Koës Rally and biehond.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Chris ek het ook gehoor van iemand van Gauteng wat drie kilometer voor die dorp geval het. Fiets afgeskrywe en hy darem nie te erg seer nie. Baie bly jy en Weskus is weer hier.
 
:thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Dankie!!!!
 
Merino said:
Chris ek het ook gehoor van iemand van Gauteng wat drie kilometer voor die dorp geval het. Fiets afgeskrywe en hy darem nie te erg seer nie. Baie bly jy en Weskus is weer hier.

Dit was BakgatJaco. Hy is ook darem ok en weer aan die herstel
 
Dankie Chris dit was nou n lekker RR.....die foto van Dewald na die trip is vir my erg ontstellend....mens sal vir hom seersekerlik moet n hok bou, want daai ding sal skaap vang.
 
Thanks for the share mate and great RR. As Ian said we will be doing some of the roads in October that you ous rode, so looking major forward to the trip  :ricky:
 
Jissie Chris, daai was nou 'n lekker stukkie lees werk, ek wou ook so stukkie opgesit het van die trippie, maar mynne sal darem nou sleg afsteek teen hierdie RR wat jy opgesit het, Namibia bly my darem maar 'n diep deel van die wereld. Lyk my Dewald het hom baie goed van sy taak gewyt met die oppas besigheid, hy is seker ok maar versigtig vir daai oppasser van hom :peepwall:

Ek is net so eeeeeffens jaloers oor daai rivierbed braaitjie van julle, maar dis maar baie effens..... :ricky:
 
Rickus said:
Dankie Chris dit was nou n lekker RR.....die foto van Dewald na die trip is vir my erg ontstellend....mens sal vir hom seersekerlik moet n hok bou, want daai ding sal skaap vang.
Jy alweer besig met my.. :peepwall:
 
TAI said:
Jissie Chris, daai was nou 'n lekker stukkie lees werk, ek wou ook so stukkie opgesit het van die trippie, maar mynne sal darem nou sleg afsteek teen hierdie RR wat jy opgesit het, Namibia bly my darem maar 'n diep deel van die wereld. Lyk my Dewald het hom baie goed van sy taak gewyt met die oppas besigheid, hy is seker ok maar versigtig vir daai oppasser van hom :peepwall:

Ek is net so eeeeeffens jaloers oor daai rivierbed braaitjie van julle, maar dis maar baie effens..... :ricky:
TAAI gooi sommer n paar foto's van jul trip op n general Koës Rally fred. Ek sal graag wil sien waar julle vierstuks rondgeflenter het.
Het daai lidmaat(morne) met die vierplugwiel toe in Luderitz gaan draai?
Die maandag toe ons oor Sendelingsdrift is toe staan jul name net bo ons sn op die in en uit boek aan die Namibiese kant. :thumleft:
 
Ok, kom ons kyk of ek so stukkie kan by las by Chris se ride report.
So besluit ek, Piettie(CrazyC), Heinie(Crankshaht) en Morne om op te gaan na die Koes Rally toe, Rikus en Eugene het dan so mooi gevra. Daar word sommer van die begin af besluit dat ons gaan sommer reguit en so vinng moontlik op ry grenspos se kant toe en dan sal ons by Oewerbos oor bly voor ons die pad vat deur die Rigtersveld Sendlingsdrift se kant toe.
Eerste stoppie is toe nou sommer net buite Durbanville oppad Klipheuwel se kant toe vir so ligte ou soettetjie.
 

Attachments

  • 20150701_082936.jpg
    20150701_082936.jpg
    45.4 KB
Van daar het die kouegyt mooi weg gebly to so by Clanwiliam se afdraai, toe vat ons maar weer so ou klein teugie aan daai plastiek botteltjie in die topbox.
 

Attachments

  • 20150701_094507.jpg
    20150701_094507.jpg
    57.3 KB
van Clanwiliam se afdraai af, was daar nie baie onnodige stoppe nie, want ons moes nog vir Piettie daar in Springbok kry, want die man het via Oos Londen soontoe gery, party mense het mos teveel tyd op hulle hande en ons wil darem nog voor donker by Oewerbos wees.
So fototjie of twee van die padjie van die grenspos af na die kamp toe.
 

Attachments

  • 20150701_161718.jpg
    20150701_161718.jpg
    61.1 KB
  • 20150701_161702.jpg
    20150701_161702.jpg
    70.9 KB
By Oewerbos aan gekom, moes ons darem dadelik vir vir ietsie keel gaan kry, dis mos after-all 'n bank werk om so ver op eendag te ry.

Hier is so paar fodies van Oewerbos se kamp plekkie, man het ons darem nou vir jou lekker geeet en gekuier daar.
 

Attachments

  • 20150701_164443.jpg
    20150701_164443.jpg
    43.1 KB
  • 20150701_164504.jpg
    20150701_164504.jpg
    73.9 KB
Die volgende oggend is daar maar redelik traag aan die gang gekom, maar dit is alles die Marius, daai Barman se skuld. Van hier is ons al met die rivier op en toe oor een of ander 4x4 roette oor Eksteenfontein toe.
 

Attachments

  • 20150702_084446.jpg
    20150702_084446.jpg
    60.7 KB
  • 20150702_093257.jpg
    20150702_093257.jpg
    88.9 KB
Tussen Ekseenfontein en Kuboes sien ons toe hierdie rare besigheid van 'n klomp klippe op mekaar gepak is en nie een van ons het enige idee hoekom die klomp klippe so gestapel sou wees nie. Ons reken toe dalk is dit vir good luck en pak mam-man maar ook 'n klippie by.
Weet nie een van die honde dalk weet wat die idee daarvan is nie, sal nogal ineresant wees om uit te vind.
 

Attachments

  • 20150702_093701.jpg
    20150702_093701.jpg
    119.4 KB
  • 20150702_093729.jpg
    20150702_093729.jpg
    85.7 KB
Is glo as jy die Helsepas gemaak het sonder probleme dan sit jy n klip by, oftewel dis wat ek vertel is. :deal:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Is glo as jy die Helsepas gemaak het sonder probleme dan sit jy n klip by, oftewel dis wat ek vertel is. :deal:
O ok dan moet Heinie sy klip weer loop afhaal. :peepwall:
 
Top