu.jpg


Ons is egter gou deur en oppad Nam toe.

IMG_2714_zpsok8qlilh.jpg


weskus%20koes%2051_zpsksk49ase.jpg


Die Namibiese kant was vinnig en vriendelik en die highways begin. Weskus vat voor tot in Karasburg.

IMG_2717_zpsiq9ny7cy.jpg


weskus%20koes%2055_zpsgwdhevs3.jpg


In Karasburg vat ons petrol en n pie en draai af op die D201. Mooi wêreld hier tussen die Karasberge.

IMG_2720_zpslmm5tezl.jpg


IMG_2721_zpspo2ted30.jpg


IMG_2722_zpslllkzhqr.jpg


Ons vat n blaaskansie en ek moet bergklim ook!!

weskus%20koes%2066_zpsysf4xypu.jpg


Mof sê hy en Silwer de Lange begin nou gel. :thumleft:

IMG_2724_zpsu4spcnef.jpg


IMG_2726_zpsw33cqnje.jpg


IMG_2728_zps5xfy07xw.jpg


Hierdie fodie laat beland my in die pekel. Stop om n blinde draai en die volgende oomblik kom die Meelgesig op my linkerkant verby!!! Sorry
Dewald :thumleft:

IMG_2729_zpsrffzcypl.jpg


weskus%20koes%2071_zpssnadt9cf.jpg


Net na die middag kom ons oor die pan Koës binne. Die plastics race is nog aan die gang. Ons mik hotel toe vir n koeligheidtjie en om te verneem
waar is Rickus en Eugene. Nommerplate van oral en van die grootste manne wat ek al in n lang ruk gesien het. Duidelik is almal hier op Tim Noakes se diet!!! :imaposer: ;)
Ons kry ook die slegte nuus dat Jaco in die hospitaal is in Keetmanshoop. Jy sal maar net weer moet kom Jaco. :deal: :thumleft:

IMG_2733_zpsularjnhj.jpg


Ons kry die manne en gaan pak af in die kamppeerterrein. Ek is bietjie gatlam en Weskus en Mof gaan kuier bietjie op die pan.

weskus%20koes%2077_zpsbpuqcosv.jpg


Stringe bakkies kom vanaf alle rigtings Koës binne en ek kry duidelik die gevoel hierdie naweek is n gebeurtenis in die omgewing.
Soos altyd stel die sonsondergang in Namibië nie teleur.

IMG_2736_zpsvpcko6j7.jpg


IMG_2738_zps1dagwtye.jpg


Donkeraand kom val TAAI, Propshaft, Morne en Pietie in vanaf Keetmans se rigting na n papwielstoeiery. Ons braai en praat padstories tot hier en hoe verder.

IMG_2740_zpsvfbos5ve.jpg


Laatnag kom maak die twee WDs van Koës n draai en daar word ernstig stront gepraat in hoërgraad!!! :deal: :imaposer:
 
Dankie Chris..... >:D Nou moet ek hier sien presies wat ek gemis het.

Ek het ook 'n bucket list, maar ek sien op die stadium dat geen emmer groot genoeg gaan wees soos julle aangaan nie :peepwall:

Dankie in elkgeval vir die lekker RR
 
Meeste vleis le langs die rooster :biggrin:
 
Vroeg Saterdagoggend hoor ek al daar grom n paar V8s soos die vorige aand. Sports op die pan vandag!!!! Eugene was so gaaf om vir ons n courtesy car (uri) te los, maar vergeet om petrol in te gooi!! ;) Dankie Eugene dit was n gawe gebaar. Ons vat die pad pan toe oor n lekker los duin en as mens so vrot ry soos ek gebruik jy die hele pad wat in die geval nie aan te bevele is nie want daar kom bakkies van die ander kant af!!! :eek7:
Ek sien nie kans vir die duin se klimp en plak my neer op die FNB stadion (gazebo van FNB) ;)

IMG_2741_zps4qj4yaew.jpg


weskus%20koes%2084_zpsd4lfphkn.jpg


weskus%20koes%2083_zps4do2xm84.jpg


weskus%20koes%2086_zpsa04ntoy3.jpg


IMG_2742_zps7p7kcp95.jpg


IMG_2743_zpscdlri2on.jpg


IMG_2744_zpsslyivgib.jpg


IMG_2746_zpsbgqaj8u6.jpg


Wanneer laas het iemand n KTM 495 gehoor of gesien?!!! Hierdie een was in showroom kondisie.

