Dag 2 Martin's Drift na Elephant Sands,
Ek is vroeg op en ek voel goed, start my spiritus stofie en maak koffie. Ek begin somme maak in my kop almal waarsku teen die streng owerhede en reels en dus besluit ek om nie die hoof roete te volg nie. Ek bekyk die kaart en besluit om by Lerala regs te daai, noem dit die alternatiewe roete Fancistown toe.
Ek slaan my tent op en saal my hings op! Wraggies waar daar gebeur dit weer my Giant loop het gekrimp, na 'n morsige stoei sessies kom die ritssluiters bymekaar. Ons is 7uur op die pad so entjie noord en toe rigting verander Oos waarts na Selebi Phikwe. Die pad is mooi en behoort net aan ons nie een motor of vragmotor op die pad nie dit is immers Sondag. Ek kyk uit vir alternatiewe stofpaaie maar herhinder myself weer aan Les 2 en dat ek nog ver het om te ry!
Heelpad sien ek niks anders as beeste nie en net voor Selebi Phikwe sien ek die eerste groot Baobab ek wou nog stop vir 'n foto maar ek ry te lekker! Paar kilos verder kom daar n bike van voor af ek groet maar die man lyk benoud hy probeer wel kop knik! Net voor die dorp sien ek 'n groot spur bord en glimlag ek is bly die een is nie geBoikot nie want ek is honger. Ek bederf myself met 'n lekker koffie en ontbyt en beplan my roete verder. Oomblikke later trek die selfde bike weer in nat nuwe CRF250 Rally, Craig stel homself voor en ons gesels lekker, hy het sopas sy fiets gekry en ry nog op leerling plate verduidellik hy. Hy gee my roete advies en ek is dankbaar, want hy praat van grondpad en 'n nuwe dam. Ek groet vir Craig en laat spat net na Mmadinare is ek op die stofpad so gemaklik dit voel soos my eie land. Die mense is vriendellik en alles verloop seepglad. Daar is baie lekker ryplek maar ek fight vir Chris om maar op roete te bly!
Vir een of ander rede het ek die dam gemis maar wel gestop by sy keerwal, ek moes die naam Google al wat ek onhou is dat die naam soorvan n kombinasie naam is tussen Afrikaans en Chinees. Ek was reg sy naam "Dikgatlhong". foto van die wal aangeheg. Kan nie help om te dink dat die Fransmanne darm regtig probeer afshow het met Katse se wal nie!
Die grond pad is mooi en geen tekens van die sand waarvan almal so praat nie ek moet myself inhou. Ry mooi jy ry alleen....
Rukkie later ry ek deur Matsiloje en van daar is dit Francistown. Hier rek ek bene en eet n water roomys Nata le nog wyd en dit lyk na reen. Ek trek weg en die mooi sonskyn dag lyk al hoe meer bewolk. Voor Nata sien ek n Puma vulstasie ek trek af koop n redbull en en luister hoe die wolke kraak en toe nie lank daarna maak die hemele oop. Ek is nie die enigste een wat skuiling soek hier nie en toe die 2de dronk ou met my kom geselsie aanknoop besluit ek eder om my reenjas aan tetrek en te ry. (jammer dit klink dalk kras maar dit is glad nie dat ek nie van n dronk ou hou nie, ek was meer Jaloers as die moer in)
Ek ry heel gemaklik in die reen en my baster reen pakkie hou die water goed uit ( Scott reenjas en Harley reenbroek) dit alles met n KTM rypak op n Suzuki. No bewyse dat ek gladnie diskrimeneer nie!
Ek stop gou weer in Nata en maak my tenk vol, ek raak nou haastig en my boude is algister seer gewees! Met die wind en fyn sand van die panne het Nate my baie laat dink aand Stilbaai, naaste wat ek aan die see is in meer as n jaar.
Na plus minus 550km sien ek die bord net Betyds vir my en die Saint se afspraak.....
Maar voor dit tel ek weereens my Seeninge