Koës Rally and biehond.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Bliksem Chris, ek verlang sommer van voor af na daai pad.  Dankie vir die deel.  Soos jy met reg seg, dis die moeite werd om daai 24 km in te ry na die lodge. 
Ken vir Marco, die mense daar is moer vriendelik en help waar hulle kan.  Wens ook hulle wil 'n kampplek aanbring.  Ons het natuurlik soos "Lords" in 'n baie gerieflike kamer gebly vir N$300 brekkie ingesluit, nogals vir beide van ons.  :deal:  :biggrin:  Dis maar net weereens 'n bewys van hoe behulpsaam die mense is. 

Jammer jy het daai Kudu gemis, sal later 'n foto gooi van een wat ons daar gekry het, miskien is dit dieselfde bul. 

Baie bly jy kon uiteindelik daai deel sien.  :deal: 
 
Dit lyk asof die afstand tussen Hobas se uitkykpunt en die een aan die westekant 10.2 km is soos die kraai vlieg. :deal:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Dit lyk asof die afstand tussen Hobas se uitkykpunt en die een aan die westekant 10.2 km is soos die kry vlieg. :deal:

Ek dink dis dalk 'n korter afstand soos die kraai vlieg.  Daai krye vlieg maar draaie Chris  :lol8:
 
Dorsland said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Dit lyk asof die afstand tussen Hobas se uitkykpunt en die een aan die westekant 10.2 km is soos die kry vlieg. :deal:

Ek dink dis dalk 'n korter afstand soos die kraai vlieg.  Daai krye vlieg maar draaie Chris  :lol8:
Sorry man reggemaak :deal: :thumleft:
 
Dorsland said:
Soos KR sê; daai rivierbedding kamp van julle, man dis nou lekkerrrrrrrrr.
Ek het aan hom gedink want ek het geweet hy sal daarvan hou. Weskus het weer op sy beurt gesê sy ou rymaat Legedema sou self die plek
geniet het. :thumleft:
 
Ek hoop net jy nooi volgende keer meer vriende saam.  Dit lyk wragtag lekker.  Wonder sommer KR is ons in volgende jaar?
 
Merino said:
Ek hoop net jy nooi volgende keer meer vriende saam.  Dit lyk wragtag lekker.  Wonder sommer KR is ons in volgende jaar?
Ek het nie genooi nie, ek IS genooi :thumleft: :deal:
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Dit lyk asof die afstand tussen Hobas se uitkykpunt en die een aan die westekant 10.2 km is soos die kraai vlieg. :deal:
Op mapsource lyk dit soos 11,4, maar google is seker meer reg.  :thumleft:
 
Daai treinspoor pad anderkant Vanrhynsdorp is awesome!! Julle het by 2 van my oom se plase verbygery. As jy ooit weer in daai geweste kom stop by Klaas Louw op Brakkie. hy besit Brakkie se veldkombuis. Defnitief 'n aand of 2 se oorslaap werd
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Hinksding said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
windswept said:
Chris, what's the gross mass of that road train, and what motor and gearbox?
Sadly I have no idea but I know the ones running to Brand-se-Baai and Koekenaap loads 60 tonnes.
This Astra I do not know.(will google) We passed one Merc aswell pulling the same trailers.

100 ton
Astra is Italian. 580Hp. Constructed specifically for mining terrain. 0.9 km/lt. Very efficient if you take the load into consideration.
Sien Google sê Iveco maak die Astra.

Chris ry die trokke normale 100-120 km p/h of baie stadiger?
 
Genade maar nou is ek lus vir moterfiets ry, stofpaaie en braai

Dankie Chris
 
Hope said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Hinksding said:
ChrisL - DUSTRIDERS said:
windswept said:
Chris, what's the gross mass of that road train, and what motor and gearbox?
Sadly I have no idea but I know the ones running to Brand-se-Baai and Koekenaap loads 60 tonnes.
This Astra I do not know.(will google) We passed one Merc aswell pulling the same trailers.

100 ton
Astra is Italian. 580Hp. Constructed specifically for mining terrain. 0.9 km/lt. Very efficient if you take the load into consideration.
Sien Google sê Iveco maak die Astra.

Chris ry die trokke normale 100-120 km p/h of baie stadiger?
Dit het vir my gelyk na niks vinniger as 60 km/h en ek moet byvoeg hy was leeg.
 
Brilliant stuff, ChrisL! Thank you.

Ja, that Dewald guy is a blerrie nuisance.  :imaposer:
 
Ek het toevallig gister ook daardie pad langs die visrivier canyon gery, ook daar by die lodge gedraai. Baie lekker ry paaie.
Baie lekker report Chris.
 
ChrisL - DUSTRIDERS said:
Dit lyk asof die afstand tussen Hobas se uitkykpunt en die een aan die westekant 10.2 km is soos die kraai vlieg. :deal:
Maar dan sien jy mos nog goed ou Chris, hoe vêr wil 'n man dan nou sien.. gaan defnitief weer daai pad ry, aspris laat sodat ek kan kamp.. ek lees lekker..
 
Maandag oggend half vyf word ek wakker en begin stadig oppak. Weskus was nog besig aan die saag aan n hardehout maar word na n rukkie wakker van my gevroetel. Ook maar goed ons wikkel vroeg want die dag kon lank raak en nie een van ons twee wou in die donker ry die laaste end huistoe.

Ons gooi van die laaste hout op die kole terwyl die dag breek.