IMG_2748_zpsj5y45sbt.jpg


n Monster van n kar. V8 650 hp het ek gehoor.

IMG_2749_zpszljlhzkc.jpg


IMG_2751_zpsmxk8bopr.jpg


IMG_2757_zpsyso1tiss.jpg


IMG_2758_zps771d03ze.jpg


En die burgemeester kom kyk self of dinge nog vlot verloop. ;)

IMG_2761_zpsozzji23l.jpg


IMG_2763_zps8mk4lsdx.jpg


IMG_2765_zpsocy8j1xz.jpg


IMG_2769_zpsjvekxeyr.jpg


Die 660 Rally kan maar in my garage staan. :thumleft: :drif:

IMG_2777_zpsp4utb4nz.jpg


Die drags begin, plastics eerste. Die kwat in die voorgrond word deur n dame/meisie gery en glo my sy mag maar.

IMG_2771_zpsuyu6xe3g.jpg


My mik en drukkie kan nie lekker op afstand afneem maar op die foto is Weskus voor, Rickus tweede en Eugene(vasgehaak in derde)derde ;)
Glo vir my daai KTMs maak soos Rokof oor daai afstand, glo naby 180 km/h.

IMG_2773_zpsik0olj1f.jpg


Laatmiddag en ons vat weer vleis!! :thumleft:

weskus%20koes%2079_zpszepdlmoq.jpg


weskus%20koes%2082_zpsingwam3i.jpg


As ek weer Koës toe kom steel ek die mannetjie vir my!! Hy het my breedvoerig van sy bike vertel.  Storie loop toe hy gebore is wou sy sussie niks weet van die nuweling in die huis en die enigste manier volgens haar dat hy kon bly is dat hulle (Rickus en vroutjie)
vir hom n hok bou om in te bly!!!! :thumleft: :imaposer:

weskus%20koes%2088_zpsetk0rcse.jpg


Dit word laat en mens kon hoor die party al hoe kwaaier. Imagine jouself n stil aand in daai oop wêreld waar klank ver trek en dan start iemand
n V8 en dan word hy pak gegee oor die pan en gears word net gechange as die valves pop!!!!! :eek7: :drif: Jou tipe sound? Kom maak n draai by die Koës Rally. :deal:
 
Ek gaan nou ophou lees en dikbek wees oor ekke nie daar was nie. Donner und blitzen! Lyk bevange.
 
Daar is 3 dinge van Nam wat my skoon spuls maak: duine, gemsbokke en Uris. Nou ja, lyk my die Koës Rally het darem vir 2 uit 3 gesorg.
 
Dorsland said:
Ek gaan nou ophou lees en dikbek wees oor ekke nie daar was nie. Donner und blitzen! Lyk bevange.

Ek kan dit nie beter verwoord nie.........
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
windswept said:
Chris, what's the gross mass of that road train, and what motor and gearbox?
Sadly I have no idea but I know the ones running to Brand-se-Baai and Koekenaap loads 60 tonnes.
This Astra I do not know.(will google) We passed one Merc aswell pulling the same trailers.

100 ton
Astra is Italian. 580Hp. Constructed specifically for mining terrain. 0.9 km/lt. Very efficient if you take the load into consideration.
 
Hinksding said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
windswept said:
Chris, what's the gross mass of that road train, and what motor and gearbox?
Sadly I have no idea but I know the ones running to Brand-se-Baai and Koekenaap loads 60 tonnes.
This Astra I do not know.(will google) We passed one Merc aswell pulling the same trailers.

100 ton
Astra is Italian. 580Hp. Constructed specifically for mining terrain. 0.9 km/lt. Very efficient if you take the load into consideration.
Sien Google sê Iveco maak die Astra.
 
Flippennice.  8)
 
Donker Sondag oggend trek Mof weg om sy familie in Vioolsdrift te gaan kry. Ons res staan stadig op en begin pak. Ons WDs getalle was so 13 stuks en hopelik kan dit volgende jaar beter :thumleft: ;) :deal:

Ons groet TAAI en kie en gaan groet vir Rickus en familie. Ek ry ook sommer so paar strate op en af. Dis my vyfde keer op Koës maar ken eintlik net die garage en hotel(hel dit klink sleg) :eek7:

Rickus en Eugene julle en jul vrouens is duidelik n aanwins vir hierdie klein dorpie en ek hoop van harte julle gaan nog baie jare gelukkig hier woon en werk en dat die Koës Rally sommer nog groot gaan word. Dankie vir jul moeites vir ons paar manne. :thumleft:

IMG_2779_zpscbbtua81.jpg


Kyk hoe lê die strooikolle waar ons tente was!! Dit werk!! ;) :deal:

IMG_2780_zps19znw6ka.jpg


Die Wilddogvlag (ja daar was een) lyk moeg na die naweek!! ;)

IMG_2781_zpszud9itse.jpg


Vroeër die week het ek n roete aan Weskus genoem wat ek wil ry indien hy belangstel huistoe. Nognie gedoen sê hy en dit sal lekker wees. Ek het al twee keer net n gedeelte van die roete gedoen. Ek moet erken die trip het my fisies hard pak gegee en ek weet nounog nie hoekom en moes my mind opmaak of ek kans sien vir die roete. Ek het eers in Keetmanshoop sondag oggend besluit ek vat die kans en het darem geweet
Weskus sal mooi na my kyk aangesien sy hanteerder se laaste woorde was "Dewald kyk mooi na die oom hy is oud!!! :imaposer: :biggrin:

IMG_2782_zpsw3iiawrs.jpg


Kokerboomwoud net voor Keetmanshoop. Ons stop by die Spar(wat amper leeg is) maak ons fuelbladders vol en sit iets oor die tande by die Wimpy en vat die pad Seeheim toe. Ons draai af op die D 463.

IMG_2784_zpsong5sdvc.jpg


weskus%20koes%2089_zpsm75m0mbn.jpg


IMG_2786_zpst2pvptif.jpg


weskus%20koes%2092_zpscs9jcslz.jpg


Ek/ons moes stop vir die een. Hoe het daai kokerboom bo op daai koppie beland?!! :eek7: Kan net met vlerke wees.

IMG_2787_zpsjjgf5dnk.jpg


weskus%20koes%2095_zps79oecmon.jpg


Die pad loop mooi en gou gou is ons by die afdraai na die lodge op die westelike rand van die Visrivier Canyon, die eintlike rede hoekom ons diekant om ry en glo my dis die moeite werd. :thumleft:

weskus%20koes%2097_zps2ydb0nln.jpg


Ons gooi bietjie petrol uit die fuelbladders en sommige mense die helfte op sy warm engine :biggrin:

weskus%20koes%2099_zpsk5dqiqa6.jpg


Die paadjie begin kronkel kronkel en dan maak hy later oop. Klipperig heelpad. So +- 20 km na die lodge.

weskus%20koes%20101_zpsev7iropl.jpg


weskus%20koes%20104_zpsyytumep7.jpg


En dan lê dit voor jou terwyl jy aan n koeligheidjie teug................................................................harde werk die adventure riding besigheid ;)

IMG_2789_zpsqee8omrz.jpg


Die personeel is regtig vriendelik alhoewel hulle weet ons kom nie daar inwoon. Hopelik maak hulle eendag n kampterrein daar oop.

weskus%20koes%20110_zpsgkgs3vym.jpg


n Woestyn Eekhoringkie kom drink water reg voor ons.

IMG_2797_zpsigqoozab.jpg


weskus%20koes%20117_zpscqujvaav.jpg


Die wit pad aan die oorkant is die pad na die uitkykpunt by Hobas. Ek wil nog die afstand meet soos die kraai vlieg met Googlearth.

weskus%20koes%20118_zpssyebqfmj.jpg


Indien ons geldgatte was kon ons seker oorgeslaap het maar die R2850 per nag het my keel bietjie laat toetrek!! :eek7:

weskus%20koes%20119_zps7svbtgmo.jpg


Marco die manager onthou selfs die Visarende met die sykar goed.