IMG_2840_zpsov7ahnra.jpg


IMG_2841_zpstohmc3vc.jpg


Die bikes se uit was net so maklik as die in vir die man. :thumleft: (sorry vir die bewe)

IMG_2843_zpsu37vfawu.jpg


Ons vat pad tussen die mooi berge en valleie deur.

weskus%20koes%20167_zps1spbreuu.jpg


Son sukkel nog om sy kop te wys.

weskus%20koes%20168_zpsenygg4db.jpg


IMG_2844_zpspwwdhzgj.jpg


IMG_2845_zpsgnmzdvsq.jpg


IMG_2848_zpss7zxsbuo.jpg


Nou is ons naby aan die Rosh Pinah- Aus teerpad.

IMG_2850_zpsx0masb24.jpg


Rosh Pinah gooi ons petrol en beide van ons het dit gemaak sonder dat ons reserve liggies aangegaan het. Koop n pie of twee met die idee om dit te gaan eet op die plek met een van die mooiste view's(my opinie) in Namibië.

weskus%20koes%20173_zpsplilon9z.jpg


Die Meelgesig het n rustige trip gehad.

weskus%20koes%20177_zpsw1txmncq.jpg


Die grenspos by Sendelingsdrift was sommer vinnig beide kante en niks gewag vir die pond.

weskus%20koes%20183_zps1v1yhmme.jpg


IMG_2854_zpsrohkwzwa.jpg


weskus%20koes%20184_zpslygw3rhe.jpg


weskus%20koes%20187_zpsxezbcaph.jpg


IMG_2859_zpsd3v6utks.jpg


Die pad tot by die Alexanderbaai afdraai was nogal sleg uitgery. Die plaaslike mense se rygoed kry swaar.
Ons draai linksaf vir Eksteensfontein.

IMG_2860_zpswgrvyhts.jpg


n Windpompfoto vir JMOL.

weskus%20koes%20197_zpsliqbz1dt.jpg


Die wêreld het reen gekry en gee n mooi groen skynsel.

weskus%20koes%20200_zpswahvtyyg.jpg


IMG_2862_zpsaayzvuh0.jpg


Die ou Angliatjie lê te ver van als dat die scrap manne hom nie eens kom haal.

weskus%20koes%20209_zpss61nvu4p.jpg


weskus%20koes%20204_zpsnxjqa2zl.jpg


Die pad loop heel mooi behalwe vir so 30-40 km wat my limited skills bietjie toets, maar ek klou!! :eek7: Dit was ook die mooiste gedeelte
maar kans vir rondkyk beperk.

weskus%20koes%20210_zpsjobbep8k.jpg


weskus%20koes%20211_zpso39gdkva.jpg


weskus%20koes%20217_zpseqmxjw3j.jpg


weskus%20koes%20221_zpsv8zzdgea.jpg


weskus%20koes%20216_zpsjndak7pu.jpg


weskus%20koes%20229_zpsh2jpsqle.jpg


Hier kom stop Weskus by my en sêvra " jy het my seker nou geskel oor die laaste stuk pad"? Nee sê ek daar was nie kans nie!! :eek7: :imaposer: Ek wou al baie lank die pad ry. Vandag was my batteries net te pap om dit regtig te geniet, reken ek sal dit weer moet kom doen :deal:

weskus%20koes%20227_zpsfbp89h2n.jpg


En voor ek my kom kry is ons Eksteensfontein in en uit. Hiervandaan raak dit bekend vir my.

weskus%20koes%20233_zps34s3kgd1.jpg


Ons begin so bietjie die kele oopmaak en so tien km voor die teerpad Steinkopf toe stop ons vir n koeligheidjie en n gesels. Hiervandaan weet ons sal nie veel geselskans wees nie.

weskus%20koes%20236_zps070ltan9.jpg


IMG_2865_zpsg1pgf5v0.jpg


Ons gooi Steinkopf se vrek duur petrol in teen amper R15 per liter en moes toe ook nog in Springbok stop want hul kompressor was vrek. Die nodige gargage sooibrand pie word ingestop en ons vat pad. Kwart oor drie klim ons op die N 7 en Weskus vat voor. Gou is dit duidelik dat ek sou moes nommers gooi wat nie ek of my fiets aan gewoond is, maar ironies as mens so n ruk 160 gery het en jy sak 140 toe dan voel dit stadig.
Moet sê plekplek moes ek inhaal teen 180 weens stadige verkeer wat my opgehou het. Ons stop vir petrol Garies en ek vat voor en ons volgende stop was naby Landplaas na ons die Nuwerus grondpad agter die blad hier.

Ons groet hier en die laaste 20 km na Lutzville waar ek afdraai vat ons dit rustig. Beide vat ons kom darem net net ligdag by ons bestemmings
so min of meer teen ses uur. So lyk n man wat amper n week n "ouman"opgepas het as hy by die huis kom. :imaposer:

weskus%20koes%20241_zpsh9dohd74.jpg


Net voor ek stop by my vriend Michael se plaas knip die son vir oulaas oog vir my. (ook my laaste foto van die trip)

IMG_2866_zps8syi3fqj.jpg


Ek kuier vir n paar dae in die omgewing en Vrydagmiddag stop ek by die huis na nege dae en +- 3000km.

Weskus en Mof dankie vir jul gesels, geduld en hulp op die trip. Dit was regtig lekker. :thumleft:



Op n hartseer noot: vir die laaste amper twee weke dink omtrent elke dag aan die jong man wat die aand voor die begin van die rally in die middel van die nag op die pan(wat hy nie geken het nie) met sy bike sonder lig en sonder helmet gaan jaag het. Hy is vir dood opgetel en latere
reports was dat hy verlam is omdat hy in n draad vasgejaag het. :(
As jy nog met ons is wens ek jou als van die beste toe op jou pad na herstel. :thumleft:
 
Dankie Chris, lekker verlang ek na familie wat soos jy gesels. Die roete en plekke is verseker op my bucketlist.
Man raak net moeg om te se eendag gaan ek so maak en so maak. Geduld is seker maar die wagwoord hier.
 
Top