IMG_2802_zpsjiy6nugf.jpg


Ons vat pad na waar ons hopelik n lekker kampplek kry.

IMG_2803_zpsxywbgp9w.jpg


weskus%20koes%20106_zpsdxuvfevb.jpg


IMG_2804_zps4onr6ons.jpg


weskus%20koes%20124_zpsqyrcz95x.jpg


IMG_2805_zps9cfxxs99.jpg


weskus%20koes%20107_zpsjhmnz22s.jpg


weskus%20koes%20130_zpsmqbmnjz1.jpg


Ek mis n pragtige Kudu wat reg voor my in die pad staan. Net te stadig om te stop en my kamera uit te haal.

weskus%20koes%20134_zpsyz3enkdy.jpg


Ons kom weer by die grootpad en draai links en later T ons weer die pad wat oploop Goageb toe en draai weer links. Nou raak dit bekend vir my.

weskus%20koes%20140_zpsvkaul1rc.jpg


IMG_2811_zps7pcl0daf.jpg


IMG_2812_zpsxsrzg1kv.jpg


n Paar pajamadonkies wat nie te skrikkerig was vir ons.

IMG_2813_zps5y0adhdt.jpg


IMG_2815_zpshm0aoxbk.jpg


Ons kom by die Huns fontein aan. Ek en die driffie het n "history" soos hulle sê :biggrin: Sorry Weskus jou stof het nog in die lug gehang.

IMG_2817_zpsvanobzee.jpg


weskus%20koes%20142_zpsps8chlhk.jpg


weskus%20koes%20143_zpsuej1cgzr.jpg


My history met die Huns fontein. :eek7:

glupglupglup1_zpskeq3w2j0.jpg


Ons kyk uit vir n kampplek maar die area is te kaal en oop. Ek noem aan Weskus voorkant toe ry ons teen die rivier af met baie bome wat dalk meer beskut sal wees.

weskus%20koes%20145_zpslcjwmhvt.jpg


IMG_2819_zpshls8aq3p.jpg


weskus%20koes%20147_zpssgjdklpw.jpg


Ek sien n groot boom nie te ver van die pad af wat n lekker skaduwee gooi. "Wat van die plek? Te naby aan die pad maar wag gou", Weskus klim af en verdwyn tussen die bome. Hy roep terug hy het net die plek gekry. Reg in die rivierbedding. "Ja maar daar is geen manier ek sal regop bly
tot daar." Gn probleem ou maat, BRaaaap! BRaaaap!! en minute later staan albei skoeters op hul slaapplek en ek struikel tot daar met my kierie, die blerrie man kan darem ry. :thumleft: :deal:

IMG_2820_zpseiky7tvh.jpg


IMG_2821_zpsyj4pn6eu.jpg


IMG_2822_zpsdify7ovo.jpg


Perfekte kampplek met genoeg hout.

weskus%20koes%20151_zpscvv92uko.jpg


IMG_2825_zpsojfvrfpu.jpg


weskus%20koes%20156_zpsuh8ekjbs.jpg


weskus%20koes%20158_zpsbn1b1dle.jpg


IMG_2829_zpshyjbitop.jpg


IMG_2836_zpsltzhrsos.jpg


weskus%20koes%20160_zpsgwm2bvph.jpg


Die son sak na nog n pragtige Afrika dag.

IMG_2827_zps62fafsjw.jpg


Ons braai, eet en raak aan die gesels. Sommer kopstukke. :thumleft:

IMG_2838_zpswehzkg1g.jpg


Hier tussen nêrens en niks ruk die man sommer n slaai ook uit!! Steak mense!! :eek7:

IMG_2839_zpsshnwr3ci.jpg


Tien uur gaan lê ons terwyl die vuur nog buite knetter. More is nog amper 700 km huistoe.
 
Hoe unsubscribe 'n mens van 'n RR? Ek kan dit nou nie meer hou nie! Ai, daai rivierloop padkamp...

Pragtige foto's en storie Chris.
 
Top